Dependency Tree

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Parttrain

Select a sentence

Showing 702 - 801 of 1315 • previousnext

s-702 Om boetes en rente te vermy, moet jy sorg dat jou IRP 6-opgawe die betrokke SAID-takkantoor ruim vóór die betaaldatum bereik.
s-703 Dit sal verseker dat jou versoek betyds ontvang en verwerk word.
s-704 Die betalingsadviesgedeelte van die IRP 6 is nou op 'n aparte bladsy.
s-705 Jou opgawe kan dus afsonderlik van jou betaling ingedien word.
s-706 Raadpleeg die IRP 12-riglyne as jy hulp met die invul van jou IRP 6-opgawe nodig het.
s-707 As 'n individu 'n belasbare inkomste (soos rente, huur of inkomste uit 'n onderneming) verdien wat nie aan SIBW- of LBS-aftrekking onderhewig is nie, moet hy of sy voorlopige belasting op daardie inkomste betaal.
s-708 Voorlopige belastingbetalings word elke ses maande gemaak.
s-709 Die doel met voorlopige belasting is om belastingbetalers te help om hulle belastingverpligtinge op 'n deurlopende grondslag na te kom eerder as om een keer per jaar 'n groot bedrag te moet betaal by ontvangs van hulle aanslag.
s-710 Die voorlopige belasting wat betaal is, sal verreken word teen die finale inkomstebelasting (gewone belasting) wat die persoon vir daardie betrokke belastingjaar (jaar van aanslag) moet betaal.
s-711 Wanneer jy vir die betaling van voorlopige belasting aanspreeklik raak, moet jy binne 60 dae nadat jy aanspreeklik geraak het 'n geskrewe aansoek om registrasie by jou plaaslike takkantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) indien.
s-712 As jy versuim om dit te doen, sal rente en boetes vir laat betalings, asook bybelasting vir die laat indiening van opgawes, gehef word.
s-713 Die betaaldatum vir die tweede voorlopige belastingperiode is nie later nie as op die laaste dag van die belastingjaar of op die goedgekeurde einddatum van die finansiële jaar.
s-714 As Februarie as finansiële einddatum swaarkry sal veroorsaak en jy toestemming van die SAID verkry het om jou finansiële state op 'n ander datum voor te , kan jy ook toestemming vra om opgawes vir voorlopige belasting in te dien op dié datum wat as einddatum van die finansiële jaar goedgekeur is.
s-715 Alle ander inkomste bly egter steeds deel van die belastingjaar wat op 28 / 29 Februarie eindig.
s-716 Maak betalings op die voorgeskrewe IRP6-opgawe se betalingsadvies.
s-717 Doen dit op of voor die voorgeskrewe betaaldatums.
s-718 Betalings aan die SAID kan op enigeen van die volgende maniere gemaak word.
s-719 Voorlopige belasting kan van Maandag tot Vrydag (behalwe op openbare vakansiedae) tussen 08h00 en 15h30 by enige SAID-kantoor betaal word.
s-720 Indien betaling deur die pos, of via die bank of OTM geskied, moet jy voorsiening maak vir die tyd wat posaflewering of verwerking in beslag sal neem.
s-721 Indien betaling elektronies geskied, moet jy voorsiening maak vir jou bank se afsluittye en 'n verrekeningstyd van tussen twee en vyf dae.
s-722 As jy by enige tak van Absa, FNB of Nedbank oor die toonbank betaal, hoef jy nie meer 'n bankrekeningnommer en bankkode te verstrek wanneer jy betalings maak nie.
s-723 Dieselfde geld ook vir alle kliënte van Absa, FNB, Nedbank en Standard Bank wat die internetbankdiens gebruik.
s-724 Hierdie besonderhede verskyn op die IRP 6-opgawe se betalingsadvies.
s-725 Betalings wat nie sowel die betalingsverwysingsnommer as die begunstigde se ID-nommer (soos hierbo genoem is) bevat nie, sal nie aanvaar word nie.
s-726 Indien die laaste dag vir betaling op 'n openbare vakansiedag of oor die naweek val, moet betaling op die laaste werksdag voor die openbare vakansiedag of naweek geskied.
s-727 IRP 6-opgawes vir die tweede periode moet ingehandig word al toon jou berekeninge dat jy geen voorlopige belasting hoef te betaal nie.
s-728 As die tweede voorlopige belastingbetaling gebaseer is op 'n beraamde belasbare inkomste wat minder as die basiese bedrag is, moet 'n versoek en motivering aangeheg word.
s-729 Op die IRP 6-opgawe vir die eerste periode is daar nou ruimte waar jy so 'n versoek moet motiveer.
