s-602
| Jy kan meer inligting oor invoervereistes by die permitkantoor of op die Departement van Landbou se webwerf kry. |
s-603
| As 'n geakkrediteerde lidlaboratorium (akkreditasienommer ZADL01) van die Internasionale Saadtoetsvereniging (ISTA) is die Amptelike Saadtoetsstasie van die Departement van Landbou gemagtig om Internasionale Saadtoetssertifikate uit te reik. |
s-604
| Hierdie sertifikate word vir uitvoerdoeleindes uitgereik. |
s-605
| Drie soorte sertifikate kan uitgereik word, naamlik Saadtoetssertifikate (Oranje en Groen) en 'n Saadmonstersertifikaat (Blou). |
s-606
| Die Oranje Sertifikaat word uitgereik wanneer die monster amptelik van die lot getrek word en die toetse gedoen word onder gesag van die geakkrediteerde laboratorium wat die monster getrek het. |
s-607
| Die Groen Sertifikaat word uitgereik wanneer die monster amptelik van die lot getrek word onder gesag van 'n geakkrediteerde laboratorium, maar die toetse deur 'n ander geakkrediteerde laboratorium in 'n ander land uitgevoer word. |
s-608
| Die Blou Sertifikaat word uitgereik wanneer die neem van die monster nie 'n geakkrediteerde laboratorium se verantwoordelikheid is nie, en die geakkrediteerde laboratorium slegs vir die toets van die monster verantwoordelik is. |
s-609
| Oranje en Groen sertifikate het betrekking op die saadlot waaruit monsters geneem is, terwyl die Blou sertifikaat slegs betrekking het op die monster wat ontvang is om getoets te word. |
s-610
| Laai die elektroniese aansoekvorm vir die Oranje Internasionale Sertifikaat af en vul die vorm in. |
s-611
| Aangesien 'n geakkrediteerde laboratorium in 'n ander land 'n Groen Sertifikaat sal uitreik, moet u die OSTS daarvoor kontak (kyk kontakbesonderhede). |
s-612
| Vra dat amptelike saadlotnommers toegeken word. |
s-613
| Faks die aansoeke aan die OSTS (kyk kontakbesonderhede). |
s-614
| Saadlotnommers sal toegeken word en die aansoek sal aan jou teruggefaks word. |
s-615
| Dit sal ook gefaks word aan die gemagtigde ouditbeampte (monsternemer) by die streekskantoor wat die monsterneming sal doen. |
s-616
| Berei die saadlotte vir monsterneming voor. |
s-617
| Dit sluit in dat die lot gemerk moet word met die lotnommers wat toegeken is. |
s-618
| Elke houer moet gemerk wees (duidelik leesbaar) of voorsien wees van 'n etiket met die lotnommer wat toegeken is daarop. |
s-619
| Wanneer die saadlot gereed is vir monsterneming, kontak die ouditbeampte om monsters te kom neem. |
s-620
| Die monsters word by die OSTS ingehandig, die gehalte word getoets en die toepaslike sertifikaat word uitgereik. |
s-621
| Betaal die saadtoetstarief. |
s-622
| By ontvangs van die monsters word 'n kwitansie uitgereik. |
s-623
| Staatsgrond (grond onder beheer van die Departement van Grondsake of die Departement van Openbare Werke of 'n provinsiale regering of 'n munisipaliteit) en grond in privaat besit kan onwettig beset word. |
s-624
| Die staat het 'n konstitusionele verpligting om te sorg- waar nodig en met die beskikbare bronne- dat dat daar voldoen word aan alle burgers se fundamentele reg op grond en / of behuising. |
s-625
| In spesiale gevalle, waar besetting op groot skaal plaasvind, het die staat egter eweneens die plig om grondeienaars te help om hulle grond te beskerm. |
s-626
| In gevalle waar onwettige besetters van die grond af verwyder moet word en dit nie hulle fundamentele regte benadeel nie, moet die regeringsinstansie wat vir die staatsgrond verantwoordelik is, of die privaat eienaar, onverwyld by die hof aansoek doen om uitsetting in terme van die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond, 1998. |
s-627
| Hierdie wet word tans deur die Departement van Behuising geadministreer. |
s-628
| Individue (insluitende onwettige besetters) wat geen toegang tot landbougrond het nie kan by die Departement van Grondsake aansoek doen om bystand om geskikte landbougrond te bekom. |
