s-104
| Raadpleeg die aansoekgids om jou deur die registrasieproses te help. |
s-105
| Die afdeling, Magtiging om aansoek te doen, moet ingevul word deur die persoon (alleeneienaar, direkteur, vennote, lid, trustee of persoon wat die besigheid bestuur) wat aansoek doen om registrasie as 'n invoerder. |
s-106
| Die naam van die applikant of die geregistreerde naam van die besigheid en nie die handelsnaam nie, moet hier ingevul word. |
s-107
| Waar 'n asterisk (*) voorkom, moet jy dit wat nie van toepassing is nie, skrap. |
s-108
| Vul die aansoekvorm in en handig dit in by die naaste SAID-doeane-en-aksynskantoor in. |
s-109
| Die aansoekvorm (DA 185) moet deur die applikant self ingevul word en nie deur 'n derde party nie, anders sal die aansoek nie oorweeg word nie. |
s-110
| Gaan na die Korting-blokkie in die deel Kliënttipes (A) van die Registrasie-gedeelte. |
s-111
| Die Magtiging om aansoek te doen-gedeelte moet deur die applikant (alleeneienaar, direkteur, vennote, lid, trustee of persoon wat enige ander maatskappy bestuur) voltooi word wanneer daar om registrasie as 'n kortinggebruiker aansoek gedoen word. |
s-112
| Die naam van die applikant of die geregistreerde naam van die entiteit, en nie die handelsnaam nie, moet hier ingevul word. |
s-113
| Op al die plekke waar die asterisk (*) voorkom, moet jy skrap wat nie van toepassing is nie. |
s-114
| 'n Beskrywing van die ingevoerde produkte / grondstowwe. |
s-115
| Die applikant moet die aansoekvorm teken. |
s-116
| Dien die ingevulde vorm by die naaste doeane- en aksynskantoor van die SAID in. |
s-117
| Alle misstowwe wat in Suid-Afrika ingevoer, vervaardig, geproduseer of verkoop word, moet geregistreer wees by die Registrateur van Wet 36 van 1947. |
s-118
| Die aansoeker moet 'n regspersoon wees, byvoorbeeld Johan Pieters Citizen wat sake doen as Diepsloot Stud. |
s-119
| 'n Oorsese maatskappy mag nie aansoek doen om registrasie in Suid-Afrika nie. |
s-120
| Slegs 'n plaaslik geregistreerde maatskappy, 'n Suid-Afrikaanse burger of 'n liggaam met regspersoonlikheid wat in Suid-Afrika geregistreer is, mag aansoek doen om die registrasie van misstowwe. |
s-121
| Groep 1-misstowwe is dié wat stikstof, fosfor of kalium as hoofbestanddeel bevat. |
s-122
| Hulle is ook bekend as anorganiese misstowwe. |
s-123
| Die aansoek om registrasie van dierevoer en misstowwe bestaan uit 'n Dekbrief van die registrasiehouer of dié se aangewese verteenwoordiger. |
s-124
| Dien 'n aansoekvorm in vir nuwe aansoeke en wysigings aan 'n bestaande registrasie, insluitende verandering van formulering. |
s-125
| Dien aansoekvorms in duplikaat in en vul die vorms volledig in, sonder om te verwys na vorige aansoeke, bladsynommers of ander produkte (ten minste een afskrif van die aansoekvorms moet 'n oorspronklike handtekening hê. |
s-126
| Die ander afskrif kan 'n fotostaat wees). |
s-127
| Die wetlik aangewese persoon, wat verkieslik die registrateur se kontakpersoon by die maatskappy moet wees, moet die aansoekvorms teken. |
s-128
| Die naam en registrasienommer van die produk moet gebruik word soos wat dit op die registrasiesertifikaat aangedui word. |
s-129
| Enige naamsverandering, hoe klein ookal, sal as 'n wysiging beskou word. |
s-130
| Dien die aansoekvorms by die administrasiekantoor in. |
s-131
| Om aansoeke aan die tegniese raadgewers te oorhandig sal die proses vertraag. |
s-132
| Alle misstowwe wat in Suid-Afrika ingevoer, vervaardig, geproduseer of verkoop word, moet geregistreer wees met die registrateur van Wet 36 van 1947. |
s-133
| Die aansoeker moet 'n regspersoon wees, byvoorbeeld Johan Pieters Citizen wat sake doen as Diepsloot Stud. |
s-134
| 'n Oorsese maatskappy mag nie aansoek doen om registrasie in Suid-Afrika nie. |
s-135
| Slegs 'n plaaslik geregistreerde maatskappy, 'n Suid-Afrikaanse burger of 'n liggaam met regspersoonlikheid wat in Suid-Afrika geregistreer is mag aansoek doen om die registrasie van misstowwe. |
s-136
| Groep 2-misstowwe is dié wat makro- of mikroörganismes as hoofbestanddeel bevat. |
s-137
| Hulle is ook bekend as organiese misstowwe. |
s-138
| Die aansoek om registrasie van dierevoer en misstowwe bestaan uit 'n dekbrief van die registrasiehouer of dié se aangewese verteenwoordiger. |
