Dependency Tree

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Parttrain

Select a sentence

Showing 402 - 501 of 1315 • previousnext

s-402 Kommunikasie- kommunikeer gepas en doeltreffend in 'n verskeidenheid sosiale kontekste.
s-403 Opvoedkundig- ontwikkel instrumente vir dink en redeneer en verkry toegang tot inligting.
s-404 Esteties- gaan skeppend en met verbeelding om met mondelinge, visuele en geskrewe tekste.
s-405 Kultureel- toon begrip en waardering vir tale en kulture, asook vir die erfeniswaarde wat dit oordra.
s-406 Polities- wees handhawend en bevraagteken ander; oorreed ander van 'n spesifieke standpunt; posisioneer self en ander; handhaaf, ontwikkel en transformeer identiteit.
s-407 Krities- verstaan die verband tussen taal, mag en identiteit en bevraagteken die gebruike daarvan waar nodig; verstaan die dinamiese aard van kultuur; weerstaan, waar nodig, oorreding en posisionering.
s-408 Hoe dra die Tale-leerarea tot die kurrikulum by?
s-409 Dit ontwikkel lees en skryf, wat die grondslag vir alle ander belangrike geletterdheidsvorme vorm.
s-410 Dit is die medium waardeur 'n groot deel van ander leer in die kurrikulum plaasvind, soos in wiskunde en die sosiale wetenskappe.
s-411 Dit moedig interkulturele begrip, toegang tot ander perspektiewe en 'n kritiese begrip van die konsep kultuur aan.
s-412 Dit stimuleer verbeeldings- en skeppende aktiwiteite en bevorder sodoende die doelwitte van kuns en kultuur.
s-413 Dit voorsien 'n manier van inligtingsoordrag en bevorder verskeie doelwitte van wetenskap-, tegnologie- en omgewingsopvoeding.
s-414 Dit ontwikkel die kritiese bevoegdhede nodig om verantwoordelike burgers te word.
s-415 Die eerste vier leeruitkomste dek vyf verskillende taalvaardighede (luister, praat, lees, kyk en skryf).
s-416 Leeruitkoms 5 hou verband met die gebruik van taal vir dink en redeneer, wat veral belangrik vir die taal van leer en onderrig is.
s-417 Hierdie leeruitkoms is nie in die kurrikulum vir tweede addisionele tale ingesluit nie, aangesien dit die doel van hierdie leeruitkoms is om leerders voor te berei om dit as die taal van leer en onderrig te gebruik.
s-418 Leeruitkoms 6 hou verband met die kern van taal- klanke, woorde en grammatika- in tekste.
s-419 Hierdie kennis word deur die taalvaardighede wat in die ander leeruitkomste beskryf word, toegepas.
s-420 Hierdie leeruitkomste is geskryf om op spesifieke soorte kennis en vaardighede te fokus, asook om dit duidelik en toeganklik te maak.
s-421 Wanneer ons taal gebruik, integreer ons egter kennis, vaardighede en waardes om ons uit te druk.
s-422 Die integrasie van hierdie taalaspekte deur die skep en interpretasie van tekste is dus 'n sentrale beginsel van die Tale-leerareaverklaring.
s-423 Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne 'n wye verskeidenheid situasies te reageer.
s-424 Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
s-425 Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
s-426 Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid doeleindes te gebruik.
s-427 Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
s-428 Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
s-429 Luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer, en kennis van klanke, woorde en grammatika behoort, alhoewel dit as aparte leeruitkomste aangebied word, tydens onderrig en assessering geïntegreer te word.
s-430 Om in staat te wees om tekste te skep en te interpreteer, benodig leerders kennis van taal, kennis van tekste, asook taalvaardighede en -strategieë.
s-431 Alle tekste dra waardes oor wat positief (bv. demokraties) of negatief (bv. seksisties, rassisties) kan wees.
s-432 Hierdie waardes is nie altyd ooglopend nie.
s-433 Leerders behoort bewus van en krities te wees oor waardes in die tekste wat hulle lees, waarna hulle kyk en wat hulle self skep.
s-434 Taalleer kan ook deur temas geïntegreer word.
s-435 Die gebruik van 'n tema laat die leerder toe om woordeskat wat by die onderwerp aansluit, op te bou.
s-436 Vind 'n balans tussen onderwerpe en temas wat meisies en seuns en plattelandse en stedelike leerders interesseer, en temas wat hierdie verdelings oorbrug en leerders verenig.
s-437 Kies onderwerpe wat relevant tot leerders se lewens is en hulle tog verby dit wat hulle reeds weet, neem.
