Sentence view
Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms
Language | Afrikaans |
---|
Project | AfriBooms |
---|
Corpus Part | test |
---|
Annotation | Dirix, Peter; Augustinus, Liesbeth; van Niekerk, Daniel |
---|
showing 101 - 200 of 425 • previous • next
Kom ons hou op om gesteelde goedere te koop.
s-101
test-s101
Kom ons hou op om gesteelde goedere te koop.
Laat ons altyd gereed wees om die polisie van inligting oor misdaadaktiwiteite te voorsien.
s-102
test-s102
Laat ons altyd gereed wees om die polisie van inligting oor misdaadaktiwiteite te voorsien.
Deur saam te werk sal ons misdaad verslaan.
s-103
test-s103
Deur saam te werk sal ons misdaad verslaan.
Die plaaslike regering moet werk.
s-104
test-s104
Die plaaslike regering moet werk.
Munisipaliteite moet die voorsiening van behuising, water, sanitasie, elektrisiteit, afvalbestuur en paaie verbeter.
s-105
test-s105
Munisipaliteite moet die voorsiening van behuising, water, sanitasie, elektrisiteit, afvalbestuur en paaie verbeter.
Ons het verlede jaar met burgemeesters en munisipale bestuurders vergader.
s-106
test-s106
Ons het verlede jaar met burgemeesters en munisipale bestuurders vergader.
Dit het waardevolle insig in die uitdagings op die terrein van plaaslike regering gebied.
s-107
test-s107
Dit het waardevolle insig in die uitdagings op die terrein van plaaslike regering gebied.
Ons het ook verskeie gemeenskappe en munisipaliteite besoek, insluitende Balfour in Mpumalanga en Thembisa in Gauteng.
s-108
test-s108
Ons het ook verskeie gemeenskappe en munisipaliteite besoek, insluitende Balfour in Mpumalanga en Thembisa in Gauteng.
Na afloop van die Balfour-besoek het ons 'n ministeriële span, bestaande uit nege lede, gestuur om die gebied te besoek en aandag te skenk aan die kwessies wat deur die gemeenskap geopper is.
s-109
test-s109

'n Hele aantal sake het reeds aandag geniet.
s-110
test-s110
'n Hele aantal sake het reeds aandag geniet.
Ek het die ministers beveel om die uitstaande aangeleenthede ook op te los.
s-111
test-s111
Ek het die ministers beveel om die uitstaande aangeleenthede ook op te los.
Ons wil herbeklemtoon dat geen griewe ooit geweld en die vernietiging van eiendom kan regverdig nie.
s-112
test-s112
Ons wil herbeklemtoon dat geen griewe ooit geweld en die vernietiging van eiendom kan regverdig nie.
Ons het wetstoepassingsagentskappe beveel om strenger op te tree teen wetteloosheid in Balfour en ander gebiede.
s-113
test-s113
Ons het wetstoepassingsagentskappe beveel om strenger op te tree teen wetteloosheid in Balfour en ander gebiede.
In Desember 2009 het die Kabinet 'n omkeerstrategie vir die plaaslike regering goedgekeur.
s-114
test-s114
In Desember 2009 het die Kabinet 'n omkeerstrategie vir die plaaslike regering goedgekeur.
Dit sal verseker dat die plaaslike regering oor die korrekte bestuurs-, administratiewe en tegniese vaardighede beskik.
s-115
test-s115
Dit sal verseker dat die plaaslike regering oor die korrekte bestuurs-, administratiewe en tegniese vaardighede beskik.
Laat ons gedurende hierdie jaar van aksie saamwerk om plaaslike regering almal se besigheid te maak.
s-116
test-s116
Laat ons gedurende hierdie jaar van aksie saamwerk om plaaslike regering almal se besigheid te maak.
Ons werk daaraan om goed geleë informele nedersettings op te gradeer en om teen 2014 aan minstens 500 000 huishoudings behoorlike dienste en grondbesit te verskaf.
s-117
test-s117

Ons beplan om meer as 6 000 hektaar goed geleë openbare grond vir lae-inkomste en bekostigbare behuising opsy te sit.
s-118
test-s118
Ons beplan om meer as 6 000 hektaar goed geleë openbare grond vir lae-inkomste en bekostigbare behuising opsy te sit.
'n Nuwe sleutelinisiatief sal wees om mense te akkommodeer wie se salarisse te hoog is om regeringsubsisies te ontvang, maar wat te min verdien om vir 'n normale bankverbandlening te kwalifiseer.
s-119
test-s119