s-139
| Dien 'n aansoekvorm in vir nuwe aansoeke en wysigings aan 'n bestaande registrasie, insluitende verandering van formulering. |
s-140
| Dien aansoekvorms in duplikaat in en vul die vorms volledig in, sonder om te verwys na vorige aansoeke, bladsynommers of ander produkte (ten minste een afskrif van die aansoekvorms moet 'n oorspronklike handtekening hê. |
s-141
| Die ander afskrif kan 'n fotostaat wees). |
s-142
| Die wetlik aangewese persoon, wat verkieslik die registrateur se kontakpersoon by die maatskappy moet wees, moet die aansoekvorms teken. |
s-143
| Die naam en registrasienommer van die produk moet gebruik word soos wat dit op die registrasiesertifikaat aangedui word. |
s-144
| Enige naamsverandering, hoe klein ookal, sal as 'n wysiging beskou word. |
s-145
| Dien die aansoekvorms by die administrasiekantoor in. |
s-146
| Om aansoeke aan die tegniese raadgewers te oorhandig sal die proses vertraag. |
s-147
| Planttelersregte word slegs toegestaan vir variëteite van dié soorte plante wat ingevolge die Wet op Planttelersregte, 1976 verklaar is. |
s-148
| Daar is sowat 290 soorte plante op die lys van plante (Tabel 1) waarvoor planttelersregte toegestaan mag word. |
s-149
| Voortplantingsmateriaal van daardie variëteit nog nie vir langer as een jaar in Suid-Afrika verkoop word nie. |
s-150
| Voortplantingsmateriaal vir 'n variëteit van 'n boom of wingerdstok nog nie vir langer as ses jaar in die handel of aan die publiek van 'n ander land beskikbaar is nie; en vir enige ander plant nog nie vir langer as vier jaar nie. |
s-151
| Raadpleeg Tabel 1 van die Wet op Planttelersregte, 1976 om vas te stel of die soort plant van die variëteit waarvoor beskerming aangevra word, reeds verklaar is. |
s-152
| As die soort plant nie in die tabel verskyn nie, moet jy 'n skriftelike aansoek om verklaring, met 'n motivering daarby, by die Registrateur: Planttelersregte indien. |
s-153
| Dui duidelik op die tegniese vraelys aan met watter bekende variëteite die nuwe variëteit vergelyk moet word om sy onderskeidende eienskappe vas te stel. |
s-154
| Jy mag om voorlopige beskerming van 'n variëteit aansoek doen. |
s-155
| Dit beteken dat die variëteit vir die duur van die evalueringstydperk beskerm word. |
s-156
| Jy moet skriftelik onderneem om geen voortplantingsmateriaal van die betrokke variëteit te verkoop (behalwe vir vermenigvuldigings- of toetsdoeleindes) voordat alle toetse uitgevoer en planttelersregte toegestaan is nie. |
s-157
| Jy word aangeraai om voorlopige beskerming aan te vra vir gewasse waarvoor toetsing langer as 'n jaar neem om af te handel. |
s-158
| Dokumente en voortplantingsmateriaal moet op voorgeskrewe datums by die Registrateur ingedien word. |
s-159
| Jy kan hierdie datums, asook inligting oor die hoeveelheid van die voortplantingsmateriaal wat ingedien moet word en die plek van indiening, kan by die Registrateur aanvra. |
s-160
| As daar reeds 'n variëteitslys bestaan vir die soort plant waarvoor jy planttelersregte aanvra, kan jy die aansoeke gelyktydig indien om geld en tyd te bespaar. |
s-161
| Alle veevoedsel of troeteldierkos wat in Suid-Afrika ingevoer, vervaardig, geproduseer of verkoop word, moet geregistreer wees by die Registrateur van Wet 36 van 1947. |
s-162
| Die aansoeker moet 'n regspersoon wees, byvoorbeeld Johan Pieters Burger wat handel dryf as Diepsloot-stoetery. |
s-163
| 'n Oorsese maatskappy mag nie om registrasie in Suid-Afrika aansoek doen nie. |
s-164
| Slegs 'n plaaslik geregistreerde maatskappy, 'n Suid-Afrikaanse burger of 'n regsliggaam wat in Suid-Afrika geregistreer is, mag om die registrasie van veevoedsel en troeteldierkos aansoek doen. |
s-165
| 'n Veevoedsel sluit nie strooi, kaf, ongemaalde hooi, kuilvoer, graankorrels of enige voedsel wat 'n boer vir eie gebruik voorberei, in nie. |
s-166
| Kry die riglyne oor algemene vereistes vir veevoedsel by die Registrateur van Wet 36 van 1947. |
s-167
| 'n Dekbrief van die registrasiehouer of dié se aangewese verteenwoordiger. |
s-168
| Tjeks en posorders moet aan die Direkteur-generaal: Landbou uitgemaak word. |
s-169
