s-802
| 'n Verklaring wat bevestig dat die boedel nog nie by 'n ander Meesterskantoor of by 'n ander dienspunt van die Meester aangemeld is nie. |
s-803
| Indien die waarde van die boedel minder as R125 000 is mag die Meester besluit om nie eksekuteursbriewe uit te reik nie maar om liefs magtigingsbriewe uit te reik ingevolge Artikel 18 (3) van die Administration of Estates Act, 1965. |
s-804
| Vorm J192: Beëdigde verklaring: besonderhede van naasbestaandes- moet ingevul word indien die oorledene nie 'n geldige testament nagelaat het nie. |
s-805
| Hierdie verklaring deur die naasbestaandes van 'n gestorwe swart persoon wat nie 'n geldige testament nagelaat het nie, moet verklaar dat die boedel nie by 'n ander Meester of dienspunt aangemeld is nie (indien van toepassing). |
s-806
| Indien die waarde van die boedel meer as R125 000 beloop moet eksekuteursbriewe uitgereik word en die volledige proses, soos dit voorgeskryf word in die Administration of Estates Act, 1965, moet gevolg word. |
s-807
| Die dienspunte (landdroskantore) het slegs jurisdiksie indien die oorledene nie 'n geldige testament nagelaat het nie en die bruto waarde van die boedel nie R50 000 oorskry nie. |
s-808
| 'n Magtigingsbrief beteken die genomineerde verteenwoordiger hoef nie die boedel te bedryf volgens die volledige prosedure wat voorgeskryf word in die Administration of Estates Act, 1965. |
s-809
| Sodra 'n persoon belasbare inkomste verdien wat nie aan SIBW- of LBS-aftrekkings (soos inkomste uit rente, verhuring of besigheid) onderworpe is nie moet hy of sy voorlopige belasting op hierdie inkomste betaal. |
s-810
| Voorlopige belasting word sesmaandeliks betaal. |
s-811
| Voorlopige belasting is bedoel om belastingbetalers te help om hulle belastingverpligtings op 'n deurlopende basis na te kom in plaas van om een maal per jaar 'n groot bedrag te moet betaal wanneer hulle aangeslaan word. |
s-812
| Die voorlopige belasting wat betaal is, sal verreken word teen die finale inkomstebelasting (normale belasting) wat individue in die betrokke belastingjaar moet betaal. |
s-813
| Wanneer jy vir die betaling van voorlopige belasting aanspreeklik raak, moet jy binne 30 dae daarvan skriftelik om registrasie by die plaaslike takkantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aansoek doen. |
s-814
| Versuim om dit te doen, sal lei tot rente en boetes op laat betalings en bykomende belasting op opgawes wat laat ingedien is. |
s-815
| Die derde voorlopige betaling word ook 'bykomende' voorlopige betaling of 'opvulbetaling' genoem. |
s-816
| So 'n betaling moet nie later as die effektiewe datum betaal word nie. |
s-817
| Die derde betaling is 'n vrywillige betaling, wat enige voorlopige belastingbetaler mag maak. |
s-818
| Belastingbetalers (behalwe maatskappye) met 'n belasbare inkomste van meer as R50 000 of maatskappye met 'n belasbare inkomste van R20 000 of meer kan 'n derde vrywillige betaling maak om te voorkom dat hulle rente op enige onderbetaalde belastingaanslag moet betaal. |
s-819
| Die doel van hierdie betaling is om belastingbetalers in staat te stel om die verskil in te betaal tussen werknemersbelasting plus voorlopige belasting wat reeds vir daardie jaar betaal is, en die totale belastingverpligting vir die betrokke belastingjaar. |
s-820
| Elke voorlopige belastingbetaler moet self bepaal wanneer 'n aanvullende derde betaling nodig is. |
s-821
| Kry die SAID se nuwe betalingsadvies of laai dit van hierdie webwerf af, vul dit in en dien dit saam met jou betaling in. |
s-822
