Sentence view
Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms
Language | Afrikaans |
---|---|
Project | AfriBooms |
Corpus Part | dev |
Annotation | Dirix, Peter; Augustinus, Liesbeth; van Niekerk, Daniel |
showing 101 - 200 of 194 • previous
[1]
tree
s-101
dev-s101
Gebruikers wat voorafbetaalde elektrisiteitsmeters het, sal kan sien wanneer die gratis elektrisiteit opgebruik is, en hulle sal dan uit hulle eie sak meer elektrisiteit moet aankoop.
[2]
tree
s-102
dev-s102
Gebruikers met gewone of kredietmeters sal nie so maklik kan sien wanneer hulle hulle kwota (eenhede) gratis elektrisiteit opgebruik het nie.
[3]
tree
s-103
dev-s103
Hulle sal aan die einde van die maand 'n rekening kry vir die bykomende elektrisiteit wat hulle gebruik het.
[4]
tree
s-104
dev-s104
Verbuikers wat nie tot elektrisiteit via die energienetwerk grid toegang het nie, se munisipaliteite kan hulle moontlik voorsien van 'n energiestelsel wat nie aan die elektrisiteitsnet gekoppel is nie.
[5]
tree
s-105
dev-s105
Tree met jou munisipaliteit in verbinding om uit te vind watter alternatiewe energiebronne hulle verskaf.
[6]
tree
s-106
dev-s106
Om water en elektrisiteit in jou huis of op jou besigheidsperseel te laat aansluit, moet jy in verbinding tree met die munisipaliteit van die gebied waarin jou nuwe huis of sakeonderneming geleë is.
[7]
tree
s-107
dev-s107
In sekere gebiede voorsien die nasionale energieverskaffer, Eskom, die elektrisiteit regstreeks.
[8]
tree
s-108
dev-s108
Die regering het die program vir gratis sanitasie nog nie in werking gestel nie.
[9]
tree
s-109
dev-s109
Die Departement van Waterwese is besig om 'n raamwerk vir die lewering van gratis basiese sanitasie te ontwikkel.
[10]
tree
s-110
dev-s110
Sodra die strategie afgerond is, sal die plaaslike owerhede wat sanitasiedienste lewer, die program in werking stel.
[11]
tree
s-111
dev-s111
Die regering het nog nie die gratis vullisverwyderingstelsel in werking gestel nie.
[12]
tree
s-112
dev-s112
Die Departement van Omgewingsake en Toerisme ontwikkel tans 'n raamwerk vir die lewering van 'n gratis basiese vullisverwyderingsdiens.
[13]
tree
s-113
dev-s113
Sodra die strategie voltooi is, sal die plaaslike owerhede wat vullisverwyderingsdienste lewer, die diens in werking stel.
[14]
tree
s-114
dev-s114
'n Vooruitbetaalde rekening beteken dat jy op eie koste eenhede (kWh / kl) aankoop en slegs soveel eenhede mag gebruik as wat jy gekoop het.
[15]
tree
s-115
dev-s115
Indien jy al die eenhede opgebruik het en nog meer nodig het, moet jy nog eenhede bykoop.
[16]
tree
s-116
dev-s116
Gelewerde rekeninge laat u toe om enige hoeveelheid elektrisiteit of water te gebruik.
[17]
tree
s-117
dev-s117
Jou munisipaliteit sal maandstate aan jou pos wat aandui watter hoeveel elektrisiteit en water jy gebruik het en hoeveel die bedrag geld is wat u daarvoor moet betaal.
[18]
tree
s-118
dev-s118
Laai die elektroniese aansoekvorm af of kry dit by jou naaste SAID-kantoor.
[19]
tree
s-119
dev-s119
Die aansoekvorm moet deur die aansoeker self ingevul word en nie deur 'n derde party nie, anders sal die aansoek nie oorweeg word nie.
[20]
tree
s-120
dev-s120
Raadpleeg die aansoekgids om jou deur die lisensiëringsproses te help.
[21]
tree
s-121
dev-s121
Die afdeling Authority to Apply moet deur die alleeneienaar, direkteur, vennote, lid, trustee, of persoon wat die besigheid bestuur ingevul word wanneer daar aansoek gedoen word om as 'n doeane-en-aksyns spesiale vervaardiger vir AGOA geregistreer te word.
[22]
tree
s-122
dev-s122
Die naam van die aansoeker of die geregistreerde naam van die entiteit, en nié die handelsnaam nie, moet in hierdie veld ingevul word.