| Dien 'n aansoekvorm (dien aansoekvorms in tweevoud) in vir nuwe aansoeke en wysigings aan 'n bestaande registrasie, insluitende verandering van formulering. |
s-170
| Vul die vorms volledig in, sonder om te verwys na vorige aansoeke, bladsynommers of ander produkte (ten minste een afskrif van die aansoekvorms moet 'n oorspronklike handtekening hê. |
s-171
| Die ander afskrif kan 'n fotostaat wees). |
s-172
| Die wetlik aangewese persoon, wat verkieslik die registrateur se kontakpersoon by die maatskappy moet wees, moet die aansoekvorms onderteken. |
s-173
| Die naam en registrasienommer van die produk moet gebruik word soos wat dit op die registrasiesertifikaat aangedui word. |
s-174
| Enige naamsverandering, hoe klein ook al, sal as 'n wysiging beskou word. |
s-175
| Dien die aansoekvorms by die administrasiekantoor in. |
s-176
| As jy aansoeke aan die tegniese raadgewers oorhandig, sal dit die proses vertraag. |
s-177
| Rekreasievisvangs sluit betrokkenheid by 'n visverwante aktiwiteit soos die invoer van seewatervis vir rekreasiedoeleindes in. |
s-178
| Om seewatervis op rekreasiegrondslag in te voer, moet jy aansoek doen om 'n rekreasie-invoerpermit wat deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme (DEA&T), of gedelegeerde instansie, uitgereik sal word. |
s-179
| Hierdie ingevoerde vis mag nie te koop aangebied word nie; dit is slegs vir persoonlike gebruik. |
s-180
| Geen persoon mag seewatervis invoer sonder 'n rekreasie-invoerpermit nie. |
s-181
| Wanneer 'n bestaande rekreasie-invoerpermit verval, moet jy om 'n nuwe rekreasie-invoerpermit aansoek doen. |
s-182
| Versuim om aan die permitvoorwaardes gehoor te gee, kan tot opheffing of kansellasie van jou permit lei. |
s-183
| LW: Hierdie invoerpermit sluit varswatervis uit, want dit word deur die Departement van Landbou geadministreer. |
s-184
| Aansoek om 'n invoerpermit vir lewende varswatervis of tropiese vis moet by die Departement van Landbou ingedien word. |
s-185
| Geen spesie wat deur die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora (CITES) gelys is, mag ingevoer word nie. |
s-186
| Invoerpermitte wat vir die invoer van vis op rekreasiegrondslag vir persoonlike gebruik of verbruik uitgereik is, sal geldig bly vir die duur van die reis na en van die land van bestemming. |
s-187
| Geen lewende seewatervis mag ingevoer word nie. |
s-188
| Vorms kan per hand afgelewer of per pos gestuur word. |
s-189
| Doen minstens twee weke voor jou vertrekdatum aansoek om genoeg tyd vir die verwerking van jou aansoek toe te laat. |
s-190
| Jy het nie 'n permit vir aas nodig nie. |
s-191
| Sorg egter dat jy óf 'n rekreasiepermit vir aas (slegs die saklimiet mag vervoer word) óf 'n kontantstrokie vir gekoopte aas by jou het. |
s-192
| Vorms kan per hand afgelewer of per pos gestuur word. |
s-193
| Kommersiële visvangs behels dat jy 'n aktiwiteit onderneem wat met visvangs verband hou, soos om seewatervis vir handelsdoeleindes uit te voer. |
s-194
| Om seewatervis na die buiteland of buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika uit te voer, moet jy aansoek doen om 'n uitvoerpermit, wat deur die Minister van Departement van Omgewingsake en Toerisme of sy gedelegeerde gesag uitgereik word. |
s-195
| Niemand mag seewatervis sonder 'n permit uitvoer nie. |
s-196
| Wanneer jou bestaande permit na drie maande verval, moet jy om 'n nuwe een aansoek doen. |
s-197
| As jy versuim om aan die permitvoorwaardes te voldoen, kan jou permit gekanselleer of opgehef word. |
s-198
| LW: Die uitvoerpermit waarna verwys word, sluit varswatervis uit. |
s-199
| Varswatervis word deur die Departement van Landbou geadministreer. |
s-200
| Aansoeke om 'n uitvoerpermit vir lewende, gematigde varswatervis of tropiese vis moet by die Departement van Landbou ingedien word. |
s-201
| Geen spesie wat deur die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora gelys is, mag ingevoer word nie. |
s-202
| As 'n uitvoerpermit vir die perlemoenspesie aan jou uitgereik is, moet jy ook vir elke besending perlemoen 'n CITES-sertifikaat hê. |
s-203
| Vir elke uitvoerpermit wat vir grootoog-tuna, suidelike blouvin-tuna, swaardvis, Antarktiese tandvis en Patagoniese tandvis uitgereik is, moet jy vir elke besending ook die betrokke vangsstatistiek-dokument hê. |