Sentence view

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Parttest
AnnotationDirix, Peter; Augustinus, Liesbeth; van Niekerk, Daniel

showing 201 - 300 of 425 • previousnext

[1] tree
In hierdie opsig moet ons die oorlede president van die African National Congress, Oliver Reginald Tambo, salueer vir dit wat hy deur vastelands- en wêreldliggame geïnisieer en bekendgestel het en wat later 'n kompas vir die vreedsame oplossing van die konflik in ons land sou word.
s-201
test-s201

[2] tree
Die moedige stap om 'n raamwerk te ontwerp wat vrede en rekonsiliasie nagestreef het, in plaas van oorlog en konflik, het eens en vir altyd die skyndaeraad van 'n 100 jaar tevore herroep, naamlik die sluiting in 1909 van die Nasionale Konvensie, wat die vorming van die Unie van Suid-Afrika voorspel het.
s-202
test-s202

[3] tree
Alhoewel daardie konvensie die territoriale integriteit van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken gedefinieer het, was dit gebaseer op rasse-onderdrukking en -uitsluiting.
s-203
test-s203

[4] tree
En nou, 15 jaar na die aanvang van ons demokrasie, kan ons bevestig dat die vrees, onsekerheid en weersin wat 100 jaar gelede 'n eksklusiewe en bedrieglike vrede onder koloniale meesters geskep het, nie net ongegrond was nie, maar ook waarlik misplaas was.
s-204
test-s204

[5] tree
Daardie vrese en onsekerhede het gelei tot dekades van verset.
s-205
test-s205
Daardie vrese en onsekerhede het gelei tot dekades van verset.
[6] tree
In hierdie opsig salueer ons daardie dapper seun van ons mense, Solomon Kalushi Mahlangu, wat 30 jaar gelede ter dood veroordeel is met sy kop omhoog, in die trotse wete dat sy bloed die boom van vryheid sou voed.
s-206
test-s206

[7] tree
Vergun my om aan Lucas Mahlangu, broer van Kalushi, wat die Mahlangu-familie verteenwoordig, erkenning te gee.
s-207
test-s207
Vergun my om aan Lucas Mahlangu, broer van Kalushi, wat die Mahlangu-familie verteenwoordig, erkenning te gee.
[8] tree
Solomon Mahlangu het die tradisie van vergange krygsmanne voortgesit, onder meer diegene wat onder Koning Cetshwayo geveg het en wat in 1879 die Britse weermag in Isandlwana oorwin het ter verdediging van die vryheid van die inheemse mense van ons land en die soewereiniteit van hul grond.
s-208
test-s208

[9] tree
In opleidingsentrums het daardie selfde deursettingsvermoë massaverset aangevuur gedurende daardie koue winter die verbanning van die vryheidstryd en die inhegtenisneming van meeste van die senior leiers daarvan.
s-209
test-s209
In opleidingsentrums het daardie selfde deursettingsvermoë massaverset aangevuur gedurende daardie koue winter ná die verbanning van die vryheidstryd en die inhegtenisneming van meeste van die senior leiers daarvan.
[10] tree
'n Groep moedige soldate het 40 jaar gelede weggebreek van NUSAS om die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (Saso) te stig.
s-210
test-s210
'n Groep moedige soldate het 40 jaar gelede weggebreek van NUSAS om die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (Saso) te stig.
[11] tree
Deel van hierdie generasie was die vroeë leiers van Saso, wat die volgende persone ingesluit het: Strini Moodley, Professor Barney Pityana, Steve Biko, Onkgopotse Tiro, Harry Nengwekhulu, Themba Sono, Mapetla Mohapi, Mosioua Lekota, Johnny Issel en Mthuli ka Shezi.
s-211
test-s211