[23]
tree
s-123
dev-s123
Vul die aansoekvorm in en handig dit by die naaste SAID-doeane-en-aksynskantoor in.
[24]
tree
s-124
dev-s124
Crime Stop is 'n reeks oproepsentrums wat by die publiek inligting oor misdadigers en hulle bedrywighede insamel.
[25]
tree
s-125
dev-s125
Lede van die publiek word gehelp deur oproepsentrumpersoneel wat goed opgelei is in ondersoekende onderhoudvoering.
[26]
tree
s-126
dev-s126
Dit stel jou in staat om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in 'n veilige omgewing, en sonder enige bedreiging, oor kriminele bedrywighede in te lig.
[27]
tree
s-127
dev-s127
Om te waarborg dat informante se identiteit nie bekend sal word nie, word opsporingsmeganismes en inbeller-identifikasietegnologie nie by Crime Stop toegelaat nie.
[28]
tree
s-128
dev-s128
Die inligting wat jy verstrek, word aan speurders oorgedra.
[29]
tree
s-129
dev-s129
Sekere Crime Stop-oproepsentrums verbind informante ook regstreeks met ondersoekbeamptes deur die telefoonkonferensiestelsel te gebruik.
[30]
tree
s-130
dev-s130
Dit stel die ondersoekbeampte in staat om die informant regstreeks te ondervra.
[31]
tree
s-131
dev-s131
Let wel: dit word slegs gedoen indien jy daartoe instem.
[32]
tree
s-132
dev-s132
Jy kan kriminele bedrywighede ook elektronies op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se webwerf aanmeld.
[33]
tree
s-133
dev-s133
Jou anonimiteit word ook hier gewaarborg, behalwe as jy aandui dat dit nie gedoen hoef te word nie.
[34]
tree
s-134
dev-s134
Bel die Crime Stop-nommer: 08600 10 111.
[35]
tree
s-135
dev-s135
Die agent by die oproepsentrum sal sekere vrae aan jou stel.
[36]
tree
s-136
dev-s136
Indien jou inligting bruikbaar is, sal hy of sy 'n unieke kodenommer aan jou verstrek.
[37]
tree
s-137
dev-s137
Indien die inligting wat jy verstrek nie bruikbaar genoeg is nie, sal die agent aan jou verduidelik waarom dit nog nie bruikbaar genoeg is nie en jou raad gee oor hoe om bykomende inligting te bekom.
[38]
tree
s-138
dev-s138
Bruikbare inligting word gekoppel aan die kodenommer wat aan jou verstrek is.
[39]
tree
s-139
dev-s139
Jy sal gevra word om Crime Stop binne 'n gegewe tyd weer by 08600 10 111 te bel om te hoor of die inligting positief was en of jy vir 'n beloning kwalifiseer (mits jy vooraf om 'n beloning aansoek gedoen het).
[40]
tree
s-140
dev-s140
In die toekoms sal die agent die saak slegs met jou bespreek indien jy die korrekte kodenommer verstrek, en mits jou identiteit ooreenstem met die 'profiel' wat op rekord is.
[41]
tree
s-141
dev-s141
Die agent sal die oproep onmiddellik beëindig indien hy of sy vermoed dat jy nie die persoon is wat die oorspronklike oproep gemaak het nie.
[42]
tree
s-142
dev-s142
Hierdie is 'n beskermingsmaatreël, en is nie onderhandelbaar nie.
[43]
tree
s-143
dev-s143
Indien jy 'n misdaad elektronies aanmeld, moet jy die inligting op die terugvoervorm op die SAPD-webwerf verstrek.
[44]
tree
s-144
dev-s144
'n Verwysingsnommer sal op die skerm verskyn sodra jy die vorm ingedien het.
[45]
tree
s-145
dev-s145
Crime Stop sal die inligting aan die betrokke ondersoekeenheid oordra om op te volg, met die versoek om binne 24 uur terug te rapporteer en so gou moontlik oor die afloop van die ondersoek verslag te doen.
[46]
tree
s-146
dev-s146
Indien jy vir 'n beloning in aanmerking kom (en jy wel daarvoor aansoek gedoen het), sal die ondersoekbeampte die bedrag van die beloning vasstel en die eis ooreenkomstig National Information 2 / 2001 (Nasionale Inligting 2 / 2001) verwerk.