s-438 Hulle kan byvoorbeeld van ander lande en kulture leer.
s-439 Kies temas en onderwerpe wat by die kritieke uitkomste en die ontwikkelingsuitkomste aansluit.
s-440 Leerders behoort byvoorbeeld 'n bewustheid te ontwikkel van belangrike menseregte- en omgewingskwessies, soos armoede, MIV / VIGS, die reg op grond, en verbruikersdruk.
s-441 Taal is 'n belangrike instrument om begrip van menseregte en omgewingsgeregtigheid te ontwikkel.
s-442 Deur die assesseringstandaarde wil die Tale-leerareaverklaring hierdie instrument tot sy volle potensiaal ontwikkel.
s-443 Leerders behoort vrymoedige tweetaliges (of veeltaliges) te word wat die kritiese instrumente het om hul wêreld en die mondelinge en geskrewe tekste daaroor te lees.
s-444 Hulle behoort in staat te wees om hierdie tekste op maniere wat moontlikhede ten opsigte van sowel menseregte as omgewingsgeregtigheid verbreed, te 'herskryf'.
s-445 Die assesseringsraamwerk vir die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) is op die beginsels van uitkomsgebaseerde onderwys gegrond.
s-446 Assessering moet op die doeltreffendste wyse moontlik 'n aanduiding van leerderprestasie verskaf en moet verseker dat leerders kennis en vaardighede integreer en toepas.
s-447 Assessering moet leerders ook help om hul eie prestasie te evalueer, om doelwitte vir vordering te stel en dit behoort verdere leer aan te moedig.
s-448 Assesseringstandaarde beskryf die vlak waarop leerders hul bereiking van die leeruitkoms(te) moet toon, asook die manier (diepte en breedte) waarop hulle hul prestasie moet toon.
s-449 Assessering in die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) is 'n deurlopende en beplande proses van inligtingversameling oor leerderprestasie soos teen die assesseringstandaarde van die leeruitkomste gemeet.
s-450 Dit vereis duidelik gedefinieerde kriteria en 'n verskeidenheid gepaste strategieë om onderwysers in staat te stel om opbouende terugvoering aan leerders te gee en om aan ouers en ander belangstellendes verslag te doen.
s-451 Uitkomsgebaseerde onderwys is 'n manier van onderrig en leer wat duidelik maak wat daar van leerders verwag word om te behaal.
s-452 Die beginsels waarvolgens dit werk, is dat die onderwyser voor onderrig plaasvind, bepaal en noem wat leerders verwag word om te bereik.
s-453 Dit is die onderwyser se taak om te onderrig ten einde leerders te help om aan die vereistes vir die assesseringstandaarde in die kurrikulum te voldoen; die leerders se taak is om dit wat die assesseringstandaarde bepaal, te leer of te doen.
s-454 Assessering is noodsaaklik in uitkomsgebaseerde onderwys, want dit is nodig om te assesseer wanneer 'n leerder dit wat in elke graad vereis word, bereik het.
s-455 Die hoofdoel met die assessering van leerders is om hulle individueel te laat groei en ontwikkel, om leerders se vordering te monitor en om hul leer te fasiliteer.
s-456 Grondlynassessering word gewoonlik aan die begin van 'n graad of fase gebruik om vas te stel wat leerders reeds weet.
s-457 Dit stel onderwysers in staat om leerprogramme en leeraktiwiteite te beplan.
s-458 Diagnostiese assessering word gebruik om vas te stel wat die aard en oorsaak van spesifieke leerders se leerstruikelblokke is.
s-459 Dit word opgevolg deur gepaste strategieë vir ondersteuning of tussentrede.
s-460 Formatiewe assessering monitor en ondersteun die leer- en onderrigproses en word gebruik om onderwysers en leerders oor 'n leerder se vordering in te lig ten einde leer te verbeter.
s-461 Opbouende terugvoering word gegee om leerders in staat stel om te groei.
s-462 Sommerende assessering gee 'n geheelbeeld van 'n leerder se vordering op 'n gegewe tydstip, soos aan die einde van 'n kwartaal of jaar of wanneer 'n leerder na 'n ander skool gaan.
s-463 Sistemiese assessering is 'n manier om die gepastheid van die onderwysstelsel te evalueer.
s-464 Een komponent hiervan is die assessering van leerderprestasie ten opsigte van nasionale aanduiders.
s-465 Sistemiese assessering word aan die einde van elke fase van die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband uitgevoer.
s-466 'n Verteenwoordigende steekproef skole en leerders word provinsiaal of nasionaal vir sistemiese assessering gekies.