| Omdat die betalingsadvies generies van aard is en nie besonderhede oor 'n spesifieke belastingbetaler bevat nie, is dit uiters belangrik dat jy die korrekte rekeningbesonderhede op jou opgawe verstrek. |
s-823
| Indien die korrekte besonderhede nie ingevul word nie, kan die betaling nie aan die regte belastingbetaler gekrediteer word nie. |
s-824
| Voorlopige belasting kan van Maandag tot Vrydag (behalwe op openbare vakansiedae) tussen 08h00 en 15h30 by enige SAID-kantoor betaal word. |
s-825
| Indien betaling deur die pos, of via die bank of OTM geskied, moet jy voorsiening maak vir die tyd wat posaflewering of verwerking in beslag sal neem. |
s-826
| Indien betaling elektronies geskied, moet jy voorsiening maak vir jou bank se afsluittye en 'n verrekeningstyd van tussen twee en vyf dae. |
s-827
| As 'n werknemer se bruto besoldiging of die jaarlikse ekwivalent daarvan minstens R2 000 bedra en nie die belastingdrumpel oorskry nie. |
s-828
| Vir 'n enkelbedragbetaling (wat nie op 'n IRP5-sertifikaat aangedui word nie) waarvan geen belasting afgetrek is nie. |
s-829
| Enige betaling wat aan 'n persoon gemaak is vir dienste wat gelewer is of gelewer moet word en waarvoor geen belasting afgetrek is nie. |
s-830
| Gelde wat betaal is vir dienste wat persone, soos mediese praktisyns, prokureurs, advokate, boekhouers en ouditeure, in die gewone gang van hulle professionele praktyk gelewer het. |
s-831
| Enige besoldiging (bv. byvoordele) wat op die IRP5-sertifikaat aangedui word. |
s-832
| Besoldiging, of die jaarlikse ekwivalent daarvan, wat nie R2 000 vir die belastingjaar oorskry nie. |
s-833
| Alle plaasprodukte, hout, lewende hawe, erts, minerale of edelstene wat jy bekom het deur dit te koop of te ruil (aankope van gelisensieerde handelaars moet NIE ingesluit word nie). |
s-834
| Alle plaasprodukte, hout, lewende hawe, erts, minerale of edelstene wat jy as agent namens die produsent verkoop het. |
s-835
| Alle produkte, erts of minerale wat jy as versendingsagent namens die produsent verskeep het aan verkoopsagente buite Suid-Afrika. |
s-836
| Bonusse wat uitbetaal is aan lede van koöperatiewe maatskappye en verenigings. |
s-837
| Watter dienste bied konsulêre beamptes aan Suid-Afrikaners wat in die buiteland aangehou word? |
s-838
| Dit stel Suid-Afrikaners wat ingevolge buitelandse jurisdiksie gearresteer is, aangehou word of in gevangenskap verkeer in staat om te verstaan wat hulle regte is en watter dienste die Suid-Afrikaanse regering hulle bied. |
s-839
| Na gelang van spesifieke omstandighede sal kontak persoonlik, skriftelik, telefonies, of deur gepaste tussengangers bewerkstellig word. |
s-840
| Die frekwensie van die gevangenisbesoeke hang van die huidige beleid, die ligging, kultuur en wette van die staat wat die arres opgelê het, asook van die heersende veiligheidsituasie in die land en die gevangenis af. |
s-841
| Daar sal geen kontak bewerkstellig, en geen inligting aan enigiemand oorgedra word sonder 'n geskrewe ooreenkoms deur die Suid-Afrikaanse burger wat in aanhouding of in die tronk verkeer nie. |
s-842
| Die heersende magtiging bepaal dat fondse wat vanuit Suid-Afrika oorgedra word vir toiletware, kos en persoonlike items (nie regskoste nie) nie R2 000 (tweeduisend rand) per maand mag oorskry nie. |
s-843
| Die bedrag sal nie na die volgende maand oorgedra word nie. |
s-844
| Tree met die Afdeling Konsulêre Dienste in verbinding as jy hulp nodig het. |
s-845
| Die Departement van Buitelandse Sake en die Suid-Afrikaanse verteenwoordigers in die buiteland doen hulle uiterste bes om te sorg dat geld, briewe, studiemateriaal en medikasie sonder onredelike vertraging aangestuur word. |