Ons sal 'n waarborgfonds van R1 biljoen opsy sit as aansporingsmaatreël om die private bank en behuisingsektor aan te moedig om nuwe produkte te ontwikkel om in hierdie vraag na behuising te voorsien.
s-120
test-s120

Verlede jaar het ons gesê dat mense op die platteland ook die reg het om elektrisiteit, water, spoeltoilette en paaie te hê.
s-121
test-s121
Verlede jaar het ons gesê dat mense op die platteland ook die reg het om elektrisiteit, water, spoeltoilette en paaie te hê.
Ons het gesê hulle moet sportsentrums en beter inkopiesentrums hê soos dié in die stede.
s-122
test-s122
Ons het gesê hulle moet sportsentrums en beter inkopiesentrums hê soos dié in die stede.
In hierdie verband het ons in Augustus verlede jaar die eerste loodsterrein van die Omvattende Landelike-ontwikkelingsprogram in Giyani, Limpopo, geloods.
s-123
test-s123

Sedertdien is 231 huise gebou.
s-124
test-s124
Sedertdien is 231 huise gebou.
Vordering is ook gemaak met die voorsiening van infrastruktuur om landbou-ontwikkeling en opleiding vir gemeenskapsleiers te ondersteun.
s-125
test-s125
Vordering is ook gemaak met die voorsiening van infrastruktuur om landbou-ontwikkeling en opleiding vir gemeenskapsleiers te ondersteun.
Toegang tot gesondheids- en onderwysgeriewe het verbeter.
s-126
test-s126
Toegang tot gesondheids- en onderwysgeriewe het verbeter.
Ons implementeer tans soortgelyke programme in sewe terreine regoor die land, tot voordeel van 21 wyke.
s-127
test-s127
Ons implementeer tans soortgelyke programme in sewe terreine regoor die land, tot voordeel van 21 wyke.
Ons beoog om teen 2014 terreine in 160 wyke te hê.
s-128
test-s128
Ons beoog om teen 2014 terreine in 160 wyke te hê.
Ons mikpunt is dat 60% van huishoudings in hierdie terreine teen 2014 uit eie produksie in hul voedselbehoeftes sal voorsien.
s-129
test-s129
Ons mikpunt is dat 60% van huishoudings in hierdie terreine teen 2014 uit eie produksie in hul voedselbehoeftes sal voorsien.
Tree vir tree sal ons dit maak, soos die spreekwoord lui, landsgenote, groot dinge begin met klein treetjies.
s-130
test-s130
Tree vir tree sal ons dit maak, soos die spreekwoord lui, landsgenote, groot dinge begin met klein treetjies.
Ons wil ook grondhervornming en landbou-ondersteuningsprogramme beter integreer.
s-131
test-s131
Ons wil ook grondhervornming en landbou-ondersteuningsprogramme beter integreer.
Ons sukses op hierdie terrein sal gemeet word deur die toename in die aantal kleinskaalse boere wat ekonomies lewensvatbaar word.
s-132
test-s132
Ons sukses op hierdie terrein sal gemeet word deur die toename in die aantal kleinskaalse boere wat ekonomies lewensvatbaar word.
Ons is nie 'n waterryke land nie.
s-133
test-s133
Ons is nie 'n waterryke land nie.
Maar steeds verloor ons baie water deur lekkende pype en onvoldoende infrastruktuur.
s-134
test-s134
Maar steeds verloor ons baie water deur lekkende pype en onvoldoende infrastruktuur.
Ons sal maatreëls instel om ons waterverlies teen 2014 met die helfte te verminder.
s-135
test-s135
Ons sal maatreëls instel om ons waterverlies teen 2014 met die helfte te verminder.
As deel van ons pogings om groter ekonomiese groei aan te moedig, doen ons stappe om die koste verbonde aan kommunikasie te besnoei.
s-136
test-s136
As deel van ons pogings om groter ekonomiese groei aan te moedig, doen ons stappe om die koste verbonde aan kommunikasie te besnoei.
Die Suid-Afrikaanse publiek kan uitsien na 'n selfs verdere verlaging in breëband-, selfoon-, landlyn- en openbaretelefoon-tariewe.
s-137
test-s137
Die Suid-Afrikaanse publiek kan uitsien na 'n selfs verdere verlaging in breëband-, selfoon-, landlyn- en openbaretelefoon-tariewe.
Ons sal stappe doen om breëbandspoed te verhoog en 'n hoë standaard van internet-dienste te verseker wat in ooreenstemming met internasionale norme is.
s-138
test-s138