[12] tree
Ons salueer hulle vir die hoop wat hulle gebring het in 'n tyd van wanhoop.
s-212
test-s212
Ons salueer hulle vir die hoop wat hulle gebring het in 'n tyd van wanhoop.
[13] tree
In hierdie opsig gee ons erkenning aan Onkgopotse Tiro se neef, Pat Tlhagwana.
s-213
test-s213
In hierdie opsig gee ons erkenning aan Onkgopotse Tiro se neef, Pat Tlhagwana.
[14] tree
In dieselfde asem moet ons ook erkenning gee aan die oorlede Ephraim Mogale, die stigterspresident van die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (Cosas) en andere 30 jaar gelede.
s-214
test-s214

[15] tree
In herinnering aan hierdie studente van vervloë dae is daar 'n blywende boodskap, en die dors na vryheid en kennis is nou selfs sterker ingeboesem by ons jeug.
s-215
test-s215

[16] tree
Die boodskap van hul heldedade geld vandag nog net so duidelik as soveel jaar gelede, naamlik dat ons saam die grense van geleenthede moet verken; dat ons inderdaad, soos die Vryheidsmanifes dit stel, die 'deure van geleerdheid en van kultuur' nog wyer moet oopmaak!
s-216
test-s216

[17] tree
Ons onthou hierdie organisasies en leiers om die gees van hoop en uithouvermoë te beklemtoon wat die demokratiese stryd geïnspireer het, selfs toe alles treurig gelyk het; om die verantwoordelikheid te benadruk wat op ons skouers rus, naamlik om die ideale waarvoor daar soveel opgeoffer is, te bevorder; om te weier om te swig voor terugslae en ontberinge.
s-217
test-s217

[18] tree
En dus, Mevrou die Speaker en Agbare Voorsitter, moet ons onsself afvra: hoe het ons dade die afgelope 15 jaar, sedert die geboorte van ons demokrasie, die weg gebaan vir die Suid-Afrikaanse samelewing se evolusie, en hoe het ons die saak van menslike ontwikkeling en menswaardigheid sedert die 2004 demokratiese mandaat bevorder!
s-218
test-s218

[19] tree
Vandag het ons 'n doeltreffende demokratiese stelsel, gebaseer op die beginsels van deursigtigheid en openheid, met verskeie platforms vir openbare deelname en onafhanklike instansies wat deur die Grondwet gelas is om demokrasie te ondersteun.
s-219
test-s219

[20] tree
Deur die jare het ons voortdurend die regeringstrukture verbeter.
s-220
test-s220
Deur die jare het ons voortdurend die regeringstrukture verbeter.
[21] tree
Ons het 'n stelsel van gesonde interregeringsverhoudings tussen alle sfere opgebou, en integrasie binne en tussen hulle verbeter.
s-221
test-s221
Ons het 'n stelsel van gesonde interregeringsverhoudings tussen alle sfere opgebou, en integrasie binne en tussen hulle verbeter.
[22] tree
Die Regering kan met reg trots wees daarop dat ons die demografiese samestelling van die Staatsdiens verander het, wat feitlik in alle opsigte die karakter van ons samelewing weerspieël.
s-222
test-s222

[23] tree
Maar hoewel vroue omtrent 34% van alle senior poste in die Staatsdiens beklee, is dit minder as die teiken vir gelykheid wat ons vir onsself gestel het.
s-223
test-s223

[24] tree
In die nasionale en provinsiale wetgewers is daar aanduidings dat ons nasie hierdie jaar die 32%-vlak van vroulike verteenwoordiging sal oortref wat in 2004 bereik is, en hopelik selfs die 40% wat in die 2006 plaaslike verkiesings bereik is.
s-224
test-s224

[25] tree
Ons hoop dat al die politieke partye, terwyl hulle hul verkiesingslyste finaliseer, 'n bydrae sal maak tot hierdie edele strewe!
s-225
test-s225
Ons hoop dat al die politieke partye, terwyl hulle hul verkiesingslyste finaliseer, 'n bydrae sal maak tot hierdie edele strewe!
[26] tree
Alhoewel sekere vooruitgang gemaak is (naamlik 0,2%), is die situasie minder indrukwekkend met betrekking tot mense met gebreke wat vir die Regering werk, gemeet teen die 2%-teiken wat ons vir onsself gestel het.
s-226
test-s226