[47]
tree
s-147
dev-s147
Sodra die beloning gereed is, sal Crime Stop met jou in verbinding tree om af te spreek oor hoe die betaling sal geskied.
[48]
tree
s-148
dev-s148
Ek staan vanaand hier voor u, 20 jaar nadat President Nelson Rolihlahla Mandela as 'n vry man uit die gevangenis gestap het.
[49]
tree
s-149
dev-s149
Ons het juis hierdie dag gekies om hierdie Gesamentlike Sitting van die Parlement byeen te roep om die Staatsrede te lewer en sodoende 'n waterskeidingsoomblik wat ons land se geskiedenis vir ewig verander het, te gedenk.
[50]
tree
s-150
dev-s150
Madiba se vrylating was die uitkoms van Suid-Afrikaners se onvermoeide stryd.
[51]
tree
s-151
dev-s151
Voormalige politieke gevangenes en veterane wat hier saam met ons is, was deel van daardie proses en kan getuig daarvan.
[52]
tree
s-152
dev-s152
U sal natuurlik onthou dat die massas in hierdie land, in hul onderskeie formasies, met vasberadenheid gereageer het op die oproep om die land onregeerbaar en apartheid onwerkbaar te maak.
[53]
tree
s-153
dev-s153
Ons vier hierdie dag saam met voormalige politieke gevangenes wat ons spesiaal uitgenooi het om hier by ons aan te sluit.
[54]
tree
s-154
dev-s154
Ons verwelkom in die besonder diegene wat uit die buiteland gekom het om vandag hier te wees: Helene Pastoors, Michael Dingake van Botswana, mnr Andimba Toivo ya Toivo van Swapo in Namibië.
[55]
tree
s-155
dev-s155
Dit is ook ons voorreg om die regspan van die Rivonia Hoogverraadverhoor- Lord Joel Joffe, wat tans in Londen gebaseer is, en Regter Arthur Chaskalson hier by ons te hê.
[56]
tree
s-156
dev-s156
Ons onthou en vereer vandag ook mnr Harry Schwarz, wat verlede week oorlede is.
[57]
tree
s-157
dev-s157
Hy was onder andere ook 'n lid van die Rivonia-regspan.
[58]
tree
s-158
dev-s158
Ons bedank graag ons vriende en comrades in die internasionale gemeenskap vir hul stryd saam met ons om ons vryheid te wen.
[59]
tree
s-159
dev-s159
'n Spesiale woord van welkom aan die Madiba-familie.
[60]
tree
s-160
dev-s160
Hulle is 'n simbool van die opofferings wat baie moes maak wat soveel weens apartheid moes trotseer.
[61]
tree
s-161
dev-s161
Ons groet die leiers van die regerende party en sy Alliansie-vennote, vir wie hierdie 'n besonder spesiale geleentheid is.
[62]
tree
s-162
dev-s162
Op hierdie spesiale dag moet ons ook die bydrae erken van diegene in die leierskorps van die Nasionale Party, wat uiteindelik besef het dat apartheid geen toekoms sou hê nie.
[63]
tree
s-163
dev-s163
Laat ek spesifiek die rol van voormalige President PW Botha hier noem.
[64]
tree
s-164
dev-s164
Dit was hy wat die bal aan die rol gesit het met gesprekke oor die moontlike vrylating van politieke gevangenes.
[65]
tree
s-165
dev-s165
President Botha het met die voormalige Minister van Justisie, mnr Kobie Coetzee, saamgewerk, wat op sy beurt hierin bygestaan is deur dr Neil Barnard en mnr Mike Louw.
[66]
tree
s-166
dev-s166
Hulle het 'n sleutelrol gespeel in die proses wat tot Madiba se vrylating gelei het.
[67]
tree
s-167
dev-s167
Suid-Afrika moet nog ten volle erkenning gee aan die deurslaggewende rol van die voormalige President van die ANC, Comrade Oliver Tambo, wat die grondslag gelê het vir hierdie land om 'n uitmuntende voorbeeld van demokrasie en vryheid te word.
[68]
tree
s-168
dev-s168
Dit is te danke aan sy uitstaande leierskap, versiendheid en duidelike visie dat hy die ANC kon lei om die strewe na 'n onderhandelde skikking te verskerp.
[69]
tree
s-169
dev-s169
Sy wysheid het ook duidelik geblyk uit die Harare Deklarasie, wat hy geskryf en onvermoeid bepleit het.