s-846
| Die operasionele prioriteite van die ambassade, hoëkommissariaat of konsulaat kry egter voorkeur. |
s-847
| Plaaslike omstandighede in die land speel ook 'n rol. |
s-848
| Die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Professies verleen erkenning aan die feit dat sekere individue nie die geleentheid gehad het om die peil van tersiêre onderrig wat die Raad vir professionele registrasie vereis, te kon bereik nie. |
s-849
| Dit is egter moontlik dat sodanige individue oor baie jare heen 'n enorme bydrae tot die wetenskaplike gemeenskap kon gelewer het, en hierdie bydrae nog vir baie jare lank sal bly lewer. |
s-850
| Die Raad het besluit om aan sodanige individue die geleentheid te bied om, onderhewig aan sekere voorwaardes, vir registrasie as Professionele Natuurwetenskaplikes aansoek te mag doen. |
s-851
| Enige persoon sonder 'n kwalifikasie wat deur die Raad erken word, kan aansoek doen. |
s-852
| Let wel: Indien jy jou professie tydens die voorafgaande tienjaarperiode verlaat het, sal jy nie toegelaat word om ingevolge hierdie bedeling te registreer nie. |
s-853
| Die aansoeke sal deur die toepaslike Professionele Adviesraad beoordeel word, deur SACNASP se Registrasiekomitee goedgekeur word, en deur die volle Raad gemagtig word. |
s-854
| Vul 'n formele aansoekvorm vir registrasie in. |
s-855
| Minstens drie volledige verslae (in elektroniese formaat) wat jy saamgestel het of waartoe jy 'n wesenlike bydrae gelewer het. |
s-856
| Indien jy die verslae nie kan indien nie omdat hulle vertroulik is, moet die bydrae verifieerbaar wees. |
s-857
| 'n Beëdigde verklaring wat bevestig dat dit jou eie werk is en jou rol in die ingelewerde verslae duidelik uiteensit. |
s-858
| Beëdigde verklarings deur twee referente wat jou vermoëns en kundigheid op jou toepassingsterrein kan bevestig. |
s-859
| Ten tye van haar dood het ons geweet dat Mama Adelaide Tambo kort vantevore uit die hospitaal ontslaan is. |
s-860
| Maar omdat ons ook geweet het dat sy die volharding van gees en die wilskrag het om die stryd saam met die lewendes voort te sit, was dit ons voorneme om haar en ander lede van haar gesin as ons gaste by hierdie deurlugtige geleentheid te verwelkom. |
s-861
| Dit was ons helaas nie beskore nie. |
s-862
| Môre sal ons die laaste eer aan haar betoon wanneer ons haar oorskot ter aarde bestel. |
s-863
| Sy sal dus slegs in die gees by ons wees wanneer ons in Oktober vanjaar die 90ste herdenking van die geboorte van Oliver Reginald Tambo- haar eggenoot, die vader van haar kinders, haar metgesel, haar kameraad, en 'n vooraanstaande seun uit die geledere van ons mense- vier. |
s-864
| Ons betuig weereens ons meegevoel aan die Tambo-gesin. |
s-865
| Ek is egter besonder bly om vandag die agbare Albertina Luthuli in ons midde te verwelkom; dogter van ons eerste Nobel-vredespryswenner, Inkosi Albert Luthuli, wie se tragiese dood, 40 jaar gelede, ons vanjaar herdenk wanneer ons die tragiese dag in herinnering roep waarop aangekondig is dat hy in die suikervelde van KwaDukuza deur 'n voortsnellende trein vermorsel is. |
s-866
| Sy dood was net so skokkend en geheimsinnig as wat sy lewe 'n leidster was wat vooruitgewys het na die vryheid wat ons vandag geniet. |
s-867
| Ek voel ontsaglik trots dat demokratiese Suid-Afrika verstandig en fyngevoelig genoeg was om erkenning te gee aan wat Albert Luthuli en Oliver Tambo vir ons volk beteken deur twee van ons nasionale ordes na hulle te vernoem: die Orde van Luthuli, en die Orde van die Metgeselle van OR Tambo. |
s-868
