af-afribooms-dev

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Partdev

Javascript seems to be turned off, or there was a communication error. Turn on Javascript for more display options.

indexsentence 7 - 17 < sentence 18 - 28 > sentence 29 - 39

Gebruikers wat die inligting op hierdie webwerf vir kommersiële doeleindes wil gebruik, mag dit slegs doen indien hulle vooraf skriftelike toestemming verkry het van die webbestuurder by telefoonnommer +27 12 314 2140 of e-pos electronic@gcis.gov.za. Enige reproduksie en / of kopie van die inhoud of 'n deel daarvan vir kommersiële doeleindes moet die volgende kopieregkennisgewing volledig insluit: © GCIS2004: ALLE REGTE VOORBEHOU. Tensy morele en ander regte uitdruklik verleen is met betrekking tot inhoud wat op hierdie webwerf verskyn, word alle sodanige regte van die Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel (GCIS) of 'n ander regspersoon, voorbehou. Alle inhoud, data en handelsmerke, met inbegrip van, maar nie beperk nie tot sagteware, tegnologie, databasisse, kundigheid, teks, grafika, ikone, hiperskakels, privaat inligting, ontwerpe, program, publikasie, produk, proses of idee wat op hierdie webwerf beskryf word, kan aan ander regte onderhewig wees, insluitende ander intellektuele goedereregte wat die eiendom is van, of gelisensieer is aan die GCIS of 'n regspersoon, en wat as sodanig deur Suid-Afrikaanse wetgewing en internasionale verdrae en konvensies teen inbreuk beskerm word. Alle ander regte op alle intellektuele goedere, buiten die regte wat in hierdie ooreenkoms aan die gebruiker verleen word, word uitdruklik voorbehou, en deur toegang te verkry tot data op hierdie webwerf verkry die gebruiker geen lisensie of magtiging nie. Hierdie inligting wat op hierdie webwerf verstrek word, is bedoel om algemene inligting oor 'n bepaalde onderwerp of onderwerpe verstrek. Dit bied nie volledige inligting oor die betrokke onderwerp of onderwerpe nie. Dit is die gebruiker se alleenverantwoordelikheid om, voordat hy of sy toegang tot die webwerf verkry, seker te maak dat die webwerf aan die gebruiker se individuele vereistes sal voldoen en met die gebruiker se hardeware en / of sagteware versoenbaar is. Inligting, idees en menings wat op hierdie werf vervat is, moet nie beskou word as professionele advies, of as die amptelike mening van die GCIS, of enige regspersoon namens wie inligting, idees en menings op hierdie webwerf gegee word nie. Die GCIS maak geen voorstelling en verleen geen waarborg, hetsy by implikasie of andersins, dat, onder andere, die inhoud en tegnologie wat op hierdie werf beskikbaar is, foutvry en sonder leemtes is, of dat die diens 100% ononderbroke en foutvry sal wees, of dat dit aan enige bepaalde kriteria ten opsigte van prestasie of gehalte sal voldoen nie. Hierdie webwerf word 'voetstoots' aangebied.

Download XMLDownload textSentence viewDependency trees