[27] tree
In albei gevalle is die privaatsektor ver agter.
s-227
test-s227
In albei gevalle is die privaatsektor ver agter.
[28] tree
Verskeie maatreëls is in plek gestel om die doeltreffendheid van die Staatsdiens te verbeter, insluitend finansiële bestuur, Thusong-dienssentrums en ander diensleweringsinisiatiewe, izimbizo en, soos tans in die Departement van Binnelandse Sake, ferm leierskap.
s-228
test-s228

[29] tree
Daar moet egter nog baie meer gedoen word om die dienskultuur en diensgerigtheid van sommige staatsdiensamptenare te verbeter, veral diegene wat direk met die publiek werk.
s-229
test-s229

[30] tree
Soos die agbare lede weet, het ons regering die geveg teen misdaad een van ons hoof-fokusareas gemaak.
s-230
test-s230
Soos die agbare lede weet, het ons regering die geveg teen misdaad een van ons hoof-fokusareas gemaak.
[31] tree
Dit word onder meer weerspieël deur wetgewing, reëls en regulasies vir sowel staatsamptenare as politieke ampsbekleërs, vennootskappe met die burgerlike gemeenskap en teenkorrupsie-blitslyne.
s-231
test-s231

[32] tree
Dit mag wees dat die stelsels vir die voorkoming en straf van korrupsie steeds onvoldoende is, maar uit 'n regeringstelsel-oogpunt kan ons troos vind in die feit dat meer as 70% van korrupsiesake waaroor in die media berig word, openbaar gemaak word omdat die Regering die oortreding opgetel het en inderwaarheid daarteen optree.
s-232
test-s232

[33] tree
Die privaatsektor het met dieselfde uitdagings te kampe.
s-233
test-s233
Die privaatsektor het met dieselfde uitdagings te kampe.
[34] tree
Op die ou einde het die uitdagings net soveel met regulering te doen as wat dit met konsekwente toepassing te doen het.
s-234
test-s234
Op die ou einde het die uitdagings net soveel met regulering te doen as wat dit met konsekwente toepassing te doen het.
[35] tree
Ek is seker ons almal stem saam dat die welstand van ons samelewing grootliks afhang van die vordering wat ons maak om die nasie se welvaart uit te bou en te verseker dat die voordele van ekonomiese groei deur alle mense gedeel word.
s-235
test-s235

[36] tree
Dit is algemene kennis dat Suid-Afrika, die ekonomiese stagnasie van die laat-1980's en vroeë-1990's, die langste tydperk van volgehoue ekonomiese groei beleef het sedert statistieke daaroor in 1940 vir die eerste keer aangeteken is.
s-236
test-s236
Dit is algemene kennis dat Suid-Afrika, ná die ekonomiese stagnasie van die laat-1980's en vroeë-1990's, die langste tydperk van volgehoue ekonomiese groei beleef het sedert statistieke daaroor in 1940 vir die eerste keer aangeteken is.
[37] tree
In die Eerste Dekade van Vryheid het die ekonomie jaarliks gemiddeld met 3% gegroei, en dit het verhoog tot 5% gemiddeld per jaar tussen 2004 tot 2007.
s-237
test-s237

[38] tree
Terwyl die verbruikersbloeitydperk, aangevuur deur meer werksgeleenthede, stygende inkomste en laer inflasie- en rentekoerse, in hierdie verband 'n rol gespeel het, word ons bemoedig deur die breë spektrum geleenthede vir verdere ontwikkeling in die toekoms.
s-238
test-s238

[39] tree
Dit sluit eerstens hoër beleggingskoerse in, beide deur die openbare en privaatsektor.
s-239
test-s239
Dit sluit eerstens hoër beleggingskoerse in, beide deur die openbare en privaatsektor.
[40] tree
Wat dit betref, omtrent vyf jaar gelede het ons gedraai by 16% van bruto vastekapitaalformasie as 'n persentasie van Bruto Binnelandse Produk (BBP).
s-240
test-s240

