Dependency Tree

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Parttrain

Select a sentence

Showing 201 - 300 of 1315 • previousnext

s-201 Geen spesie wat deur die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora gelys is, mag ingevoer word nie.
s-202 As 'n uitvoerpermit vir die perlemoenspesie aan jou uitgereik is, moet jy ook vir elke besending perlemoen 'n CITES-sertifikaat .
s-203 Vir elke uitvoerpermit wat vir grootoog-tuna, suidelike blouvin-tuna, swaardvis, Antarktiese tandvis en Patagoniese tandvis uitgereik is, moet jy vir elke besending ook die betrokke vangsstatistiek-dokument .
s-204 Vangsstatistiek-dokumente is by die Departement Omgewingsake en Toerisme, Tak: Mariene en Kusbestuur, Direktoraat Kus- en Diepseevisserybestuur te kry.
s-205 Doen om 'n uitvoerpermit aansoek.
s-206 Kry 'n uitvoer-aansoekvorm en die CITES-aansoekvorm by die Mariene- en Kusbestuurskantoor (die kontakbesonderhede verskyn onder), of by 'n takkantoor van die Departement van Omgewingsake en Toerisme, of laai die vorms van http://www.mcm-deat.gov.za af.
s-207 Lees die aansoekvorm noukeurig deur en sorg dat jy aan al die aansoekvereistes en -voorwaardes voldoen.
s-208 Stel jou naaste tak van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde van jou uitvoerbesending in kennis as die vis wat jy wil uitvoer nie vars is nie en nie vir menslike verbruik bedoel is nie.
s-209 As die vis wel vars en vir menslike verbruik bedoel is, moet jy die Hawegesondheid in kennis stel.
s-210 Jy moet 'n aansoekfooi van R225 (BTW ingesluit) betaal.
s-211 Vul die aansoekvorm om 'n uitvoerpermit in, onderteken dit en pos dit saam met die nodige dokumente aan die kantoor van Mariene en Kusbestuur (die adres verskyn onder).
s-212 Die oorspronklike aansoek moet gepos word, anders sal 'n permit nie uitgereik word nie.
s-213 Om vis op kommersiële grondslag in te voer, beteken dat jy aan aktiwiteite soos die invoer van seewatervis vir handelsdoeleindes deelneem.
s-214 Om seewatervis te mag invoer, moet jy aansoek doen om 'n invoerpermit, wat deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme of die gedelegeerde gesagsowerheid toegeken word.
s-215 Niemand mag seewatervis sonder 'n permit invoer nie.
s-216 Wanneer die bestaande invoerpermit verval, moet jy om 'n nuwe invoerpermit aansoek doen.
s-217 Versuim om die permitvoorwaardes na te kom, kan tot opheffing of kansellasie van jou permit lei.
s-218 NB: Hierdie invoerpermit sluit varswatervis uit, want dit word deur die Departement van Landbou geadministreer.
s-219 'n Aansoek om 'n invoerpermit vir lewende varswatervis of tropiese vis moet by die Departement van Landbou ingedien word.
s-220 Geen spesie wat deur die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora (CITES) gelys is, mag ingevoer word nie.
s-221 'n Invoerpermit vir die vang van enige perlemoen, kreef en ander spesie wat uiteengesit is in Bylae 4, 5 & 12 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, Wet 18 van 1998 (MLRA) sal vir elke besending geldig wees (3 weke vanaf die datum van uitreiking).
s-222 Slegs bevrore heel krap (of stukke krap) wat wat elk 600 g of meer weeg, en hoogstens 25 ton daarvan, mag (jaarliks) ingevoer word.
s-223 Lewende krap mag glad nie ingevoer word nie.
s-224 Bekom 'n aansoekvorm deur 'n versoek aan Mariene- en Kusbestuur se bestuurskantoor te rig (die kontakbesonderhede verskyn onder), of kry 'n vorm by die Departement van Omgewingsake en Toerisme se takkantoor, of laai 'n vorm by http://www.mcm-deat.gov.za af.