s-629
| Individue wat nie behuising het nie kan by die plaaslike munisipaliteit of, indien nodig, by die plaaslike of nasionale Departement van Behuising aansoek doen om bystand. |
s-630
| As privaat grond onwettig beset word sonder dat daar spesiale omstandighede bestaan, moet die grondeienaar die hof onmiddellik vra om 'n uitsettingsbevel ingevolge die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond, 1998 uit te reik. |
s-631
| As privaat grond onwettig beset word sonder dat daar spesiale omstandighede bestaan, kan die grondeienaar die Departement van Grondsake om hulp vra as die besetters die grond beset omdat hulle landbougrond nodig het. |
s-632
| As privaat grond onwettig beset word en daar wel spesiale omstandighede bestaan, kan die grondeienaar die plaaslike munisipaliteit van daardie gebied of, indien nodig, die provinsiale of nasionale Departement van Behuising om hulp vra as die besetters die grond beset omdat hulle behuising nodig het. |
s-633
| Die attestering of waarmerking van dokumente is 'n proses waarin handtekeninge geverifieer word, en beteken dat amptelike dokumente onderteken en van 'n seël voorsien word, en dat een van twee sertifikate daarby aangeheg word: óf 'n apostilsertifikaat (indien lande party is tot die Haagse Konvensie van 5 Oktober 1961 is), óf 'n egtheidsertifikaat (indien lande nie ondertekenaars van die Haagse Konvensie is nie). |
s-634
| Suid-Afrikaanse verteenwoordigers in die buiteland kan amptelike dokumente slegs attesteer indien die dokumente eerste deur die betrokke buitelandse outoriteit of die Departement van Buitelandse Sake se attesteringsafdeling geattesteer is. |
s-635
| Suid-Afrikaanse verteenwoordigers kan nie apostilsertifikate uitreik nie; net egtheidsertifikate. |
s-636
| Stel in die eerste plek vas watter dokument jy wil laat attesteer. |
s-637
| Die dokument is hoogstens een jaar oud. |
s-638
| Jy moet aan die attesteringsafdeling sê in watter land die dokument gebruik gaan word sodat vasgestel kan word of 'n apostil- of 'n egtheidsertifikaat uitgereik moet word. |
s-639
| Persoonlik- Dokumente wat persoonlik ingehandig is, kan slegs met 'n ontvangsbewys afgehaal word. |
s-640
| 'n Ontvangserkenning word aan jou gegee wanneer jy jou dokumente inhandig. |
s-641
| Per koerier- Daar sal 'n afhalingstrokie aan die koerier gegee word, en hierdie strokie moet getoon word wanneer die dokumente afgehaal word. |
s-642
| Jy moet die koerier ook betaal om jou dokumente weer aan jou terug te besorg. |
s-643
| Per geregistreerde pos of spoedpos- Sluit 'n selfgeadresseerde, voorafbetaalde (want geen kontant word aanvaar nie) A4-koevert in sodat die attesteringsafdeling die dokumente aan jou kan terugstuur. |
s-644
| 'n Dekbrief, met inligting oor die getal dokumente wat geattesteer moet word, die land waarvoor die attestering nodig is, en al jou kontakbesonderhede, moet die dokumente vergesel. |
s-645
| Via die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in die buiteland (hoëkommissariaat, ambassade of konsulaat). |
s-646
| 'n Notaris moet die dokumente waarmerk. |
s-647
| Onverkorte of volledige geboorte-, huwelik- en / of doodsertifikate en briewe wat 'n individu se burgerskapstatus bevestig, mits hulle onderteken en gestempel is deur die werknemer van Buitelandse Sake wat daartoe gemagtig is. |
s-648
| Aannemingsdokumente wat deur die Registrateur van Aannemings by die Departement van Justisie onderteken en gestempel is. |
s-649
| Uitvoerdokumente wat deur 'n kamer van koophandel onderteken en gestempel is. |
s-650
| Sertifikate van opvoedkundige kwalifikasies wat deur die daartoe gemagtigde werknemer by die Departement van Onderwys onderteken en gestempel is. |
s-651
| Polisieklaringsbewyse wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Sentrum vir Kriminele Rekords onderteken en gestempel is ('n polisieklaringsbewys bly net drie maande lank geldig). |
