Text view

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Parttest

Javascript seems to be turned off, or there was a communication error. Turn on Javascript for more display options.

indexsentence 1 - 6 < sentence 7 - 17 > sentence 18 - 28

Ten einde 'n veiligheidskussing vir armes te skep, het ons die verhogings in maatskaplike toelaes vervroeg, en die Kindersorgtoelaag uitgebrei na kinders ouer as 14 jaar. Gedurende die volgende drie jaar sal 'n addisionele twee miljoen kinders uit arm gesinne en huishoudings tussen die ouderdom van 15 en 18 jaar, by die Kindersorgtoelaag baat vind. Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het R6 biljoen bewillig om maatskappye in nood by te staan. Die Regering het 'n 'opleidingsafleggingskema' ingestel om aan werkers die opsie van 'n opleidingstydperk, in plaas van aflegging, te bied. Hierdie pogings is deur ons Openbare Werke-program versterk. Die nasie sal onthou dat ek tydens die 2009-Staatsrede aangekondig het dat die Uitgebreide Openbare Werke-program teen Desember 2009 500 000 werksgeleenthede sou skep. Ek wil beklemtoon dat dit nie poste in die hoofstroom-ekonomie is nie. Hierdie is werksgeleenthede wat geskep is om werklose mense van 'n inkomste, ervaring en opleidingsgeleenthede te voorsien. Ons kondig graag aan dat ons teen die einde van Desember reeds meer as 480 000 openbare werksgeleenthede geskep het, met ander woorde, 97% van die doelwit wat ons gestel het. Hierdie poste is in areas soos konstruksie, tuis- en gemeenskapsgebaseerde sorg en omgewingsprojekte. Ons het 'n aantal terreine geïdentifiseer waar ons in die toekoms verder gaan verbeter, soos om meer arbeidsintensiewe projekte te verseker.

Download XMLDownload textSentence viewDependency trees