s-225 Lees die aansoekvorm noukeurig deur om seker te maak dat jy aan al die aansoekvereistes en -voorwaardes voldoen.
s-226 As die vis wat jy gaan invoer nie vars is nie en nie vir menslike gebruik bedoel is nie, moet jy jou naaste tak van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde daarvan in kennis stel.
s-227 Vul jou aansoekvorm in, onderteken dit en pos dit saam met die nodige ondersteunende dokumente aan Mariene- en Kustebestuur se bestuurskantoor (die adres verskyn onderaan).
s-228 Die oorspronklike aansoek moet gepos word, anders sal 'n permit nie uitgereik word nie.
s-229 Jy moet 'n aansoekfooi van R225 (BTW ingesluit) betaal (die bankbesonderhede verskyn onderaan).
s-230 Jy kan vra dat die onderhoudsbedrag wat betaal word, verander moet word, hetsy omdat dit onvoldoende geword het of omdat jy nie langer kan bekostig om die huidige bedrag aan onderhoud te betaal nie.
s-231 Kry meer inligting by die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling.
s-232 Doen aansoek by die landdroshof in die distrik waar die persoon woon wat onderhoud betaal.
s-233 Vul die toepaslike aansoekvorm in en stuur dit saam met 'n inkomste-en-uitgawestaat aan die onderhoudsbeampte.
s-234 Doen aansoek om wysiging van die bevel by die landdroskantoor in die distrik waar die persoon woon aan wie jy onderhoud betaal.
s-235 Vul die toepaslike vorm in en stuur dit aan die onderhoudsbeampte.
s-236 'n Volledige inkomste-en-uitgawestaat, asook 'n verklaring waarin die redes vir die aansoek uiteengesit word, moet aan die onderhoudsbeampte gestuur word ongeag of jy die persoon is wat onderhoud ontvang en of jy die persoon is wat onderhoud betaal.
s-237 Dieselfde prosedure as wanneer 'n onderhoudseis vir die eerste keer ingestel word, sal nou gevolg word.
s-238 Jy sal as 'n gelyke behandel word, met waardigheid, respek en menslikheid.
s-239 Jou aansoek sal so gou en doeltreffend as moontlik hanteer word.
s-240 Jy kan enige klagte aanhangig maak by die onderhoudsondersoekbeampte; die onderhoudsbeampte; die bestuurder van die hof; die Streekshoof: Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, of die Sentrum vir Uitnemende Diens; die Nasionale Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se Onderhoudsprojek; of by die Direktoraat: Geslagsake.
s-241 Tensy die balju vra vir 'n voorskot ten einde 'n eksekusiebevel vir onderhoud uit te voer, sal daar min of geen koste wees nie.
s-242 Aangesien die registrasie van 'n maatskappy met aandelekapitaal ingewikkeld is, word aansoekers aangeraai om die dienste van 'n prokureur daarvoor te bekom.
s-243 Die akte van oprigting en statute van 'n maatskappy moet spesiaal opgestel en aangepas word om by die maatskappy met aandelekapitaal te pas en dit moet deur 'n notaris, wat 'n professionele regspraktisyn is, gesertifiseer word.
s-244 'n Openbare maatskappy kan Tabel A op die aansoekvorm volledig aanvaar of dit laat aanpas met dien verstande dat dit steeds aan die vereistes van die Maatskappywet, 1973 voldoen.
s-245 'n Privaat maatskappy kan Tabel B op die aansoekvorm volledig aanvaar of dit laat aanpas met dien verstande dat dit steeds aan die vereistes van die Maatskappywet, 1973 voldoen.
s-246 Tree met die Companies and Intellectual Property Registration Office in verbinding.
s-247 Doen aansoek om 'n naam te reserveer deur vorm CM5 voor te - Aansoek om die reservering van 'n naam.