s-652
| Brief van geen beletsel (huwelikstatusbrief) wat deur die daartoe gemagtigde werknemer by Buitelandse Sake onderteken en gestempel is. |
s-653
| Registrasie van 'n maatskappy wat deur die Registrateur van Beslote Korporasies onderteken en gestempel is. |
s-654
| Mediese sertifikate wat deur die daartoe gemagtigde beamptes by die Raad vir Gesondheidsberoepe onderteken en gestempel is. |
s-655
| Dokumente wat op die vervoer van lewende hawe, met inbegrip van troeteldiere, betrekking het, moet deur 'n daartoe gemagtigde staatsveearts onderteken en gestempel wees. |
s-656
| Plaaslike visvaartuie verwys na 'n vaartuig (boot of skip) wat onder 'n Suid-Afrikaanse vlagstaat geregistreer is en waarvoor 'n veiligheidsertifikaat van die Suid-Afrikaanse Maritiemeveiligheidsowerheid South African Maritime Safety Authority (SAMSA) en 'n vaartuiglisensie van die Departement van Omgewingsake en Toerisme (Department of Environmental Affairs and Tourism (DEA&T) uitgereik is. |
s-657
| 'n Plaaslike visvaartuig is gewoonlik toegerus om vir vis- of verwante aktiwiteite gebruik te word. |
s-658
| Die vaartuig sluit alle gerei, toerusting, bergplek, vrag en brandstof aan boord in. |
s-659
| 'n Plaaslike visvaartuig kan enige vaartuig insluit wat een of meer vaartuie op see bystaan in die uitvoering van enige aktiwiteit wat met visvang te doen het. |
s-660
| Geen persoon mag 'n visvaartuig of enige ander vaartuig gebruik om enige reg tot toegang uit te oefen nie tensy 'n lisensie daarvoor uitgereik is, met 'n ooreenstemmende permit indien die vaartuigeienaar 'n visvangsregtehouer is. |
s-661
| Waar die vaartuigeienaar nie 'n visvangsregtehouer is nie, moet daar 'n kontrak bestaan om genoemde vaartuig te mag gebruik. |
s-662
| Die visvaartuig se seewaardigheid moet (deur SAMSA) getoets word en SAMSA moet 'n veiligheidsertifikaat uitreik. |
s-663
| Kry 'n aansoekvorm by die Departement van Omgewingsake en Toerisme. |
s-664
| Jy moet 'n visvangsregtehouer wees (jy het reeds aansoek gedoen en visvangsregte is reeds toegestaan). |
s-665
| Indien die eienaar van die vaartuig nie 'n visvangsregtehouer is nie, moet 'n kontrak wat aandui dat die vaartuigeienaar die genoemde vaartuig mag gebruik, saam met jou aansoek om 'n vaartuiglisensie voorgelê of ingesluit word. |
s-666
| Dui die tydsduur en aansoek om die visvangsektor waarin die vaartuig ontplooi gaan word, aan. |
s-667
| Vul die vorm in hoofletters en drukskrif in en verskaf 'n geskrewe motivering waar nodig. |
s-668
| Die doel van hierdie diens is om lede van die publiek in staat te stel om 'n klagte by die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) in te dien. |
s-669
| As jy 'n klagte by 'n nasionale OKD-kantoor indien, sal die saak vir ondersoek verwys word na die betrokke provinsiale kantoor (afhangende van die gebied waarin die voorval plaasgevind het). |
s-670
| Klas II-klagte: 'n Klagte van nie-nakoming deur die SAPD ten opsigte van die Wet op Gesinsgeweld, 1998 (Wet 116 van 1998), met ander woorde indien 'n lid van die SAPD of MPD versuim het om gehoor te gee aan die bepalings van die Wet op Gesinsgeweld. |
s-671
| Klas III-klagte: 'n Klagte wat beweer dat 'n polisiebeampte of polisiebeamptes 'n oortreding begaan het wat gelei het tot liggaamlike beserings wat so ernstig was dat dit hospitaalbehandeling vereis het. |
s-672
| Hierdie wandaad of oortreding moes gebeur het terwyl 'n persoon in polisieaanhouding was. |
s-673
| Klas IV-klagte: 'n Klagte wat beweer dat 'n lid van die SAPD of MPD 'n ander oortreding as bogenoemde begaan het, of 'n wandaad gepleeg het wat nie die dood van of ernstige liggaamlike leed aan iemand tot gevolg gehad het nie. |
s-674
| Klas V-klagte: 'n Klag wat buite die omvang van die mandaat of beleid van die OKD val. |
s-675
