s-302
| Om magtiging te verkry dat die vaartuig aan visvangs mag deelneem, moet die aansoeker 'n aansoekvorm vir 'n visvangspermit invul ooreenkomstig die sektor waarin die vaartuig vir visvangs gebruik gaan word. |
s-303
| Indien die aansoeker voorsien dat die vaartuig tydens die huurtermyn dalk ook in die diepsee sal visvang, moet 'n hy ook 'n aansoekvorm vir 'n diepsee-lisensie invul. |
s-304
| Die program vir die Herverdeling van Grond vir Landbou-ontwikkeling (LRAD) is daarop gemik om voorheen benadeelde persone uit die swart, kleurling- en Indiërgemeenskap te help om grond of landbou-implemente spesifiek vir landboudoeleindes aan te koop. |
s-305
| Suksesvolle boere wat hulle bedrywighede wil uitbrei, mag om bykomende toekennings aansoek doen, maar die totale bedrag aan LRAD-toekennings mag nie R100 000 oorskry nie. |
s-306
| As jy bykomende kapitaal nodig het om 'n landbouprojek te begin of uit te brei, moet jy by 'n bank aansoek doen. |
s-307
| Identifiseer die grond wat jy wil aankoop, tensy jy reeds toegang tot grond het, byvoorbeeld landbougrond. |
s-308
| Nader die Departement van Grondsake of jou plaaslike landbouvoorligtingsbeampte om vir die toekenning aansoek te doen. |
s-309
| 'n Waardasieverslag. |
s-310
| Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996) verskaf die grondslag vir die transformasie en ontwikkeling van die kurrikulum in Suid-Afrika. |
s-311
| Heel die verdelings van die verlede en skep 'n samelewing gegrond op demokratiese waardes, sosiale geregtigheid en fundamentele menseregte. |
s-312
| Lê die grondslag vir 'n demokratiese en oop samelewing waarin regering op die wil van die bevolking gegrondves is en elke burger gelyk deur die reg beskerm word. |
s-313
| Verhoog die lewensgehalte van alle burgers en ontsluit die potensiaal van elke mens. |
s-314
| Bou 'n verenigde en demokratiese Suid-Afrika wat sy regmatige plek as 'n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem. |
s-315
| Onderwys en die kurrikulum speel 'n belangrike rol in die verwesenliking van hierdie doelwitte. |
s-316
| Die kurrikulum is daarop gerig om die volle potensiaal van elke leerder as burger van 'n demokratiese Suid-Afrika te ontwikkel. |
s-317
| Uitkomsgebaseerde onderwys vorm die grondslag vir die kurrikulum in Suid-Afrika. |
s-318
| Dit strewe daarna om alle leerders in staat te stel om tot hul maksimum vermoë te presteer. |
s-319
| Dit word gedoen deur die uitkomste wat aan die einde van die proses bereik moet word, uiteen te sit. |
s-320
| Die uitkomste beklemtoon 'n leerdergerigte en aktiwiteits-gebaseerde benadering tot onderwys. |
s-321
| Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring bou die leeruitkomste vir die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband vir graad R-9 (vir skole) op die kritieke en ontwikkelingsuitkomste wat deur die Grondwet geïnspireer is en in 'n demokratiese proses ontwikkel is. |
s-322
| Identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe denke. |
s-323
| Werk doeltreffend saam met ander as lede van 'n span, groep, organisasie en gemeenskap. |
s-324
| Organiseer en bestuur hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend. |
s-325
| Versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities. |
s-326
| Kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en / of taalvaardighede in verskillende vorme. |
s-327
| Gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon. |
s-328
| Begryp dat die wêreld 'n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie. |
s-329
| Dink na oor en ondersoek 'n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer. |
s-330
| Neem as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel. |
s-331
| Is kultureel en esteties sensitief in verskeie sosiale kontekste. |
s-332
| Ondersoek opleidings- en beroepsmoontlikhede. |
s-333
| Ontwikkel entrepreneursgeleenthede. |
s-334
| Vraagstukke soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, ouderdom, gestremdheid en uitdagings soos MIV / VIGS beïnvloed die graad waartoe en die manier waarop leerders aan skoling kan deelneem. |
s-335
| Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) volg 'n inklusiewe benadering deur minimum vereistes vir alle leerders te spesifiseer. |
s-336
| Al die leerareaverklarings probeer om 'n bewustheid van die verband tussen sosiale geregtigheid, menseregte, 'n gesonde omgewing en inklusiwiteit te skep. |
s-337
| Leerders word ook aangemoedig om kennis van en begrip vir die ryk diversiteit van hierdie land, insluitend die kulturele, godsdienstige en etniese komponente van hierdie diversiteit, te ontwikkel. |