s-248 Die vorm is by die Departement van Handel en Nywerheid te kry.
s-249 Vul vorm CM29 in- Inhoud van register van direkteure, ouditeure en amptenare.
s-250 Die vorm is by die Departement van Handel en Nywerheid te kry.
s-251 Elke direkteur van die maatskappy moet een kopie van vorm CM47 invul.
s-252 Die vorm is by die Departement van Handel en Nywerheid te kry.
s-253 Vul vorm CM31 in om toestemming te gee dat 'n persoon as ouditeur mag optree.
s-254 Die vorm is by die Departement van Handel en Nywerheid te kry.
s-255 Vul vorm CM44 in- Akte van oprigting van 'n maatskappy met aandelekapitaal wat skedule 1 aanneem- invul.
s-256 Verleen formeel prokurasie (volmag) aan die prokureur, deur te verklaar dat jy hom of haar magtig om namens jou op te tree.
s-257 Dit is die dokument wat deur die Registrateur van Maatskappye onderteken en gestempel word sodra al die meegaande dokumente (wat hierbo gelys is) nagegaan en gefinaliseer is.
s-258 Akte van oprigting plus CM2A, CM2B en CM2C indien daar meer as een aandeelhouer is, of CM2D indien daar net een aandeelhouer is.
s-259 Die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike, 1998 het op 15 November 2000 in werking getree.
s-260 Indien jy voor daardie datum volgens die gewoontereg reeds in 'n erkende huwelik was, word jou huwelik volgens die nuwe wet erken.
s-261 Indien 'n man reeds meer as een vrou het, word al die huwelike volgens die nuwe wet erken.
s-262 Die Wet erken ook huwelike wat na hierdie datum volgens die gewoontereg voltrek is en stipuleer die reëls vir mense wat ingevolge die gewoontereg trou sodat hulle huwelik erken kan word.
s-263 Albei partye in die huwelik moet ouer as agtien jaar wees.
s-264 Albei partye moet toestem om volgens die gewoontereg te trou.
s-265 Die huwelik moet onderhandel word, gevier word en gesluit word ingevolge die gewoontereg.
s-266 Lobola is nie 'n noodsaaklike voorvereiste vir die geldigheid van 'n huwelik volgens die gewoontereg nie.
s-267 Neem kennis dat hierdie huwelike nog altyd ingevolge die gewoontereg erken is.
s-268 Wanneer moet ek my huwelik registreer?
s-269 Indien jy voor 15 November 2000 ingevolge die gewoontereg getroud is, moet jy jou huwelik by die Departement van Binnelandse Sake registreer.
s-270 Indien jy getroud is nadat die wet in werking getree het, moet jy jou huwelik binne drie maande na die huwelik registreer.
s-271 Huwelike volgens die Gewoontereg en Gemeenskap van Goedere?
s-272 Alle huwelike wat ingevolge die gewoontereg voltrek is nadat die Wet in werking getree het, is binne gemeenskap van goedere.
s-273 Dit beteken dat die man en vrou 'n gelyke aandeel het in bates, geld en eiendom en dit beteken ook dat albei die skuld deel.
s-274 Indien die partye verkies dat hulle huwelik op huweliksvoorwaarde berus moet hulle voor die huwelik 'n huweliksvoorwaardekontrak sluit.
s-275 Indien hulle dit wil verander nadat hulle reeds getroud is, moet hulle by die Hoërhof aansoek doen.
s-276 Ingevolge die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike, 1998 geniet die vrou dieselfde regte en status as die man om te besluit oor wat met die eiendom gebeur.
s-277 Ingevolge die gewoontereg het die vrou nou die handelingsbevoegdheid om 'n kontrak te sluit sonder die bystand van die man.
s-278 Wat gebeur indien my man met 'n ander vrou wil trou?
s-279 Die man moet 'n geskrewe ooreenkoms / kontrak sluit wat uitstippel wat met die eiendom sal gebeur en die man moet by die hof aansoek doen om die geskrewe kontrak goed te keur.