[41] tree
Die groei in beleggings was so groot dat hierdie syfer vandag 22% is, nader aan die 25% wat ons beoog het om eers in 2014 te verkry.
s-241
test-s241
Die groei in beleggings was so groot dat hierdie syfer vandag 22% is, nader aan die 25% wat ons beoog het om eers in 2014 te verkry.
[42] tree
Dit is deels die gevolg van doelbewuste programme deur die Regering om openbare infrastruktuur uit te brei.
s-242
test-s242
Dit is deels die gevolg van doelbewuste programme deur die Regering om openbare infrastruktuur uit te brei.
[43] tree
Dit is ook 'n gevolg van beleide om die klimaat vir privaatsektor-beleggings te verbeter; en om fiskale en monetêre beleid so te bestuur dat dit toegang tot dienste verbeter en die inflasielas verminder, en terselfdertyd makro-ekonomiese stabiliteit en volhoubaarheid verseker.
s-243
test-s243

[44] tree
Die fokus op mikro-ekonomiese hervorming gedurende die afgelope dekade, en veral die pogings sedert 2004 om stelselmatig die magdom versperrings in die pad van groei uit die weg te ruim, het 'n positiewe impak gehad.
s-244
test-s244

[45] tree
Dit is in hierdie konteks dat die Inisiatief vir Versnelde en Gedeelde Groei (AsgiSA) geïmplementeer word, om te verseker dat alle deurslaggewende blokkasies soos infrastruktuur-bottelnekke, geïntegreerde nywerheidsbeleid en -programme, die vaardigheidstekort, gereguleerde opeenhopings en ondoeltreffendheid van regeringsdienste op 'n gefokusde en stelselmatige wyse aangespreek word.
s-245
test-s245

[46] tree
Ons ekonomie het meer toeganklik geword, en sedert 1994 het dit gelyktydig meer geïntegreerd geraak in die globale stelsel.
s-246
test-s246
Ons ekonomie het meer toeganklik geword, en sedert 1994 het dit gelyktydig meer geïntegreerd geraak in die globale stelsel.
[47] tree
Ons finansiële instellings is 'n kragtige voorbeeld wat ons ietwat beskut het teen die wêreldwye ekonomiese storms.
s-247
test-s247
Ons finansiële instellings is 'n kragtige voorbeeld wat ons ietwat beskut het teen die wêreldwye ekonomiese storms.
[48] tree
Tog is hul reikwydte in ons samelewing ver onder verwagting.
s-248
test-s248
Tog is hul reikwydte in ons samelewing ver onder verwagting.
[49] tree
Ons ekonomie bly grotendeels afhanklik van mynbou en landbou vir uitvoere.
s-249
test-s249
Ons ekonomie bly grotendeels afhanklik van mynbou en landbou vir uitvoere.
[50] tree
Buiten die privaatsektor is daar nog nie genoeg uitbreiding van kritieke sektore nie, veral wat vervaardiging betref.
s-250
test-s250
Buiten die privaatsektor is daar nog nie genoeg uitbreiding van kritieke sektore nie, veral wat vervaardiging betref.
[51] tree
Daarom is die groeikoers van uitvoere nie so hoog soos in vergelykbare lande nie.
s-251
test-s251
Daarom is die groeikoers van uitvoere nie so hoog soos in vergelykbare lande nie.
[52] tree
Dit is presies hierdie swakheid wat verantwoordelik is vir die groot negatiewe saldo van die Lopende Rekening, veral in die tye toe ons hoër groei beleef het.
s-252
test-s252

[53] tree
En omdat ons nie genoeg gespaar het nie, moes ons op korttermyn-kapitaalvloei staatmaak om die tekort sowel as ons beleggingsprogramme te finansier.
s-253
test-s253

