af-afribooms-train

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Parttrain

Javascript seems to be turned off, or there was a communication error. Turn on Javascript for more display options.

indexsentence 1 - 6 < sentence 7 - 17 > sentence 18 - 28

Dienste vir buitelandse burgers: inligting wat spesifiek bedoel is vir burgers van ander lande wat toepaslike dienste van die Suid-Afrikaanse regering nodig het. Elk van hierdie kategorieë is verder op so 'n wyse gestruktureer dat dit aanpas by die volgorde van lewensgebeure (tipiese gebeure in die lewe van 'n burger of 'n sakeonderneming). Hierdie lewensgebeure is verder in kategorieë volgens lewensfases ingedeel. Inligting ten opsigte van elke diens is volgens sewe sleutelareas gerangskik, naamlik beskrywing, stappe om te volg, wetlike raamwerk, diensstandaard; koste, vorms om in te vul, en kontakbesonderhede. Hierdie afdeling van die webtuiste, wat in die regterkantste navigasiebalk vertoon word, bevat skakels na die webtuistes wat aan daardie lewensgebeurtenis verwant is. Hierdie weergawe van die webtuiste maak voorsiening vir elf tale, naamlik Engels, Afrikaans, isiXhosa, isiZulu, Sepedi, Sesotho, Setswana, Ndebele, Tsonga, Venda en Siswati. Ten einde toegang tot die inligting op die webtuiste uit te brei, word daar in die vooruitsig gestel dat die inligting uiteindelik in al elf amptelike tale beskikbaar sal wees. Vertaling van die inligting in die oorblywende amptelike tale sal na verwagting teen Maart 2007 afgehandel wees. Dienste-inligting word oorspronklik in Engels opgestel, waarna dit in die ander tale vertaal word. Dienste-inligting word in die ander tale geplaas nadat dit vertaal is. Gebruik die Kontak ons bladsy om kommentaar te lewer oor of navraag te doen na die Regeringsdienste-webtuiste.

Download XMLDownload textSentence viewDependency trees