s-467 Deurlopende assessering is die belangrikste metode waarvolgens assessering in die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring plaasvind.
s-468 Metodes van terugvoering sluit in: gepaste vraagstelling, mondelinge of skriftelike kommentaar deur die onderwyser wat fokus op dit wat deur 'n assesseringsaktiwiteit bereik moes word, en aanmoediging van leerders.
s-469 Bevoegdheid in spesifieke leeruitkomste kan op talle verskillende maniere getoon word; dus moet 'n verskeidenheid assesseringsmetodes en geleenthede waartydens leerders hul vermoë kan toon, gebruik en verskaf word.
s-470 Leerders het almal hul eie leerstyl en leer teen hul eie tempo.
s-471 Alle leerders hoef nie terselfdertyd en op dieselfde manier geassesseer te word nie.
s-472 Sommerende assessering moet van die begin van die jaar sorgvuldig beplan word ten einde 'n verskeidenheid assessering-strategieë in te sluit- byvoorbeeld oefeninge, take, projekte, skool- en klastoetse- wat aan leerders 'n verskeidenheid geleenthede sal verskaf om te wys wat hulle geleer het.
s-473 Die keuse van watter assesseringstrategieë om te gebruik, is subjektief en uniek aan elke onderwyser, graad en skool.
s-474 Dit hang ook af van die onderwyser se professionele oordeel.
s-475 Die beskikbaarheid van ruimte en hulpmiddels beïnvloed hierdie besluit, maar selfs wanneer eenderse hulpmiddels beskikbaar is, verskil die manier waarop onderwysers keuses maak.
s-476 Metodes wat vir assesseringsaktiwiteite gekies word, moet gepas wees vir die assesseringstandaarde wat geassesseer word.
s-477 Al die betrokke leerders en onderwysers moet ook die doel van die assessering duidelik verstaan.
s-478 Bevoegdheid kan op verskeie maniere getoon word.
s-479 'n Verskeidenheid metodes is dus nodig om aan leerders geleentheid te bied om hul vaardighede ten volle te demonstreer.
s-480 Algemene Assesseringstake word op provinsiale, distriks- of groeperingsvlak gestel.
s-481 Dit word deur onderwysers geassesseer en ekstern gemodereer.
s-482 Die skool en die onderwysers het die oorkoepelende verantwoordelikheid vir die assessering van leerders.
s-483 Daar word van onderwysers verwag om 'n geldige, betroubare en geloofwaardige assesseringsproses te skep.
s-484 Provinsiale beleid behoort die betrokkenheid van leerders, skoolassesseringspanne, distrikshulpdienste en ouers, soos gepas, te verseker.
s-485 Elke skool moet 'n assesseringsprogram gegrond op provinsiale en nasionale riglyne ontwikkel.
s-486 Skole moet 'n skoolassesseringsplan en 'n span om die implementering van hierdie program te fasiliteer.
s-487 Die span behoort verteenwoordigers van elke fase en leerarea daarin te .
s-488 Goeie verslag- of rekordhouding is noodsaaklik in alle assessering, veral in deurlopende assessering.
s-489 'n Verslagboek of -lêer moet deur elke onderwyser gehou word.
s-490 Alle rekords moet toeganklik wees, maklik wees om te interpreteer, veilig bewaar word, vertroulik wees en nuttig in die onderrig- en rapporteringsproses wees.
s-491 Die skoolassesseringsprogram bepaal die besonderhede van hoe verslagboeke ingevul moet word.
s-492 Die assesseringskodes word gebruik om aan te dui hoe die leerder in terme van die leeruitkomste presteer.
s-493 Die kodes wat gebruik word, moet duidelik en verstaanbaar vir leerders en ouers wees.
s-494 Daar bestaan talle maniere waarop terugvoering oor assessering aan leerders gegee kan word en deur onderwysers opgeteken kan word.
s-495 Sommige assesseringskodes is meer gepas vir sekere doeleindes as ander.
s-496 Skriftelike kommentaar kan byvoorbeeld besonderhede verskaf, persoonlik wees en voorstelle vir verbetering verskaf.
s-497 Dit is ook nuttig vir rapportering oor leerderprestasie ten opsigte van assesseringstandaarde.
s-498 Dit neem egter lank om kommentaar te skryf en is nie baie maklik om op te teken nie.
s-499 Kodes soos 'Uitstekend', 'Baie goed', 'Goed', 'Bevoeg' en 'Onvoldoende' is veel vinniger om te skryf en maak dit moontlik om prestasie met vorige werk te vergelyk en volgens assesseringstandaarde te assesseer.
s-500 Hierdie kodes verskaf egter nie die besonderhede wat skriftelike kommentaar moontlik maak nie.
s-501 Punte kan weer vinnig opgeteken word en opgetel, vermenigvuldig en gedeel word.

Text viewDownload CoNNL-U