Hierdie regering sal verseker dat ons omgewingsbates en natuurlike hulpbronne goed beskerm en deurentyd verbeter word.
s-139
test-s139
Hierdie regering sal verseker dat ons omgewingsbates en natuurlike hulpbronne goed beskerm en deurentyd verbeter word.
Saam met Brasilië, Indië en China, en in samewerking met die Verenigde State, wat die ontwikkelde wêreld verteenwoordig, het ons 'n wesenlike bydrae gelewer tot die ooreenkoms wat in Desember verlede jaar by die Klimaatberaad in Kopenhagen aanvaar is.
s-140
test-s140

Alhoewel dit nie ver genoeg gaan nie, is dit tog 'n belangrike stap in die regte rigting, aangesien dit alle lande daartoe verbind om op klimaatsverandering te reageer.
s-141
test-s141

Ons sal harder met ons internasionale eweknieë moet saamwerk om 'n wettig bindende verdrag te beding.
s-142
test-s142
Ons sal harder met ons internasionale eweknieë moet saamwerk om 'n wettig bindende verdrag te beding.
As Suid-Afrika, het ons ons vrywillig verbind tot spesifieke uitlaatgas-verlagingsteikens, en ons sal aanhou werk aan ons langtermynstrategie om klimaatsverandering teen te werk.
s-143
test-s143

Ons sal harder werk om Suid-Afrika se belange wêreldwyd te bevorder.
s-144
test-s144
Ons sal harder werk om Suid-Afrika se belange wêreldwyd te bevorder.
Ons sal pogings ondersteun om die politieke en ekonomiese integrasie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap- (SAOG) streek te bespoedig en intra-streekhandel en beleggings te bevorder.
s-145
test-s145

Suid-Afrika gaan voort om 'n toonaangewende rol te speel in kontinentale pogings om die Afrika Unie en sy organe te versterk en na eenheid te streef.
s-146
test-s146

Ons sal ons energie daarop toespits om die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (Nepad) te laat herleef, as 'n strategie vir ekonomiese ontwikkeling op die vasteland.
s-147
test-s147

Die Staatsdiens moet reageer op die beroep om hierdie termyn deur vinniger optrede en beter prestasie deur die staat te laat kenmerk.
s-148
test-s148
Die Staatsdiens moet reageer op die beroep om hierdie termyn deur vinniger optrede en beter prestasie deur die staat te laat kenmerk.
Ons vereis uitnemendheid en harde werk.
s-149
test-s149
Ons vereis uitnemendheid en harde werk.
Ons benodig staatsamptenare wat toegewyd en bekwaam is en wat na landsburgers se behoeftes omsien.
s-150
test-s150
Ons benodig staatsamptenare wat toegewyd en bekwaam is en wat na landsburgers se behoeftes omsien.
Die Regering werk reeds aan die ontwikkeling en implementering van 'n staatsdiens-ontwikkelingsprogram, wat die norme en standaarde vir staatsamptenare in alle sfere sal bepaal.
s-151
test-s151

Ons sit ons pogings voort om korrupsie en bedrog in verkrygings- en tenderprosesse uit te wis, asook in aansoeke om bestuurderslisensies, maatskaplike toelaes en identiteitsdokumente, om net 'n paar te noem.
s-152
test-s152

Ons is tevrede met die vordering van die regering op sommige terreine.
s-153
test-s153
Ons is tevrede met die vordering van die regering op sommige terreine.
Hierdie week het ons 32 687 onregmatige maatskapliketoelaagbetalings opgeskort, ter waarde van R180 miljoen.
s-154
test-s154
Hierdie week het ons 32 687 onregmatige maatskapliketoelaagbetalings opgeskort, ter waarde van R180 miljoen.
Ons Inter-Ministeriële Komitee op Korrupsie ondersoek maniere om korrupsie doelgerig die nek in te slaan.
s-155
test-s155
Ons Inter-Ministeriële Komitee op Korrupsie ondersoek maniere om korrupsie doelgerig die nek in te slaan.
Deur saam te werk kan ons meer doen.
s-156
test-s156
Deur saam te werk kan ons meer doen.
Soos u weet, het ons die Presidensiële Klagtelyn ingestel om die regering en die Presidensie meer toeganklik vir die publiek te maak en om te help om blokkasies in dienslewering uit die weg te ruim.
s-157
test-s157

Die klagtelyn verteenwoordig ons vasberadenheid om dinge anders in die regering te doen.
s-158
test-s158
Die klagtelyn verteenwoordig ons vasberadenheid om dinge anders in die regering te doen.
Dit het 'n verskil aan baie Suid-Afrikaners se lewens gemaak.
s-159
test-s159
Dit het 'n verskil aan baie Suid-Afrikaners se lewens gemaak.
Ons kan mev Buziwe Ngaleka van Mount Frere hier noem, wie se oproep oor haar oorlede man se pensioen die eerste oproep was wat ons op die eerste dag van die klagtelyn geneem het.
s-160
test-s160

