af-afribooms-train

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Parttrain

Javascript seems to be turned off, or there was a communication error. Turn on Javascript for more display options.

indexsentence 7 - 17 < sentence 18 - 28 > sentence 29 - 39

Die www.gov.za-skakel voorsien toegang tot die Suid-Afrikaanse Regering Aanlyn tuisbladsy, wat toegang verskaf tot die webtuiste (Regeringsdienste-webtuiste) en die Regeringsinligting-webtuiste (www.info.gov.za). Die werfkaart verskaf 'n visuele voorstelling van die struktuur van die webtuiste. Dit word hiërargies aangebied, en verdeel die webtuiste se inligting in steeds meer spesifieke onderwerpareas. Dit stel jou dus in staat om jouself ooreenkomstig die inhoudstruktuur van die webtuiste te oriënteer. Die tuisbladsy verskaf 'n lys van die mees besoekte dienste. Hierdie inskrywings bied toegang tot die vyf dienste wat die meeste deur gebruikers besoek is. Die lysting word aangepas in ooreenstemming met die statistiek vir die bladsye wat besoek is. 'n Soekvenstertjie is beskikbaar op alle bladsye op die webtuiste. Wanneer 'n soekterm ingesleutel word, sal die volledige webtuiste vir die bepaalde woord (e) deursoek word. Skakels na eksterne webtuistes word aangedui deur die woorde 'buiteskakel- maak 'n nuwe venster oop', wat in 'n venstertjie sal verskyn wanneer jou merker oor die skakel beweeg word. Die webtuiste sal 'n nuwe deurblaai-venster oopmaak.

Download XMLDownload textSentence viewDependency trees