af-afribooms-dev

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Partdev

Javascript seems to be turned off, or there was a communication error. Turn on Javascript for more display options.

indexsentence 18 - 28 < sentence 29 - 39 > sentence 40 - 50

Die GCIS ontken uitdruklik enige aanspreeklikheid ten opsigte van geïmpliseerde waarborge, met inbegrip van, maar nie beperk nie tot, waarborge oor bemarkbaarheid, titel, geskiktheid vir 'n bepaalde doel, nie-inbreukmaking, versoenbaarheid, sekuriteit en akkuraatheid, en maak geen uitdruklike of geïmpliseerde voorstelling of waarborg ten opsigte van die inhoud van die webwerf, of dat die webwerf saamgestel is of sodanige inligting verskaf dat dit aan die gebruiker se individuele vereistes sal voldoen nie. Gebruikers word aangemoedig om enige moontlike foute, wanfunksies of aanstootlike materiaal te rapporteer deur van die skakel 'Kontak ons' gebruik te maak. Gebruikmaking van die inhoud van hierdie webwerf geskied op die gebruiker se risiko. Die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikheid en die risiko van verlies wat uit die gebruik van inligting op hierdie werf mag voortspruit. Nóg die GCIS of enige van die regspersone ten opsigte van wie inligting op hierdie werf vervat is, nóg werknemers van die GCIS of sodanige regspersoon, kan aanspreeklik gehou word vir enige spesiale, indirekte, toevallige, gevolgskade of bestraffende skadevergoeding, of enige ander skadevergoeding ook al, ongeag of dit voortgevloei het uit 'n kontrak, wetsbepaling, delik (met inbegrip van, sonder beperking, nalatigheid) of andersins, wat met die gebruik van hierdie dokument of inligting verband hou. Indien enige genoemde aspekte om enige rede nie volledig afdwingbaar is nie, sal die oorblywende aspekte steeds van krag wees. Onderhewig aan afdelings 43(5) en 43(6) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Wet op Transaksies, Wet 25 van 2002, sal die GCIS nie aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van watter aard ook al wat mag voortspruit uit die gebruik of onvermoë om hierdie webwerf te gebruik of die dienste of inhoud wat van en deur hierdie webwerf voorsien word nie. Bepaalde koppelings in die webdiensverskaffer lei tot bronne wat onderhou word deur derde partye oor wie die GCIS geen beheer het nie. Die GCIS lewer geen voorstelle of waarborge ten opsigte van die akkuraatheid van hierdie bronne of enige ander aspek wat daarmee verband hou nie. Die bepalings van deel 2 van hoofstuk III van die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies, Wet 25 van 2002, is nie van toepassing op enige elektroniese kommunikasies en databoodskappe wat 'n gebruiker via hierdie webwerf aan die GCIS stuur nie. Enige kommunikasie of databoodskappe wat 'n gebruiker aan die GCIS stuur, sal beskou word as boodskappe wat deur die GCIS ontvang is wanneer ontvangs skriftelik erken word.

Download XMLDownload textSentence viewDependency trees