af-afribooms-dev

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Partdev

Javascript seems to be turned off, or there was a communication error. Turn on Javascript for more display options.

indexsentence 1 - 6 < sentence 7 - 17 > sentence 18 - 28

Daar is twee basiese beginsels wat ons lei in ons strewe: die noodsaaklikheid om die mandaat uit te voer wat in 2004 aan hierdie regering gegee is; en om seker te maak dat die Regering wat ons opvolg na die verkiesing 'n platform kry wat gereed is vir die implementering van programme sonder onnodige oponthoud. In die volgende paar maande wat die nasionale en provinsiale verkiesings voorafgaan, sal ons poog om ons algemene mandaat uit te voer. Hierdie en ander programme, insluitend die Apex-Prioriteite wat in verlede Februarie se Staatsrede geïdentifiseer is, vorm die basis van ons pogings om aan ons mandaat te voldoen en die grondwerk vir die toekoms te doen. Ons sal ons pogings verskerp, geïnspireer deur die entoesiasme, hoop en veerkragtigheid van die Suid-Afrikaanse mense in 'n strewe na dit wat die beste is vir ons almal. Dit, hoofsaaklik, is die bron van ons vertroue wanneer ons dat dit goed gaan met ons nasie. Ons demokrasie is gesond. Dit word toenemend sterker. En dus, in die woorde van voormalige President Mandela, 'durf ons nie talm nie, want ons lang pad is nog nie verby nie'. Enige persoon (gebruiker) wat hierdie webwerf besoek, is onderhewig aan en stem toe tot die bepalings en voorwaardes wat in hierdie regskennisgewing uiteengesit word. Indien die gebruiker nie deur hierdie bepalings en voorwaardes gebind wil wees nie, mag die gebruiker hierdie webwerf nie besoek of die inhoud wat op hierdie webwerf beskikbaar is, vertoon, gebruik of aflaai en / of andersins kopieer of versprei nie. Gebruikers mag die inhoud van hierdie webwerf, of enige deel daarvan, slegs vir inligtings- of verwysingsdoeleindes en vir niekommersiële doeleindes bekyk, kopieer, op 'n plaaslike skyfaandrywer aflaai, druk en versprei.

Download XMLDownload textSentence viewDependency trees