s-338
| Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. |
s-339
| Elke leerareaverklaring identifiseer die hoofleeruitkomste wat teen die einde van graad 9 bereik moet word. |
s-340
| Elke leerareaverklaring spesifiseer ook die assesseringstandaarde wat dit moontlik sal maak om die leeruitkomste te bereik. |
s-341
| Assesseringstandaarde word vir elke graad omskryf en beskryf die diepte en wydte van wat leerders behoort te weet en waartoe hulle in staat moet wees. |
s-342
| Elke leerareaverklaring se assesseringstandaarde toon hoe konseptuele en vaardigheidsontwikkeling oor tyd heen kan plaasvind. |
s-343
| Assesseringstandaarde kan sowel binne grade as oor grade heen geïntegreer word. |
s-344
| Die bereiking van 'n optimale verhouding tussen integrasie oor leerareas heen (waar nodig en opvoedkundig korrek) en konseptuele progressie is sentraal tot hierdie kurrikulum. |
s-345
| Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is gerig op die bevordering van sowel toewyding as bevoegdheid onder onderwysers, wat verantwoordelik vir die ontwikkeling van hul eie leerprogramme sal wees. |
s-346
| Ten einde hierdie proses te steun, sal die Departement van Onderwys beleidsriglyne wat op elke leerareaverklaring gebaseer is, verskaf. |
s-347
| Provinsies sal, waar nodig, verdere riglyne ontwikkel ten einde voorsiening vir diversiteit te maak. |
s-348
| Die onderliggende beginsels en waardes van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring se leerareaverklarings is ook onderliggend aan die leerprogramme. |
s-349
| Terwyl die leerareas die begrippe, vaardighede en waardes stipuleer wat per graad bereik moet word, spesifiseer leerprogramme die omvang van leer- en assesseringsaktiwiteite per fase. |
s-350
| Leerprogramme bevat ook werkskedules wat die tempo en orde van hierdie aktiwiteite vir elke jaar verskaf, asook voorbeelde van lesplanne wat in enige gegewe tydperk geïmplementeer kan word. |
s-351
| In die Grondslagfase is daar drie leerprogramme: Geletterdheid, Gesyferdheid en Lewensvaardighede. |
s-352
| In die Intermediêre Fase is Tale en Wiskunde afsonderlike leerprogramme. |
s-353
| Leerprogramme moet verseker dat die voorgeskrewe uitkomste vir elke leerarea doeltreffend en volledig gedek word. |
s-354
| Skole kan, na aanleiding van hul organisatoriese vereistes, op die aantal en aard van ander leerprogramme in die Intermediêre Fase besluit, mits die nasionale prioriteite en ontwikkelingsbehoeftes van leerders in 'n fase in ag geneem word. |
s-355
| In die Senior Fase is daar agt leerprogramme gebaseer op die leerareaverklarings. |
s-356
| Kragtens die Wet op die Indiensneming van Opvoeders (1998), sal die formele skooldag vir opvoeders sewe uur wees. |
s-357
| Kragtens die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (1996), is die formele onderrigtyd per week 35 uur. |
s-358
| Staatskoerant nr. 23406, Vol. 443, Mei 2002, bladsy 26 en 27. |
s-359
| Elke leerareaverklaring bevat 'n omvattende afdeling oor assessering. |
s-360
| 'n Uitkomsgebaseerde raamwerk gebruik assesseringsmetodes wat uiteenlopende kontekstuele faktore omvat. |
s-361
| Assessering behoort doeltreffende aanduidings van leerderprestasie te verskaf en behoort te verseker dat leerders kennis en vaardighede integreer en toepas. |
s-362
| Assessering behoort leerders ook te help om hul eie prestasievlak te evalueer, om doelwitte vir vordering te stel en om verdere leer aan te moedig. |
s-363
| Alle onderwysers en ander opvoeders lewer 'n kernbydrae tot die transformasie van onderwys in Suid-Afrika. |
s-364
| Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) stel onderwysers in die vooruitsig wat gekwalifiseer, bekwaam, toegewyd en deernisvol is. |
s-365
| Hulle sal in staat wees om die verskeie rolle wat in die Norme en Standaarde vir Opvoeders beskryf word, te vervul. |
s-366
| Hiervolgens word onderwysers as fasiliteerders van leer, vertolkers en ontwerpers van leerprogramme en leerstof, leiers, administrateurs en bestuurders, vakkundiges, navorsers en lewenslange leerders, gemeenskapslede, burgers en beraders, assessors en deskundiges van leerareas of leerfases beskou. |
s-367
| Die bevordering van waardes is nie slegs belangrik vir persoonlike ontwikkeling nie, maar ook om te verseker dat 'n nasionale Suid-Afrikaanse identiteit gebou word op waardes wat verskillend is van dié wat apartheidsonderwys onderlê het. |
s-368