| Ek dra ook kennis van die diepe trots wat ervaar is deur almal wat tot die geledere van die hoogaangeskrewe nasionale ordes toegelaat is. |
s-869
| Dit is ook vir my 'n genoeë om die aktiviste van die vroue-optog van 1956 en die Soweto-opstand van 1976 in die Parlement te verwelkom waar hulle in die Presidentslosie sit, asook die hooggeagte patriotte uit al ons provinsies, wat deur ons provinsiale speakers genooi is om hulle aan te sluit by die groep belangrike gaste wat vandag hier saam met ons vergader is. |
s-870
| Die Regering van die mense van Suid-Afrika, namens wie ek vandag hier praat, soos ek ook in voorafgaande jare bevoorreg was om te doen, is in 2004, na afloop van die algemene verkiesing van daardie jaar, tot stand gebring. |
s-871
| Verlede maand, tydens sy jaarlikse lekgotla of bosberaad in Januarie, het die nasionale Kabinet, wat aan die spits staan van die regeringstelsel wat ons die voorreg het om te bestuur, besin oor die feit dat daardie ontmoeting die halfpadmerk verteenwoordig het in die bestaan van die Regering wat tydens ons mees onlangse verkiesing, in 2004, in die lewe geroep is. |
s-872
| In die lig daarvan is dit vanselfsprekend dat ons onsself sou afvra watter vordering ons gemaak het in ons pogings om die doelwitte te bereik waartoe ons toegewy is, soos ons die nasie in alle eerlikheid verseker het, en wat daartoe gelei het dat ons mense op oorweldigende wyse aan ons die gesag verleen het om ons land van 2004 tot met die volgende verkiesing in 2009 te regeer! |
s-873
| Met u vergunning wil ek graag verder teruggaan, en in die herinnering roep wat ons, as verteenwoordigers van ons mense, in 2004 gesê het in die teenwoordigheid van ons vriende van die res van die wêreld, wat byeengekom by die regeringsetel by die Uniegebou in Pretoria, op Vryheidsdag, die 10de herdenking van ons bevryding, en in deelname aan die inhuldiging van die President van die Republiek, wat deur ons Parlement verkies is ooreenkomstig die wil wat ons mense op demokratiese wyse tydens die 2004-verkiesing uitgespreek het. |
s-874
| Dit was 'n plek waarin om wit gebore te word, gelykstaande was aan om 'n permanente las van vrees en verskuilde woede te dra... |
s-875
| Dit het betrekking op alles, van die verbetering van die gesondheid van ons mense, tot die verlaging van die vlak van misdaad, die verhoging van die vlak van geletterdheid en gesyferdheid, en die oopgooi van die deure van leer en van kultuur vir almal... |
s-876
| Ons belowe plegtig teenoor al die helde en heldinne wat offers gebring het ter wille van ons vryheid, asook teenoor... ons vriende uit die res van die wêreld, dat ons nooit die vertroue sal verraai wat julle in ons gestel het toe julle gehelp het om ons die kans te gee om Suid-Afrika in 'n demokratiese, vreedsame, nie-rassige, nie-seksistiese en vooruitstrewende land te verander nie, toegewy aan die edel visie van menslike solidariteit. |
s-877
| Vyftig jaar gelede, toe hulle besig was om voor te berei vir die sameroeping van die Volkskongres, wat die Vryheidsmanifes aanvaar het, het die patriotte van destyds gesê:' Laat ons saam praat, ons almal saam- Afrikaan en Europeaan, Indiër en Gekleurde... al die mense van Suid-Afrika... |
s-878
| Laat ons saam oor vryheid praat. |
s-879
| Ons moet vandag ons belofte herbevestig om saam te praat oor vryheid, om in vennootskap op te tree om vir almal daardie geluk te skep wat gepaardgaan met vryheid, om saam te werk om 'n Suid-Afrika te skep wat gedefinieer word deur 'n gemeenskaplike droom, om saam, deur optrede, te sê: ons het genoeg gehad van alles wat veroorsaak het dat ons land dit wat lelik en weersinwekkend in die menslike samelewing is, bevat en verteenwoordig het! |