[54] tree
Dit is die uitdagings wat ons land vir seker sal moet aanspreek op die pad vorentoe.
s-254
test-s254
Dit is die uitdagings wat ons land vir seker sal moet aanspreek op die pad vorentoe.
[55] tree
Van deurslaggewende belang is die vraag: waaroor behoort ekonomiese groei eintlik te gaan?
s-255
test-s255
Van deurslaggewende belang is die vraag: waaroor behoort ekonomiese groei eintlik te gaan?
[56] tree
Welvaart word geskep om mense se lewenskwaliteit te verbeter.
s-256
test-s256
Welvaart word geskep om mense se lewenskwaliteit te verbeter.
[57] tree
Dus behoort die vraag of groei regverdig verdeel word 'n sentrale aspek van alle ekonomiese oorwegings te wees.
s-257
test-s257
Dus behoort die vraag of groei regverdig verdeel word 'n sentrale aspek van alle ekonomiese oorwegings te wees.
[58] tree
Wat belangrik is, is dat die voordele van groei werkskepping moet insluit en moet verseker dat daar behoorlike werk is.
s-258
test-s258
Wat belangrik is, is dat die voordele van groei werkskepping moet insluit en moet verseker dat daar behoorlike werk is.
[59] tree
Ons kan inderdaad met trots meld dat die ekonomie tussen 1995 en 2003 ongeveer 1,5 miljoen netto nuwe werksgeleenthede geskep het en selfs meer merkwaardig, omtrent 500 000 werksgeleenthede tussen 2004 en 2007.
s-259
test-s259

[60] tree
In die laasgenoemde tydperk is daar vir die eerste keer sedert die aanbreek van demokrasie meer werk geskep as die aantal mense wat die arbeidsmark betree het, wat die werkloosheidskoers van 31% in 2003 tot 23% in 2007 laat daal het.
s-260
test-s260

[61] tree
Natuurlik moet dit ons nie laat afsien van ons verpligting om die kwessie van die kwaliteit van hierdie werke te bevraagteken nie, insluitend die regte en voordele wat werkers geniet.
s-261
test-s261

[62] tree
Om die voordele van groei te deel sluit ook versnelde implementering van regstellende aksie in, insluitend breë swart ekonomiese bemagtiging.
s-262
test-s262

[63] tree
Dit is nie 'n strewe na 'n sogenaamde rassistiese agenda nie.
s-263
test-s263
Dit is nie 'n strewe na 'n sogenaamde rassistiese agenda nie.
[64] tree
In werklikheid sal 'n land wat nie die betrokkenheid van sy hele bevolking op alle vlakke van ekonomiese aktiwiteit verseker nie, definitief ver onder sy ware potensiaal presteer.
s-264
test-s264

[65] tree
Die feit dat die privaatsektor nie genoeg doen om die demografie van bestuurs- en vaardigheidsberoepe in ondernemingsontwikkeling en so meer te verander nie, maak van ons land deels 'n agtergeblewene in hoëgroei-aandele.
s-265
test-s265

[66] tree
Om in die voordele van groei te deel beteken ook dat die Staat belastinggeld doeltreffend en billik moet aanwend as 'n instrument om die las van voorsiening van openbare goedere te herverdeel én te deel.
s-266
test-s266

[67] tree
Agbare lede sal bekend wees met meeste van die data oor kwessies rakende maatskaplike dienste.
s-267
test-s267
Agbare lede sal bekend wees met meeste van die data oor kwessies rakende maatskaplike dienste.
[68] tree
Ek sal egter 'n paar voorbeelde opnoem om weereens die aard van die vooruitgang wat ons al gemaak het en die uitdagings wat ons nog in die gesig staar, uit te lig.
s-268
test-s268

[69] tree
Die Regering is pynlik bewus daarvan dat volslae armoede nog steeds te wydverspreid in ons samelewing voorkom, en die vlak van ongelykheid is te hoog.
s-269
test-s269