[70]
tree
s-170
dev-s170
Hierdeur is die basis gelê vir die historiese aankondigings wat President FW de Klerk 20 jaar gelede gemaak het.
[71]
tree
s-171
dev-s171
President de Klerk het hierdeur groot moed en besliste leierskap aan die dag gelê.
[72]
tree
s-172
dev-s172
Op hierdie groot dag wil ek ook die rol van wyle me Helen Suzman uitlig.
[73]
tree
s-173
dev-s173
Sy was baie lank die enigste stem in die Parlement wat haar onverpoosd vir verandering beywer het.
[74]
tree
s-174
dev-s174
Ons erken ook die rol van die leier van die Inkatha Vryheidsparty, Inkosi Mangosuthu Buthelezi, wat Madiba se vrylating geëis het, asook die vrylating van ander politieke gevangenes en die terugkeer van uitgewekenes.
[75]
tree
s-175
dev-s175
Ons herbevestig ons innige dankbaarheid teenoor die internasionale gemeenskap vir hul onwrikbare steun vir ons stryd.
[76]
tree
s-176
dev-s176
Hierdie oomblikke in ons geskiedenis demonstreer ons vermoë om saam te werk, selfs onder moeilike omstandighede, en om die land se belange bo alle ander oorwegings te stel.
[77]
tree
s-177
dev-s177
Deur saam te werk, kan ons meer bereik.
[78]
tree
s-178
dev-s178
Gedurende die loop van hierdie jaar sal ons die eeufeesviering van die stigting van die Unie van Suid-Afrika vier, wat in 1910 tot stand gekom het.
[79]
tree
s-179
dev-s179
Dit het tot 'n verenigde staat gelei.
[80]
tree
s-180
dev-s180
Van besondere belang is dat die uitsluiting van swart mense van hierdie Unie een van die hoofredes was vir die stigting van die African National Congress in 1912.
[81]
tree
s-181
dev-s181
Wanneer ons later vanjaar hierdie eeufees vier, moet ons besin oor hoe ver ons reeds as 'n land gekom het.
[82]
tree
s-182
dev-s182
Ek staan voor julle, nie as 'n profeet nie, maar as 'n nederige dienaar van julle, die mense.
[83]
tree
s-183
dev-s183
Julle onvermoeide en heldhaftige opofferings het dit vir my moontlik gemaak om vandag hier te wees.
[84]
tree
s-184
dev-s184
Daarom plaas ek die oorblywende jare van my lewe in julle hande.
[85]
tree
s-185
dev-s185
Hierdie woorde inspireer ons om nie te rus totdat ons die ideale bereik het van 'n samelewing wat vry is van armoede en ontneming nie.
[86]
tree
s-186
dev-s186
Gedurende die twee dekades sedert Madiba se vrylating het ons land fundamentele veranderinge ondergaan.
[87]
tree
s-187
dev-s187
President Mandela het hierdie land verenig tot 'n nie-seksistiese, nie-rassige, demokratiese en welvarende Suid-Afrika as doelwit.
[88]
tree
s-188
dev-s188
Waar ons vandag Madiba se vrylating vier, moet ons onsself weer daartoe herverbind om 'n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners, swart en wit, te bou.
[89]
tree
s-189
dev-s189
Kom ons streef opnuut na die ideaal waarvoor Madiba sy hele lewe lank geveg het- die ideaal van 'n demokratiese en vrye samelewing, waarin alle mense in harmonie en met gelyke geleenthede saamleef.
[90]
tree
s-190
dev-s190
Ons het hierdie gesamentlike sitting in die aand byeengeroep sodat die meerderheid van ons land se mense, werkers en skoolkinders, ook deel van die geleentheid kan wees.
[91]
tree
s-191
dev-s191
Ons is beïndruk deur die entoesiasme van die jeug oor hierdie geleentheid.
[92]
tree
s-192
dev-s192
Tweehonderd ses-en-sestig kinders van al die provinsies het deelgeneem aan die pre-Staatsrede-debat oor die rol van die jeug in die stryd teen armoede.
[93]
tree
s-193
dev-s193
Baie geluk aan die algehele wenner, Charlotte Le Fleur van Worcester Sekondêre Skool, asook aan al die deelnemers vir hul harde werk.
[94]
tree
s-194
dev-s194
Ons ontmoet hier teen die agtergrond van 'n wêreldwye ekonomiese krisis.