Dependency Tree

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Parttest

Select a sentence

Showing 1 - 100 of 425 • previousnext

s-1 Verlede jaar het ons ons eerste resessie in 17 jaar ervaar.
s-2 Die krisis het ons ekonomie ongeveer 900 000 werksgeleenthede gekos.
s-3 Baie mense wat hul werk verloor het, was die broodwinners van arm families.
s-4 In Februarie verlede jaar het die regering, sakelui, arbeidsektor en gemeenskapsverteenwoordigers ooreengekom op 'n pakket van maatreëls om die skaal en impak van die krisis te bekamp.
s-5 Ons het talle van hierdie maatreëls reeds in werking gestel.
s-6 Ons het besliste teen-resessiebesteding deur die regering geïmplementeer, veral op infrastruktuur.
s-7 Ten einde 'n veiligheidskussing vir armes te skep, het ons die verhogings in maatskaplike toelaes vervroeg, en die Kindersorgtoelaag uitgebrei na kinders ouer as 14 jaar.
s-8 Gedurende die volgende drie jaar sal 'n addisionele twee miljoen kinders uit arm gesinne en huishoudings tussen die ouderdom van 15 en 18 jaar, by die Kindersorgtoelaag baat vind.
s-9 Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het R6 biljoen bewillig om maatskappye in nood by te staan.
s-10 Die Regering het 'n 'opleidingsafleggingskema' ingestel om aan werkers die opsie van 'n opleidingstydperk, in plaas van aflegging, te bied.
s-11 Hierdie pogings is deur ons Openbare Werke-program versterk.
s-12 Die nasie sal onthou dat ek tydens die 2009-Staatsrede aangekondig het dat die Uitgebreide Openbare Werke-program teen Desember 2009 500 000 werksgeleenthede sou skep.
s-13 Ek wil beklemtoon dat dit nie poste in die hoofstroom-ekonomie is nie.
s-14 Hierdie is werksgeleenthede wat geskep is om werklose mense van 'n inkomste, ervaring en opleidingsgeleenthede te voorsien.
s-15 Ons kondig graag aan dat ons teen die einde van Desember reeds meer as 480 000 openbare werksgeleenthede geskep het, met ander woorde, 97% van die doelwit wat ons gestel het.
s-16 Hierdie poste is in areas soos konstruksie, tuis- en gemeenskapsgebaseerde sorg en omgewingsprojekte.
s-17 Ons het 'n aantal terreine geïdentifiseer waar ons in die toekoms verder gaan verbeter, soos om meer arbeidsintensiewe projekte te verseker.
s-18 Ons weet egter dat hierdie en ander maatreëls nie die uitwerkings van die resessie heeltemal kan temper nie.
s-19 Ons is dankbaar vir die gees van familie, gemeenskap en vrywillige werk wat soveel mense inspireer om diegene wat die swaarste deur die krisis getref word, deur hierdie moeilike tye te help.
s-20 Ekonomiese aanwysers dui daarop dat ons nou deur die ergste van die ekonomiese resessie is.
s-21 Ekonomiese aktiwiteit is aan die toeneem in Suid-Afrika, en ons verwag groei in die toekoms.
s-22 Die arbeidstatistiek wat Dinsdag vrygestel is, dui daarop dat die ekonomie tans werksgeleenthede skep eerder as om dit in te boet.
s-23 Dit is egter te gou om seker te wees oor die tempo van hierdie herstelproses.
s-24 Die Regering sal dus nog nie sy ondersteuningsmaatreëls opskort nie.
s-25 Dit is nou die tyd om die basis te vir sterker groei in die toekoms en vir groei wat tot meer werksgeleenthede lei.
s-26 Ons langtermyn-infrastruktuurprogram sal ons help om vinniger te groei.
s-27 Ons onderwys- en vaardigheidsprogramme sal ons produktiwiteit en mededingendheid verhoog.
s-28 Ons Nywerheidsbeleids-aksieplan en ons nuwe fokus op groen werksgeleenthede sal sterker en meer arbeids-absorberende nywerhede bou.
s-29 Ons landelike ontwikkelingsprogram sal landelike produktiwiteit verhoog en die lewens van die mense in landelike gebiede verbeter.
s-30 Ons kapitaalinvesteringsprogram ten grondslag aan ons strategie vir ekonomiese herstel en groei.
s-31 Oor die volgende drie jaar sal die regering R846 biljoen aan openbare infrastruktuur spandeer.
s-32 Op die terrein van vervoer, sal ons ons padnetwerk in stand hou en uitbrei.
s-33 Ons sal verseker dat ons spoornetwerk betroubaar en mededingend is en beter met ons seehawens geïntegreer is.