[70] tree
Ons het in die afgelope 15 jaar ons bes gedoen om hierdie euwel deur maatskaplike dienste uit te roei.
s-270
test-s270
Ons het in die afgelope 15 jaar ons bes gedoen om hierdie euwel deur maatskaplike dienste uit te roei.
[71] tree
Eerstens het geld-metrieke armoede aansienlik afgeneem sedert die eeuwisseling.
s-271
test-s271
Eerstens het geld-metrieke armoede aansienlik afgeneem sedert die eeuwisseling.
[72] tree
Hierdie afname is grootliks te danke aan 'n dramatiese uitbreiding van besteding op maatskaplike toelae sedert 2002.
s-272
test-s272
Hierdie afname is grootliks te danke aan 'n dramatiese uitbreiding van besteding op maatskaplike toelae sedert 2002.
[73] tree
Hierdie verbetering word weerspieël deur toegang tot basiese dienste- 'n vinnige afname in bate-armoede het die afname in geld-metrieke armoede voorafgegaan.
s-273
test-s273

[74] tree
Tweedens, alhoewel die afname in armoede wesenlik was, het algehele ongelykheid gedurende die 1990s vermeerder.
s-274
test-s274
Tweedens, alhoewel die afname in armoede wesenlik was, het algehele ongelykheid gedurende die 1990s vermeerder.
[75] tree
Derdens, die dinamika onderliggend aan armoede- en ongelykheidsneigings bepaal die breë beleidsuitkyk...
s-275
test-s275
Derdens, die dinamika onderliggend aan armoede- en ongelykheidsneigings bepaal die breë beleidsuitkyk...
[76] tree
Armoede het afgeneem sedert die oorgang, maar ongelykheid het nie verbeter nie.
s-276
test-s276
Armoede het afgeneem sedert die oorgang, maar ongelykheid het nie verbeter nie.
[77] tree
In huishoudings met kinders (gedefinieer as diegene 17 jaar en jonger), het die aantal huishoudings wat gemeld het dat 'n kind honger ly, tussen 2002 en 2006 dramaties verminder (van net oor 31% tot 16%).
s-277
test-s277

[78] tree
Dit gee te kenne dat die armoede-situasie opmerklik verbeter het, veral onder mense wat die hoogste graad van welsynsontneming ervaar.
s-278
test-s278
Dit gee te kenne dat die armoede-situasie opmerklik verbeter het, veral onder mense wat die hoogste graad van welsynsontneming ervaar.
[79] tree
Die voorkoms van honger kinders het in vier jaar byna halveer.
s-279
test-s279
Die voorkoms van honger kinders het in vier jaar byna halveer.
[80] tree
Hierdie waarnemings word inderdaad bevestig deur ons eie navorsing, wat wys dat inkomste-armoede veral in swart- en kleurling-gemeenskappe afgeneem het, deels as gevolg van laer vlakke van werkloosheid en beter toegang tot maatskaplike toelaes.
s-280
test-s280

[81] tree
Terwyl die aantal toelae-begunstigdes in 1999 2,5 miljoen was, het dit teen 2008 vermeerder tot 12,4 miljoen.
s-281
test-s281
Terwyl die aantal toelae-begunstigdes in 1999 2,5 miljoen was, het dit teen 2008 vermeerder tot 12,4 miljoen.
[82] tree
Dit is grootliks te danke aan grootskaalse verbetering in toegang tot die Kindersorg-toelae, wat vermeerder het van 34 000 begunstigdes in 1999 tot 8,1 miljoen in 2008.
s-282
test-s282

[83] tree
As gedeeltelike bydraer tot die inkomste van die armes, is die teiken van een miljoen werksgeleenthede deur die Uitgebreide Openbare Werke-Program in 2008 bereik, 'n jaar vroeër as beoog in die 2004-verkiesingsmandaat.
s-283
test-s283

[84] tree
Dit het die moontlikheid om die program uit te brei en die kwaliteit daarvan te verhoog, aansienlik verbeter.
s-284
test-s284
Dit het die moontlikheid om die program uit te brei en die kwaliteit daarvan te verhoog, aansienlik verbeter.
[85] tree
Wat huishoudelike toegang tot basiese dienste aanbetref, spreek die syfers vanself.
s-285
test-s285
Wat huishoudelike toegang tot basiese dienste aanbetref, spreek die syfers vanself.
[86] tree
Byvoorbeeld, toegang tot drinkwater het van 62% in 1996 tot 88% in 2008 verbeter; asook tot elektrisiteit (58% tot 72%); en sanitasie (52% tot 73%).
s-286
test-s286