| Die soort leerder wat in die vooruitsig gestel word, is een wat met hierdie waardes besiel sal wees en wat in die belange van 'n samelewing gegrond op agting vir demokrasie, gelykheid, menswaardigheid, lewe en sosiale geregtigheid sal optree. |
s-369
| Die kurrikulum stel in die vooruitsig 'n lewenslange leerder wat vrymoedig en onafhanklik, geletterd, gesyferd, veelvaardig en deernisvol is, met respek vir die omgewing en met die vermoë om as 'n kritiese en aktiewe burger aan die samelewing deel te neem. |
s-370
| Die leerareaverklaring vir elke amptelike taal verskyn in drie afsonderlike dele: Huistaal, Eerste Addisionele Taal en Tweede Addisionele Taal. |
s-371
| In 'n veeltalige land soos Suid-Afrika is dit belangrik dat leerders 'n hoë taalbevoegdheidsvlak in minstens twee tale bereik en dat hulle in staat is om in ander tale te kommunikeer. |
s-372
| Die Tale-leerarea volg die Departement van Onderwys se taal-in-onderwys-beleid. |
s-373
| Hierdie beleid gee aan skoolbeheerrade die verantwoordelikheid om 'n taalbeleid vir skole te kies wat gepas vir hul omstandighede is en wat by die beleid van toevoegende veeltaligheid aansluit. |
s-374
| Die Tale-leerareaverklaring verskaf 'n kurrikulum wat ondersteunend is van watter besluit 'n skool ook al neem. |
s-375
| Alle leerders leer hul huistaal en minstens een addisionele amptelike taal. |
s-376
| Leerders raak bevoeg in 'n addisionele taal, terwyl hul huistaal gebruik en ontwikkel word. |
s-377
| Alle leerders leer 'n Afrika-taal vir minstens ses jaar teen die einde van die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband. |
s-378
| In sommige omstandighede kan dit as 'n tweede addisionele taal geleer word. |
s-379
| Die huistaal-assesseringstandaarde veronderstel dat leerders wat skool begin, die taal kan verstaan en kan praat. |
s-380
| Dit ondersteun die ontwikkeling van hierdie bevoegdheid, veral ten opsigte van verskillende soorte geletterdheid (lees-, skryf-, visuele en kritiese geletterdheid). |
s-381
| Dit verskaf 'n sterk kurrikulum om die taal van onderrig en leer (TOL) te ondersteun. |
s-382
| Die eerste addisionele taal veronderstel dat leerders nie noodwendig enige kennis van die taal het wanneer hulle skool begin nie. |
s-383
| Die kurrikulum begin deur leerders se vermoë om die taal te verstaan en te praat, te ontwikkel. |
s-384
| Op hierdie fondament word geletterdheid gebou. |
s-385
| Leerders is in staat om die geletterdhede wat hulle in hul huistaal verwerf het, na die eerste addisionele taal oor te dra. |
s-386
| Die kurrikulum verskaf sterk ondersteuning aan leerders wat hul eerste addisionele taal in die een of ander stadium tydens die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband as onderrigtaal sal gebruik. |
s-387
| Teen die einde van graad 9 behoort hierdie leerders hul huis- en eerste addisionele taal doeltreffend en vrymoedig vir verskeie doeleindes, asook vir leer, te gebruik. |
s-388
| Die tweede addisionele taal is bedoel vir leerders wat drie tale wil leer. |
s-389
| Die derde taal kan 'n amptelike of 'n vreemde taal wees. |
s-390
| Die assesseringstandaarde verseker dat leerders in staat is om die taal vir algemene kommunikatiewe doeleindes te gebruik. |
s-391
| Daar word veronderstel dat minder tyd aan die leer van die tweede addisionele taal as aan die huistaal of eerste addisionele taal toegeken sal word. |
s-392
| Daar word aanbeveel dat leerders se huistaal so ver moontlik vir die doel van leer en onderrig gebruik word. |
s-393
| Dit is veral belangrik in die Grondslagfase wanneer kinders leer lees en skryf. |
s-394
| Die addisionele taal behoort so vroeg moontlik as vak bekendgestel te word. |
s-395
| Die huistaal behoort so lank moontlik saam met die addisionele taal gebruik te word. |
s-396
| Indien 'n leerder by 'n skool inskryf waar die taal van onderrig en leer 'n addisionele taal vir die leerder is, behoort onderwysers en die skool voorsiening te maak vir spesiale ondersteuning en addisionele leer in die addisionele taal, totdat dit vir die leerder moontlik is om doeltreffend in die onderrigtaal te leer. |
s-397
| Taal is sentraal in ons lewens. |
s-398
| Ons kommunikeer en verstaan ons wêreld deur taal. |
s-399
| Taal vorm dus ons identiteit en ons kennis. |
s-400
| Tale het 'n aantal belangrike doelwitte wat in die Tale-leerareaverklaring weerspieël word. |
s-401
| Persoonlik- ontwikkel en handhaaf identiteit; handhaaf hegte verhoudings binne gesins-, familie- en gemeenskapsverband; vir persoonlike ontwikkeling en genot. |