s-34 Om betroubare kragtoevoer te verseker, het ons 'n Inter-Ministeriële Komitee oor Energie ingestel, om 'n 20-jaar- geïntegreerde hulpbronplan te ontwikkel.
s-35 Hierdie komitee sal, onder andere, kyk na die deelname van onafhanklike kragprodusente, en arm mense teen stygende elektrisiteitspryse beskerm.
s-36 Ons sal 'n onafhanklike stelseloperateur instel, wat afsonderlik van Eskom Beherend sal funksioneer.
s-37 Eskom sal voortgaan om addisionele opwekkingskapasiteit te bou en die instandhouding van sy kragstasies te verbeter.
s-38 Ten einde 'n inklusiewe ekonomie te verseker wat groei en ontwikkeling bevorder, het ons die Adviesraad oor Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging in die lewe geroep, onder voorsitterskap van die President.
s-39 Beleidsverandering moet fokus op ingrypings om werksgeleenthede vir jongmense te skep.
s-40 Werkloosheidskoerse vir jongmense is aansienlik hoër as die gemiddeld.
s-41 Voorstelle sal ingedien word om die koste van die indiensneming van jonger werkers te subsidieer ten einde ondernemings aan te moedig om onervare personeel in diens te neem.
s-42 'n Verdere uitbreiding van openbare-werkskeppingsprogramme is ook reeds aan die gang.
s-43 Dit sluit in plaaslike-infrastruktuur- en tersiêre projekte en geletterdheidsprojekte, tuisgebaseerde versorging, skoolinstandhouding en vroeëkindontwikkelings-inisiatiewe.
s-44 Verlede jaar het ons die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap in die lewe geroep.
s-45 Ons het die Agentskap aangesê om vinniger te werk om sy strukture regdeur die land te vestig sodat dit ons kan help om jeugontwikkelingsprogramme in die regering as hoofstroomprojekte te loods.
s-46 Toe hierdie administrasie verlede jaar aan bewind gekom het, het ons onsself daartoe verbind om harder te werk om 'n sterk ontwikkelingstaat te bou.
s-47 Ons het gesê dat dit 'n staat sou wees wat op die mense se behoeftes en aspirasies reageer, en wat beter en vinniger presteer.
s-48 Hierdie jaar, 2010, sal 'n jaar van aksie wees.
s-49 Die onderskeidende kenmerk van hierdie administrasie sal wees dat dit weet waar mense bly, hulle behoeftes verstaan en vinniger daarop reageer.
s-50 Die Regering moet vinniger, harder en slimmer werk.
s-51 Ons sal van die Uitvoerende Gesag en die Staatsdiens verwag om aan hierdie visie te voldoen.
s-52 Ons bou 'n staat wat op effektiewe werkverrigting fokus.
s-53 Dit sal bereik word deur beplanning asook prestasie-monitering en -evaluering te verbeter.
s-54 Ons moet ook geslagsgelykheidsmaatreëls in die Regering se Aksieprogram integreer.
s-55 Hierdie optrede sal verseker dat vroue, kinders en persone met gestremdhede toegang tot ontwikkelingsgeleenthede kry.
s-56 Ons kondig graag aan dat ons in die Regering dinge op 'n nuwe manier gaan doen.
s-57 Departemente se werk sal gemeet word deur uitkomste, wat op grond van ons prestasie-monitering-en-evalueringstelsel ontwikkel word.
s-58 Die ministers wat vir 'n bepaalde uitkoms verantwoordelik is, sal 'n gedetailleerde leweringsooreenkoms met die president onderteken.
s-59 Hierdie ooreenkomste sal duidelik uiteensit wat gedoen moet word, hoe, deur wie, binne watter tydperk en met behulp van watter maatreëls en hulpbronne.
s-60 Daarbenewens sal ons werk om die effektiwiteit van plaaslike regering, infrastruktuurontwikkeling en menslike nedersettings te verbeter.
s-61 Ons sal 'n aantal sleutelaktiwiteite onderneem ter bereiking van hierdie uitkomste.
s-62 Ons het onderwys en vaardigheidsontwikkeling as die middelpunt van hierdie regering se beleide gestel.
s-63 In ons 2010-program wil ons die vermoë van kinders om in die grondslagjare te lees, skryf en tel, verbeter.
s-64 As ons dit nié doen nie, sal ons nie die gehalte van die onderwys kan verbeter nie.
s-65 Ons onderwysteikens is eenvoudig, maar van kritiese belang.
s-66 Ons wil dat leerders en onderwysers betyds in die skool, in die klas moet wees, besig om sewe uur per dag te leer en te onderrig.
s-67 Ons sal onderwysers help deur gedetailleerde daaglikse lesplanne te voorsien.