| Klagtes oor voorvalle wat plaasgevind het voor die totstandkoming van die OKD, met ander woorde alle voorvalle wat voor April 1997 plaasgevind het. |
s-676
| Dit sluit ook voorvalle in wat meer as 'n jaar voordat dit by die OKD aangemeld is, plaasgevind het, tensy daar buitengewone omstandighede is. |
s-677
| Klagtes teen die personeel van Korrektiewe Dienste, hofbeamptes en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Verdedigingsmag. |
s-678
| Jy kan 'n klagte persoonlik, per telefoon, per brief of per e-pos by jou naaste OKD-kantoor indien. |
s-679
| Persoonlike klagtes of dié per telefoon moet tydens besigheidsure (tussen 08:00 en 16:00) ingedien word. |
s-680
| Vul 'n klagteverslagvorm (vorm 1) in en faks dit na jou naaste OKD-kantoor. |
s-681
| Die OKD kan jou vra om bykomende inligting te verstrek voor hulle 'n klagte kan ondersoek. |
s-682
| Indien jy persoonlik na die OKD-kantoor kom, moet jy die gevallewerker of -ontleder raadpleeg. |
s-683
| As 'n individu 'n belasbare inkomste verdien wat nie onderworpe is aan aftrekkings vir standaard inkomstebelasting op werknemers (SIBW) of die lopende betaalstelsel (LBS), (bv. rente, huur of besigheidsinkomste) nie, moet hy of sy voorlopige belasting op hierdie inkomste betaal. |
s-684
| Voorlopige belastingbetalings geskied op 'n sesmaandelikse basis. |
s-685
| Voorlopige belasting is bedoel om belastingbetalers te help om hulle belastingverpligtinge op 'n deurlopende basis na te kom in plaas daarvan om een maal per jaar 'n groot bedrag te moet betaal wanneer hulle aangeslaan word. |
s-686
| Die voorlopige belasting wat betaal is, sal verreken word teen die finale inkomstebelasting (normale belasting) wat die individu in die betrokke belastingjaar moet betaal. |
s-687
| 'n Persoon wat vir die betaling van voorlopige belasting aanspreeklik word, moet binne 30 dae nadat hy of sy aanspreeklik geword het skriftelik om registrasie by die plaaslike takkantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aansoek doen. |
s-688
| Versuim om dit te doen, sal lei tot rente en boetes op laat betalings en bykomende belasting vir die laat indiening van opgawes. |
s-689
| Die betaaldatum vir voorlopige belasting vir die eerste periode is binne ses maande na die begin van die belastingjaar. |
s-690
| Die eerste voorlopige belastingbetaling moet gelykstaande wees aan die helfte van die belasting waarvoor die belastingbetaler vir die volle belastingjaar aanspreeklik is. |
s-691
| Maak betalings op die voorgeskrewe IRP 6-aanslag se betalingsadvies, op of vóór voorgeskrewe die betaaldatums. |
s-692
| Die SAID sal die nodige vorms aan geregistreerde voorlopige belastingbetalers stuur. |
s-693
| As jy by enige tak van Absa, FNB of Nedbank oor die toonbank betaal, hoef jy nie meer 'n bankrekeningnommer en bankkode te verstrek wanneer jy betalings maak nie. |
s-694
| Dieselfde geld ook vir alle kliënte van Absa, FNB, Nedbank en Standard Bank wat die internetbankdiens gebruik. |
s-695
| Betalings wat nie sowel die betalingsverwysingsnommer as die begunstigde se ID-nommer (soos hierbo genoem is) bevat nie, sal nie aanvaar word nie. |
s-696
| Indien die laaste dag vir betaling op 'n openbare vakansiedag of oor die naweek val, moet betaling op die laaste werksdag voor die openbare vakansiedag of naweek geskied. |
s-697
| Meer inligting is op die SAID-webwerf, www.sars.gov.za, te kry. |
s-698
| IRP 6-opgawes vir die eerste periode moet ingehandig word al toon jou berekeninge dat jy geen voorlopige belasting hoef te betaal nie. |
s-699
| As die eerste voorlopige belastingbetaling gebaseer is op 'n beraamde belasbare inkomste wat minder as die basiese bedrag is, moet 'n versoek en motivering aangeheg word. |
s-700
| Op die IRP 6-opgawe vir die eerste periode is daar nou ruimte waar jy so 'n versoek moet motiveer. |
s-701
| Indien die SAID nie tevrede is nie, kan hulle 'n hersiene beraming aanvra. |