s-730 Indien die SAID nie tevrede is nie, kan hulle 'n hersiene beraming aanvra.
s-731 Om boetes en rente te vermy, moet jy sorg dat jou IRP 6-opgawe die betrokke SAID-takkantoor ruim vóór die betaaldatum bereik.
s-732 Dit sal verseker dat jou versoek betyds ontvang en verwerk word.
s-733 Die betalingsadviesgedeelte van die IRP 6 is nou op 'n aparte bladsy.
s-734 Jou opgawe kan dus afsonderlik van jou betaling ingedien word.
s-735 Raadpleeg die IRP 12-riglyne as jy hulp met die invul van jou IRP 6-opgawe nodig het.
s-736 'n Polisiereservis is 'n lid van die gemeenskap wat deeltyds (vir ten minste 16 uur per maand) vrywilliglik en sonder betaling polisiëringsfunksies of -aktiwiteite vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) verrig.
s-737 Indien die reservis by funksionele sektorpolisiëringsoperasies betrokke is, word bykomende opleiding vereis.
s-738 'n Reservis wat in een kategorie aangestel is, mag na enige ander kategorie oorgeplaas word as hy of sy aan al die vereistes vir daardie spesifieke kategorie voldoen, en reeds die nodige opleiding vir daardie kategorie deurloop het of bereid is om dit te deurloop.
s-739 Wat is gesinsgeweld?
s-740 Indien jy of iemand wat jy ken hierdie soort mishandeling beleef, kan jy om 'n beskermingsbevel aansoek doen.
s-741 Wie kan om 'n beskermingsbevel aansoek doen?
s-742 Enigiemand met 'n belang by die lewe en welstand van die klaer.
s-743 Vir meer inligting besoek die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling.
s-744 Doen op enige tydstip gedurende of buite hofure, op openbare vakansiedae of oor naweke aansoek om beskermingsbevel by die Landdroshof naaste aan jou woon- en werkplek.
s-745 Doen eerstens aansoek om 'n Tussentydse Beskermingsbevel deur Vorm 6: Tussentydse Beskermingsbevel by jou naaste Landdroshof of Hoërhof in te vul.
s-746 Vul Vorm 2: Aansoek om 'n Beskermingsbevel in by jou naaste Landdroshof of Hoërhof.
s-747 Die naam van die polisiestasie waar die klaer waarskynlik enige verbreking van so 'n beskermingsbevel sal aanmeld.
s-748 Volgens die hof nie in staat is om die nodige toestemming te verskaf nie.
s-749 Sertifiseer die vorm by die klerk van die hof en dien dit in.
s-750 By ontvangs van die vorm sal die klerk jou aansoek na die landdros stuur.
s-751 Die landdros sal 'n datum bepaal waarop jy moet verskyn sodat jou aansoek oorweeg kan word.
s-752 Die landdros sal ook 'n kennisgewing voorberei om die mishandelaar van die beskermingsbevel in kennis te stel asook die datum waarop hy of sy in die hof moet verskyn.
s-753 Na die hofverskyning kan die landdros die beskermingsbevel uitreik.
s-754 Hoekom moet jy registreer?
s-755 Wat is die vereistes vir registrasie?
s-756 'n Handelsmerk is 'n handelsnaam, 'n slagspreuk of 'n logo.
s-757 Dit identifiseer die dienste of produkte van een persoon en maak hulle onderskeibaar van die dienste of goedere van 'n ander.
s-758 'n Handelsnaam is dus 'n woord of 'n kombinasie van woorde (byvoorbeeld Kentucky Fried Chicken).
s-759 'n Slagspreuk is 'n kort frase of 'n sin, en 'n logo is 'n onderskeibare prent of simbool.
s-760 Dit verskaf 'n eiesoortige, onderskeibare identiteit in die mark en kan op produkte én dienste van toepassing wees.
s-761 Sodra 'n handelsmerk (handelsnaam, slagspreuk of logo) geregistreer is, mag niemand anders hierdie handelsmerk of 'n soortgelyke een gebruik nie.
s-762 Indien dit wel gebeur, kan dit tot regsoptrede aanleiding gee.
s-763 Daar was al opsienbarende hofsake hieroor in Suid-Afrika, soos toe die Amerikaanse kitskosgroep MacDonalds (USA) 'n Suid-Afrikaanse kitskosonderneming gedagvaar het omdat hy 'n 'M' soortgelyk aan MacDonalds s'n gebruik het.
s-764 Tree met die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom in verbinding.
s-765 Kry vorm TM1 en vul dit in drievoud in.
s-766 Twee afskrifte is vir kantoorgebruik, en die derde een moet jy bewaar as jou bewys dat jy aansoek gedoen het.
s-767 Betaal die registrasiefooi vooruit of wanneer jy jou aansoek indien.
s-768 Om te bepaal in watter klasgroep jou goedere of dienste ingedeel word, raadpleeg Nice Classification- 8th edition of besoek ons kantoor in Pretoria.