s-68 Ons sal werkboeke wat maklik is om te gebruik in al 11 tale aan studente voorsien.
s-69 Van vanjaar af sal alle leerders in graad 3, 6 en 9 geletterdheids- en gesyferdheidstoetse skryf, wat onafhanklik gemodereer word.
s-70 Ons mikpunt is om die slaagsyfer vir hierdie toetse van die huidige gemiddeld van tussen 35 en 40% tot minstens 60% teen 2014 te verhoog.
s-71 Die uitslae sal aan die ouers gestuur word om vordering te monitor.
s-72 Daarbenewens sal elk van ons 27 000 skole deur amptenare van die Departement van Basiese Onderwys geassesseer word.
s-73 Dit sal in 'n ouditeerbare skriftelike verslag opgeteken word.
s-74 Ons beoog om die aantal matriekstudente met universiteitstoelating teen 2014 tot 175 000 per jaar te verhoog.
s-75 Ons spoor ouers aan om met ons saam te werk om 'n sukses hiervan te maak.
s-76 Ons verwelkom verlede maand se verklaring deur die drie onderwysersvakbonde, NAPTOSA, SADTU en SAOU, waarin hulle hulle vanaf die begin van 2010 herverbind het tot die Kwaliteit Leer- en Onderrigveldtog.
s-77 Ons moet in ons jeug belê ten einde 'n vaardige en bekwame werksmag te verseker wat groei en werkskepping ondersteun.
s-78 Ons beplan dus om die opleiding van 16 tot 25-jarige persone te verbeter in verdere onderwys-en-opleidingsfasiliteite.
s-79 Dit sal ons in staat stel om aan diegene wat nie vir universiteit kwalifiseer nie, nog 'n kans op geleerdheid te bied.
s-80 Ons werk saam met hoëronderwysinstellings om te verseker dat studente wat daarvoor kwalifiseer, deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente finansiële bystand ontvang.
s-81 Ons het ook ambisieuse doelwitte gestel vir vaardigheidsontwikkeling om addisionele ingenieurs en tegnici te kweek en om die aantal gekwalifiseerde Wiskunde- en Wetenskaponderwysers te vermeerder.
s-82 Ons moet verseker dat meer jongmense leerderskappe in die privaat- en openbare sektor betree.
s-83 Nog 'n sleuteluitkoms is om 'n lang en gesonde lewe vir alle Suid-Afrikaners te verseker.
s-84 Ons sal voortgaan om ons gesondheidsorgstelsel te verbeter.
s-85 Dit sluit in die bou en opgradering van hospitale en klinieke en die verdere verbetering van die werksomstandighede van gesondheidswerkers.
s-86 Ons het 'n vennootskap met die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (DBSA) gesluit om die funksionaliteit van openbare hospitale en hul distrikskantore te verbeter.
s-87 Ons werk ook saam met die DBSA en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie in 'n publiek-private vennootskapsprogramme om hospitale te verbeter en finansiering vir projekte te verskaf.
s-88 Ons moet die feit in die gesig staar dat lewensverwagting by geboorte van 60 jaar in 1994, tot net onder 50 jaar vandag, gedaal het.
s-89 Ons doen dus stappe om sterftesyfers onder moeders te verlaag, om nuwe MIV-infeksies te verminder en om MIV en tuberkulose effektief te behandel.
s-90 Ons sal ook babasterftesyfers deur 'n massiewe immuniseringsprogram verlaag.
s-91 Ons sal gesondheidsprogramme in skole herinstel.
s-92 Ons sal al die ondernemings wat op Wêreldvigsdag met betrekking tot die voorkoming van nuwe MIV-infeksies en die behandeling daarvan gemaak is, implementeer.
s-93 Intensiewe stappe word geneem om te verseker dat hierdie werk op skedule bly.
s-94 Ons sal ook voortgaan met ons voorbereidings vir die instelling van 'n nasionale gesondheidsorgversekeringstelsel.
s-95 Ons werk hard om te verseker dat almal in Suid-Afrika veilig voel en veilig is.
s-96 Ons sal ons werk uitbrei om ernstige en geweldsmisdade te verminder en te verseker dat die regstelsel doeltreffend funksioneer.
s-97 Ons implementeer planne om die aantal polisiemanne en -vroue oor die volgende 10 jaar met 10% te vermeerder.
s-98 Ons het die stryd teen kapings, besigheids- en huisrooftogte asook kontakmisdade soos moord, verkragting en aanranding, as ons topprioriteite geïdentifiseer.
s-99 Ons het almal 'n rol om te speel.
s-100 Laat ons aan gemeenskapsveiligheidsforums deelneem.

Text viewDownload CoNNL-U