s-880
| Dit verskaf my plesier om verslag te doen dat die Regering steeds hard bly werk om te sorg dat die doelstellings van die nasie bereik word. |
s-881
| Teen 'n gemiddeld van meer as 4,5% was die groeikoers van ons ekonomie oor die afgelope twee-en-'n-half jaar die hoogste sedert ons in 1994 'n demokrasie tot stand gebring het. |
s-882
| Belegging in die ekonomie deur sowel die openbare as die privaatsektor het met ongeveer 11% toegeneem, en die algehele besteding aan openbare-sektor infrastruktuur teen 'n jaarlikse gemiddeld van 15,8%. |
s-883
| Vandag is vaste belegging as persentasie van die bruto binnelandse produk- teen sowat 18,4%- op sy hoogste vlak sedert 1991. |
s-884
| Die getal werkende mense het oor die afgelope drie jaar met ongeveer 'n halfmiljoen per jaar toegeneem. |
s-885
| Daar was bestendige vooruitgang in swart mense se vordering binne die ekonomie. |
s-886
| Hulle eienaarskap van die markkapitalisasie van die JSE het toegeneem van net meer as 3% in 2004 tot byna 5%; en die verhouding van swart mense in die topbestuur het van 24% van die totaal tot 27% toegeneem. |
s-887
| Ten spyte hiervan moet ons steeds besorgd bly oor die feit dat hierdie getal steeds bitter laag is. |
s-888
| Die vooruitgang van die ekonomie het groot uitdagings vir ons almal meegebring. |
s-889
| Die massiewe en volgehoue toename in verbruikersaanvraag weerspieël 'n gesonde groei in vlakke van voorspoed oor die breë spektrum van die bevolking; en die groot infrastruktuurprojekte wat ons nou aanpak, verg massiewe lewering van voorraad en masjinerie. |
s-890
| Maar ons internasionale handelsbalans toon dat ons nie daarin geslaag het om die kapasiteit te skep om die verbruikers- en kapitale goedere wat ons land nodig het, te lewer nie. |
s-891
| Terwyl huishoudelike skuld breedweg teen dieselfde koers toegeneem het as die groei in inkomste, beteken die feit dat Suid-Afrikaners minder spaar dat ons op die spaargeld van ander nasies moet staatmaak. |
s-892
| Die voortgesette onbestendigheid van ons geldeenheid het ook geen goed vir ons uitvoerindustrie voorspel nie. |
s-893
| Die ekonomie het oor die afgelope drie jaar ongeveer anderhalf miljoen werksgeleenthede geskep. |
s-894
| Dit is bemoedigend dat 300 000 van die werksgeleenthede wat net in die jaar van Maart 2005 tot Maart 2006 geskep is, in die formele sektor, buite die landbousektor, val- dit verteenwoordig 'n groeikoers van sowat 4%. |
s-895
| 'n Klein deeltjie hiervan is die permanente werksgeleenthede wat deur die Uitgebreide Program vir Openbare werke (EPWP) geskep is. |
s-896
| Maar daar bestaan geen twyfel dat hierdie program in 'n beduidend hoër rat oorgeskakel kan en moet word nie. |
s-897
| Daar is ook geen twyfel nie dat ons meer selfwerksaamheid kan skep deur middel van klein en mikro-ondernemings. |
s-898
| En gegewe dat 'n groot meerderheid van die werklose jongmense is, kan ons baie beter doen deur ingrypings soos die Nasionale Jeugdiens en die ontwikkeling van jong entrepreneurs. |
s-899
| Dit is vir ons iets om op trots te wees dat ons, ooreenkomstig ons belofte om 'n sorgsame gemeenskap te skep, sedert 2004 dienslewering en ander aspekte van die maatskaplike bestel verbeter het. |
s-900
| Waar daar in 2004 omtrent agt miljoen begunstigdes van maatskaplike toelaes was, het 11 miljoen arm Suid-Afrikaners vandag toegang tot hierdie toelaes. |
s-901
| Dit is bemoedigend dat die toename in die koers waarteen hierdie toelaes opgeneem word oor die afgelope tyd binne beheerbare perke geval het namate die programme volwassenheid bereik. |