s-280 Die hof moet verseker dat die eiendomsbelange van al die vrouens beskerm word.
s-281 Wat gebeur indien ons 'n burgerlike huwelik wil aangaan nadat ons reeds volgens die gewoontereg getroud is?
s-282 Indien jou man geen ander vroue het nie, kan jy sowel 'n burgerlike huwelik as 'n huwelik volgens die gewoontereg aangaan.
s-283 Nie een van julle twee sal egter huwelike met iemand anders volgens die gewoontereg kan aangaan indien julle reeds volgens die burgerlike reg met mekaar getroud is nie.
s-284 Die man of vrou kan die huwelik registreer by die naaste Departement van Binnelandse Sake.
s-285 Dit is wenslik dat albei huweliksmaats die huwelik gaan registreer om die registrasie te bespoedig.
s-286 Indien jou huweliksmaat egter weier kan jy dit alleen gaan registreer met die nodige bewyse by jou.
s-287 'n Brief of 'n beëdigde verklaring van die tradisionele leier.
s-288 Die aansoek moet by 'n registrasiebeampte of 'n aangewese persoon ingedien word wat jou dan van 'n erkenning van ontvangs van die aansoek moet voorsien in die vorm van Vorm B: Acknowledgement of receipt of application for registration of customary marriage.
s-289 Die registrasiebeampte of aangewese persoon sal die aansoek aanstuur na die naaste streeks- of distrikskantoor van die Departement sodat dit in die bevolkingsregister ingesluit kan word.
s-290 Die registrasiesertifikaat of Vorm C: Customary marriage certificate sal aan jou uitgereik word.
s-291 Hou die sertifikaat in veilige bewaring want dit is belangrik.
s-292 'n Buitelandse visvaartuig is 'n vaartuig wat deur 'n nie-Suid-Afrikaanse burger, dit wil 'n buitelander, besit word en onder 'n ander vlagstaat as die Republiek van Suid-Afrika (RSA) geregistreer is.
s-293 So 'n vaartuig mag slegs onder buitengewone omstandighede deur die houer van 'n Suid-Afrikaanse visvangsreg gehuur of gekontrakteer word om onder die RSA se vlag aan visvangsaktiwiteite binne die eksklusiewe ekonomiese sone (EES) of in internasionale water deel te neem.
s-294 'n Suid-Afrikaanse visvangslisensie sal aan geen buitelandse vaartuig toegestaan word tensy sy visvangs 'n gesamentlike onderneming met die houer van 'n Suid-Afrikaanse visvangsreg verteenwoordig nie.
s-295 Voor jy by visvangs betrokke raak, moet jy met die Departement van Omgewingsake en Toerisme in verbinding om vas te stel of die huur van 'n buitelandse vaartuig in 'n spesifieke visvangsektor toegelaat sal word en om uit te vind watter dokumente nodig is om goedkeuring vir so 'n aansoek te verkry.
s-296 Sodra daar in beginsel steun vir die gebruik van 'n buitelandse vaartuig verleen is, moet jy 'n aansoekvorm vir 'n lisensie vir 'n buitelandse visvaartuig by jou naaste kantoor van die Departement van Omgewingsake en Toerisme (DEA&T-kantoor) Department of Environmental Affairs and Tourism kry.
s-297 Die visvaartuig sal op die eienaar se onkoste 'n seewaardigheidstoets van die Suid-Afrikaanse Gesagsliggaam vir Maritieme Veiligheid ondergaan.
s-298 Alle buitelandse vaartuie moet 'n funksionele INMARSAT C VMS aan boord , wat aan Mariene- en Kusbestuur verslag doen.
s-299 Dit moet deur Mariene- en Kusbestuur se Afdeling VMS-operasies bevestig word.
s-300 Jy moet in jou aansoek aandui in watter visvangsektor en vir hoe lank die vaartuig gebruik gaan word.

Text viewDownload CoNNL-U