af-afribooms-dev
Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms
Language | Afrikaans |
---|
Project | AfriBooms |
---|
Corpus Part | dev |
---|
View options
Tags:
Javascript seems to be turned off, or there was a communication error. Turn on Javascript for more display options.
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
Indien die gebruiker nie binne 'n redelike tyd reaksie kry nie, moet die gebruiker by die GCIS daaroor navraag doen. Die GCIS sal nie aanspreeklik gehou kan word vir enige versuim om te reageer nie. Indien 'n gebruiker enige inligting van die GCIS verlang oor dienste of die inhoud van hierdie webwerf, kan die skakel 'Kontak ons' gebruik word. Die GCIS handhaaf redelike kommersiële tegnologiestandaarde en operasionele sekuriteit om alle inligting wat deur gebruikers voorsien word teen verlies, misbruik, wysiging of vernietiging te beskerm. Alle redelike stappe sal geneem word om 'n gebruiker se inligting te beveilig. Van gemagtigde werknemers, wat verantwoordelik is vir die onderhoud van enige sensitiewe data wat ingestuur word, word verwag om die vertroulikheid van sodanige data te handhaaf. Die beleid is van toepassing op alle werknemers van die GCIS en openbare liggame wat moontlik sodanige inligting van die GCIS kan ontvang. Enige persoon, sakeonderneming of entiteit word uitdruklik verbied om ongemagtigde toegang te verkry of te probeer verkry tot enige bladsy op hierdie webwerf, of om enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode by hierdie webwerf af te lewer of te probeer aflewer. Indien 'n persoon enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode by hierdie webwerf aflewer of probeer aflewer, of probeer om ongemagtigde toegang tot enige bladsy op hierdie webwerf te verkry, sal 'n kriminele klag teen daardie persoon gelê word en, indien die GCIS of enige openbare liggaam enige skade of verlies sou ly, sal siviele skadevergoeding geëis word. Ons verwelkom dit dat derde partye van hulle webwerwe af skakels voorsien na die inligting wat die GCIS op hierdie bladsye bied. Alle persone, sakeondernemings, entiteite of webwerwe word egter uitdruklik verbied om enige bladsy op hierdie webwerf, insluitende die tuisbladsy, op enige wyse te raam tensy hulle vooraf skriftelike toestemming daartoe van die GCIS verkry het.
Download XML • Download text
• Sentence view • Dependency trees