s-769 Vul die klasgroep in veld 51 van vorm TM1 in.
s-770 Sleutel in veld 57 van vorm TM1 'n volledige lys in van al die goedere of dienste waarvoor jy die handelsmerk wil gebruik.
s-771 Maak doodseker dat jy nie goedere of dienste wat in verskillende klasse val in een enkele aansoek om 'n handelsmerk ingesluit nie.
s-772 As jy dit doen, sal jy jou aansoek eers moet wysig om slegs die produkte of dienste in te sluit wat in daardie klas val.
s-773 Vir die goedere of dienste wat in 'n ander klas val, sal jy dan opnuut 'n afsonderlike aansoek moet indien.
s-774 Vul in veld 74 ('Adres vir diens') op vorm TM1 die adres in waarby jy alle mededelings van die Handelsmerkkantoor wil ontvang.
s-775 Indien hierdie adres verander, moet jy die Departement dadelik laat weet deur die veld 'Wysiging van adres vir diens' op vorm TM2 in te vul.
s-776 Sodra jou aansoek aan al die formele vereistes voldoen, sal 'n aansoekdatum en -nommer aan jou toegewys word.
s-777 Alle verdere korrespondensie met die kantoor moet daardie nommer bevat.
s-778 Ofskoon dit 18 maande neem om 'n handelsmerk te registreer, mag jy jou aansoeknommer gebruik sodra jy hom ontvang.
s-779 Indien jou handelsmerk onvoorwaardelik aanvaar word, moet jy dit adverteer in die Patentejoernaal, wat maandeliks deur die Staatsdrukker uitgegee word.
s-780 Daarna word die publiek drie maande kans gegee om beswaar aan te teken.
s-781 Indien 'n beswaar ontvang word, sal die Registrateur van Handelsmerke 'n beregtigingsverhoor reël waarby die aansoeker en die beswaarmaker(s) teenwoordig moet wees.
s-782 Indien daar geen besware is nie, word 'n handelsmerkregistrasiesertifikaat uitgereik.
s-783 Skakel die Departement van Handel en Nywerheid se Kliëntesorgsentrum by 0861843384.
s-784 Betaal by die bank in, en vermeld jou klantkode.
s-785 'n Insolvent is 'n skuldenaar wie se boedel (alles wat 'n persoon besit insluitende geld) is onder sekwestrasie (word geadministreer totdat alle skuld betaal is).
s-786 Indien jy binne gemeenskap van goedere getroud is en jou huweliksmaat raak insolvent, word jy volgens die Insolvensiewet, 1936, ook insolvent.
s-787 Indien 'n insolvent nie langer as insolvent beskou wil word nie binne tien jaar nadat hy of sy insolvent verklaar is, kan daar om rehabilitasie aansoek gedoen word.
s-788 Wie kan om rehabilitasie aansoek doen?
s-789 Hoe gou nadat iemand gesekwestreer is kan die insolvent om rehabilitasie aansoek doen?
s-790 Die aansoek moet ingedien word voordat die tien jaar verstryk.
s-791 'n Bestorwe boedel ontstaan sodra iemand te sterwe kom en eiendom en / of 'n dokument nalaat wat 'n testament is of bedoel was om 'n testament te wees.
s-792 Die boedel moet dan geadministreer en verdeel word in ooreenstemming met die oorledene se boedel, of indien daar geen testament nagelaat is nie, in ooreenstemming met die voorwaardes van die wet.
s-793 Die Administration of Estates Act, 1965, beskryf die stappe wat gevolg moet word om 'n bestorwe boedel te administreer.
s-794 Die boedel van 'n gestorwene moet binne 14 dae van die sterfte by die Meester se kantoor aangemeld word.
s-795 Enigiemand in beheer of in besit van enige eiendom wat aan die boedel behoort, of enigiemand in besit van 'n dokument deur die oorledene wat veronderstel is om 'n testament te wees, kan die sterfte aanmeld.
s-796 Waarom moet 'n sterfte by die Meester aangemeld word?
s-797 Waar moet 'n bestorwe boedel aangemeld word?
s-798 Hoewel alle landdroskantore dienspunte vir die Meester is en bestorwe boedels dus daar aangemeld kan word, beskik hulle oor beperkte jurisdiksie en sal dus alle boedels met testamente asook boedels groter as R50 000 na die provinsiale kantore van die Meester oordra.
s-799 Indien jy dus so 'n boedel wil aanmeld is dit wenslik om dit regstreeks by die Meester se kantoor te doen.
s-800 Indien die waarde van die boedel minder as R50 000 is meld die boedel by die landdroskantoor aan.
s-801 Indien die boedel R50 000 oorskry meld dit direk by die Meester se kantoor aan.

Text viewDownload CoNNL-U