[87] tree
Bewyse van maatskaplike dienste kan ook gesien word in die reuse verbetering in toegang tot primêregesondheidsorggeriewe.
s-287
test-s287
Bewyse van maatskaplike dienste kan ook gesien word in die reuse verbetering in toegang tot primêregesondheidsorggeriewe.
[88] tree
Altesaam 95% van Suid-Afrikaners leef nou nader as vyf kilometer aan 'n gesondheidsfasiliteit, en ons is ingelig dat alle klinieke nou toegang tot drinkwater het.
s-288
test-s288

[89] tree
Immunisasiedekking vir kinders het gelykmatig verbeter tot omtrent 85%; en malaria-gevalle het dramaties afgeneem.
s-289
test-s289
Immunisasiedekking vir kinders het gelykmatig verbeter tot omtrent 85%; en malaria-gevalle het dramaties afgeneem.
[90] tree
Ons is ook bemoedig dat navorsing oor die voorkoms van MIV stabilisasie 'n effense afname in die tempo van infeksie toon.
s-290
test-s290
Ons is ook bemoedig dat navorsing oor die voorkoms van MIV stabilisasie 'n effense afname in die tempo van infeksie toon.
[91] tree
Ons antiretrovirale behandelingsprogramme is nie net die grootste ter wêreld nie, maar dit brei ook voortdurend uit, met meer as 690 000 pasiënte wat al met antiretrovirale behandeling begin het sedert die aanvang van die program.
s-291
test-s291

[92] tree
Tog het baie gesondheidsgeriewe nie altyd die nodige medisyne, geskikte aantal personeellede en 'n bestendige voorsiening van basiese dienste soos skoon lopende water en elektrisiteit nie.
s-292
test-s292

[93] tree
In sommige van hierdie geriewe is die bestuur swak en die gesindheid van personeel moet verbeter.
s-293
test-s293
In sommige van hierdie geriewe is die bestuur swak en die gesindheid van personeel moet verbeter.
[94] tree
In onderwys was daar 'n daling in die onderwyser-leerder-verhouding; amper universele toegang met betrekking tot inskrywings op laerskoolvlak, en 'n verbetering in die aantal leerlinge wat Wiskunde slaag, om 'n paar voorbeelde te noem.
s-294
test-s294

[95] tree
Terselfdertyd is baie moeite gedoen om infrastruktuur in arm gebiede te verbeter.
s-295
test-s295
Terselfdertyd is baie moeite gedoen om infrastruktuur in arm gebiede te verbeter.
[96] tree
Natuurlik weet ons dat die uitsakkoers, veral op sekondêre en tersiêre vlak, onaanvaarbaar hoog is, en dat die onderwysstelsel nog die nodige vaardighede moet voorsien wat deur die samelewing vereis word.
s-296
test-s296

[97] tree
Om aan te sluit hierby, dui neigings in prestasie, beide vir onderwys en leer, 'n kommerwekkende ooreenstemming met die sosiale verdeeldheid van die verlede.
s-297
test-s297

[98] tree
Ironies genoeg is die infrastruktuur en administratiewe en onderwyservermoëns juis die minste indrukwekkend waar onderwys die nodigste is om die siklus van armoede te verlig.
s-298
test-s298

[99] tree
Die Regering se maatskaplike programme het die batebasis van arm mense verbeter, in die vorm van behuising- met 2,6 miljoen gesubsidieerde huise wat voorsien is.
s-299
test-s299

[100] tree
Natuurlik moet ons ook toegee dat die grondherverdelingsprogram en die na-vestiging-ondersteuning vinniger en beter hanteer kon word.
s-300
test-s300
Natuurlik moet ons ook toegee dat die grondherverdelingsprogram en die na-vestiging-ondersteuning vinniger en beter hanteer kon word.

Edit as listText viewDependency trees