Sy is vanaand hier saam met ons.
s-161
test-s161
Sy is vanaand hier saam met ons.
Ons het ook mnr Nkululeko Cele hier by ons, wat bygestaan is om sy identieitsdokument te kry sodat hy by die Tshwane Universiteit van Tegnologie kon inskryf.
s-162
test-s162

Dit is net twee van die talle suksesstories.
s-163
test-s163
Dit is net twee van die talle suksesstories.
Uit hierdie en ander voorbeelde het ons swakhede geïdentifiseer wat deur die onderskeie regeringsfere reggestel moet word.
s-164
test-s164
Uit hierdie en ander voorbeelde het ons swakhede geïdentifiseer wat deur die onderskeie regeringsfere reggestel moet word.
Deur die Speaker het ons 'n veelparty-afvaardiging van die Parlement uitgenooi om die oproepsentrum te besoek, sodat LP's eerstehandse ervaring kan kry van die werk wat gedoen word.
s-165
test-s165

Ek het 'n uiteensetting gegee van die hoofelemente van ons planne vir 2010, ons kollektiewe verbintenis as regering teenoor die mense van Suid-Afrika.
s-166
test-s166

Die Staatsrede bied 'n breë oorsig oor ons aksieplan.
s-167
test-s167
Die Staatsrede bied 'n breë oorsig oor ons aksieplan.
Ministers sal die details in hul onderskeie begrotingsredes verskaf.
s-168
test-s168
Ministers sal die details in hul onderskeie begrotingsredes verskaf.
In November vanjaar vier ons die 150ste herdenking van die aankoms van die Indiërs in Suid-Afrika.
s-169
test-s169
In November vanjaar vier ons die 150ste herdenking van die aankoms van die Indiërs in Suid-Afrika.
Dit bied 'n geleentheid om erkenning te gee aan die belangrike bydrae van die Indiese gemeenskap op die gebied van arbeid, die sakesektor, wetenskap, sport, godsdiens, kuns en die bereiking en konsolidasie van ons demokrasie.
s-170
test-s170

Ek wil weer van hierdie geleentheid gebruik maak om ons almal se diepe meegevoel te betuig teenoor die Regering en die mense van Haiti met die enorme tragedie wat hulle getref het.
s-171
test-s171

Ons is bly dat ons reddingspanne hulle kon gaan bystaan.
s-172
test-s172
Ons is bly dat ons reddingspanne hulle kon gaan bystaan.
Ek wil graag besondere erkenning verleen aan een Suid-Afrikaner wat nooit huiwer om in tye van nood en rampe te help nie, en ons help om die visie van 'n sorgsame gemeenskap te bevorder.
s-173
test-s173

Ons verwelkom vandag dr Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers in hierdie huis.
s-174
test-s174
Ons verwelkom vandag dr Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers in hierdie huis.
Om as gasheerland vir die FIFA Wêreldbeker op te tree, maak van 2010 voorwaar 'n jaar van aksie.
s-175
test-s175
Om as gasheerland vir die FIFA Wêreldbeker op te tree, maak van 2010 voorwaar 'n jaar van aksie.
Ons beplan reeds jare lank aan hierdie Wêreldbeker.
s-176
test-s176
Ons beplan reeds jare lank aan hierdie Wêreldbeker.
Daar is nog net drie maande oor voor hierdie geskiedkundige gebeurtenis plaasvind.
s-177
test-s177
Daar is nog net drie maande oor voor hierdie geskiedkundige gebeurtenis plaasvind.
En ons is vasberade om 'n sukses daarvan te maak.
s-178
test-s178
En ons is vasberade om 'n sukses daarvan te maak.
Die nodige infrastruktuur, sekuriteit en logistieke reëlings is alles gereed om 'n suksesvolle toernooi te verseker.
s-179
test-s179
Die nodige infrastruktuur, sekuriteit en logistieke reëlings is alles gereed om 'n suksesvolle toernooi te verseker.
As 'n nasie is ons groot dankbaarheid verskuldig teenoor die 2010 Plaaslike Reëlingskomitee vir hul uitstekende poging.
s-180
test-s180
As 'n nasie is ons groot dankbaarheid verskuldig teenoor die 2010 Plaaslike Reëlingskomitee vir hul uitstekende poging.
Ons wens die voorsitter van die komitee, Irvin Khoza, die Hoof Uitvoerende Beampte, Danny Jordaan, en die afrigter van Bafana Bafana, Carlos Alberto Parreira, alles van die beste toe vir die volgende paar maande.
s-181
test-s181

President Mandela het 'n sentrale rol gespeel om die land te help om die gasheerregte vir hierdie groot geleentheid te wen.
s-182
test-s182
President Mandela het 'n sentrale rol gespeel om die land te help om die gasheerregte vir hierdie groot geleentheid te wen.
Ons moet dus tot sy eer 'n sukses van die Wêreldbeker maak.
s-183
test-s183
Ons moet dus tot sy eer 'n sukses van die Wêreldbeker maak.
Landsgenote, kom ons skaar ons ook agter ons nasionale span, die Bafana Bafana.
s-184
test-s184
Landsgenote, kom ons skaar ons ook agter ons nasionale span, die Bafana Bafana.
Die belangrikste is, wees in besit van julle kaartjies, landsgenote!
s-185
test-s185
Die belangrikste is, wees in besit van julle kaartjies, landsgenote!
Kom ons koop almal betyds kaartjies sodat ons die wedstryde kan bywoon.
s-186
test-s186
Kom ons koop almal betyds kaartjies sodat ons die wedstryde kan bywoon.
Wanneer ons vandag Madiba se vrylating gedenk, herverbind ons onsself tot versoening, nasionale eenheid, nie-rassigheid en om 'n beter toekoms vir ons as Suid-Afrikaners, swart en wit, te bou.
s-187
test-s187

Gedurende my lewe het ek myself toegewy aan hierdie vryheidstryd van die mense van Afrika.
s-188
test-s188
Gedurende my lewe het ek myself toegewy aan hierdie vryheidstryd van die mense van Afrika.
Ek het gestry teen blanke oorheersing en ek het gestry teen swart oorheersing.
s-189
test-s189
Ek het gestry teen blanke oorheersing en ek het gestry teen swart oorheersing.
Ek het die ideaal gekoester van 'n demokratiese en vrye samelewing, waarin almal in harmonie saamleef met gelyke geleenthede.
s-190
test-s190
Ek het die ideaal gekoester van 'n demokratiese en vrye samelewing, waarin almal in harmonie saamleef met gelyke geleenthede.
Dit is 'n ideaal waarvoor ek hoop om te lewe en te bereik.
s-191
test-s191
Dit is 'n ideaal waarvoor ek hoop om te lewe en te bereik.
Maar, as dit nodig sou wees, is dit 'n ideaal waarvoor ek bereid is om te sterf.
s-192
test-s192
Maar, as dit nodig sou wees, is dit 'n ideaal waarvoor ek bereid is om te sterf.
Besiel deur ons ikoon Madiba, is dit nou vir my 'n eer om hierdie 2010-Staatsrede aan al ons helde en heldinne, besonge en onbesonge, bekend en onbekend, op te dra.
s-193
test-s193

Kom ons werk saam om hierdie jaar van aksie 'n suksesvolle jaar vir ons land te maak.
s-194
test-s194
Kom ons werk saam om hierdie jaar van aksie 'n suksesvolle jaar vir ons land te maak.
Ons is ons status as demokrasie te danke aan die mense van Suid-Afrika wat op 27 April 1994 vir die eerste keer gesamentlik hul toekoms in hul eie hande geneem het.
s-195
test-s195

Met daardie eenvoudige dog verreikende aksie om 'n kruisie te trek vir 'n regering vir al die mense van ons land, het ons die rug gekeer op 'n verlede wat almal ontmens het.
s-196
test-s196

Daarom is dit gepas om by hierdie geleentheid die 20ste herdenking te vier van die Verklaring van die OAE se ad hoc-komitee vir Suidelike Afrika ten opsigte van die vraag oor Suid-Afrika- algemeen bekend as die Harare Deklarasie.
s-197
test-s197

Daardie inisiatief het die grondslag gelê vir wêreldwye konsensus deur die Verenigde Nasies oor die benadering tot onderhandelinge in Suid-Afrika.
s-198
test-s198

In Suid-Afrika het dit ook die inhoud van die 1989 Konferensie vir 'n Demokratiese Toekoms bepaal- wat patriotte vanuit byna alle vlakke van die samelewing verenig het.
s-199
test-s199

Al hierdie dinge het gelei tot die onderhandelingsproses wat uitgeloop het op ons eerste demokratiese verkiesing in 1994.
s-200
test-s200
Al hierdie dinge het gelei tot die onderhandelingsproses wat uitgeloop het op ons eerste demokratiese verkiesing in 1994.
Edit as list • Text view • Dependency trees