Dependency Tree

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Parttrain

Select a sentence

Showing 502 - 601 of 1315 • previousnext

s-502 Dit is nuttig wanneer leerders se prestasie in verhouding tot ander in die klas en tot ander grade of skole geassesseer word.
s-503 Punte verskaf egter min inligting oor leerders se prestasie in terme van die assesseringstandaarde.
s-504 Dit maak nie saak watter assesseringskodes gebruik word nie, terugvoering is altyd doeltreffender wanneer dit met skriftelike kommentaar gekombineer word.
s-505 Wanneer leerders skriftelike terugvoering eerder as net 'n punt ontvang, is daar 'n groter kans op verbetering in hul prestasie.
s-506 Alhoewel punte en persentasies baie nuttig vir verslaghouding is omdat dit maklik is om op te teken, is dit dikwels nie nuttig vir terugvoering of rapportering nie.
s-507 Ander probleme wat deur punte geskep word, is dat dit saamgevoeg en gemanipuleer kan word en dat dit veel in verband met 'n leerder se prestasie en vordering verbloem.
s-508 Indien leerders meer as een assesseringsaktiwiteit gedoen het, bestaan die versoeking om die punte op te tel en die gemiddeld uit te werk.
s-509 Wanneer dit gedoen word, verloor punte hul nut om spesifieke inligting oor te dra.
s-510 'n Gemiddelde of saamgevoegde punt verbloem die feit dat 'n leerder in een opsig goed aan die verlangde vereiste voldoen het, maar nie in 'n ander nie.
s-511 Punte gee 'n geheelindruk van prestasie, maar gee nie aan die leerder die redes vir die assessering van die prestasie (of gebrek aan prestasie) nie.
s-512 Dit gee ook nie spesifieke riglyne vir verbetering nie.
s-513 Punte beskryf verder ook nie leerdervordering oor tyd heen voldoende nie.
s-514 Dikwels word dit as goeie vordering beskou wanneer 'n leerder dieselfde punt as vroeër behaal (mits dit 'n bevredigende punt is).
s-515 'n Punt van 70 vir 'n graad 5-assesseringstandaard en 'n punt van 70 vir 'n graad 6-assesseringstandaard verbloem hoe die leerder tydens die jaar gevorder het.
s-516 Sodanige vordering kan beter deur middel van 'n stelling, kode of skriftelike kommentaar beskryf word.
s-517 Aan die einde van elke jaar moet 'n vorderingskedule voltooi word en deur die skoolhoof en 'n departementele amptenaar onderteken word.
s-518 Die vorderingskedule is 'n verslag / rekord met 'n opsomming van inligting rakende die vordering van al die leerders in die graad in die skool.
s-519 'n Leerderprofiel is 'n deurlopende verslag wat 'n volledige beeld van 'n leerder se prestasie verskaf, insluitend die holistiese ontwikkeling van waardes, houdings en sosiale ontwikkeling.
s-520 Dit help die onderwyser in die volgende graad of skool om die leerder beter te verstaan en dus gepas op haar of hom te reageer.
s-521 Elke leerder se leerderprofiel moet veilig bewaar word en moet leerders deur hul skoolloopbaan vergesel.
s-522 Die leerderprofiel vervang alle vorige deurlopende verslagdokumente wat in skole gebruik is, soos verslagkaarte en Olab-kaarte.
s-523 Die sentrale doel van 'n leerderprofiel is om 'n leerder by te staan deur toegang tot die verskeidenheid inligting daarin te verskaf.
s-524 Persoonlike inligting in 'n leerderprofiel behoort nooit vir onregverdige of diskriminerende optrede teen 'n leerder gebruik te word nie.
s-525 Leerderprofiele moenie met portefeuljes verwar word nie.
s-526 'n Portefeulje is 'n assesseringsmetode wat die leerder en onderwyser saam geleentheid bied om werk wat vir etlike assesseringsaktiwiteite gedoen is, in ag te neem.
s-527 Die werk word in 'n lêer of houer geplaas.
s-528 Die leerderprofiel, daarenteen, is 'n rekord wat inligting oor 'n leerder bevat.
s-529 Onderwysers moet aanspreeklik teenoor leerders, ouers, die onderwysstelsel en die gemeenskap as 'n geheel wees wanneer hulle leerders assesseer.
s-530 Dit vind deur rapportering plaas.
s-531 Benewens skriftelike rapporte kan mondelinge of praktiese aanbiedings en uitstallings van leerders se werk ook gebruik word.
s-532 Rapportering aan ouers behoort op 'n gereelde grondslag plaas te vind ten einde hul betrokkenheid en deelname aan te moedig.
s-533 Onderwysers moet aan die einde van elke kwartaal formele rapporte of verslagkaarte vir rapportering gebruik.
s-534 Dit sal gewoonlik nie moontlik wees om inligting oor prestasie in elke leeruitkoms te gee nie.
s-535 Rapporte behoort egter inligting oor prestasie in elke leerarea of leerprogram (in die geval van die Grondslagfase) te verskaf.
s-536 Gee 'n beskrywing van die leerder se sterk punte en ontwikkelingsbehoeftes of areas wat ondersteuning in elke leerarea of leerprogram benodig.
s-537 Gebruik die nasionale koderingstelsel om prestasie teen die assesseringstandaarde en in die leeruitkomste wat tot dusver gedek is, te evalueer- dit is nie nodig om 'n kode vir elke leeruitkoms te gee nie.
s-538 In die rapport aan die einde van die jaar moet die leerder se algehele prestasie in die leerareas getoon word.
s-539 Lewer kommentaar op elke leerarea of leerprogram, spesifiek in die geval van leerders wat die vereistes oortref het of ondersteuning benodig.
s-540 Kommentaar op spesifieke sterk punte of areas wat ondersteuning benodig, behoort met die assessering-standaarde geskakel te word.
s-541 Hierdie kommentaar sal ouers, leerders en ander opvoeders in staat stel om te begryp watter ondersteuning die leerder benodig.
s-542 'n Veeartsenyinvoerpermit is nodig om diere of diereprodukte in Suid-Afrika in te voer.
s-543 Daar bestaan invoerprotokolle vir diere en diereprodukte.
s-544 Kry die jongste gesondheidsvereistes by die Direktoraat Dieregesondheid aangesien die vereistes gereeld verander.
s-545 Vul die aansoekvorm in.
s-546 Kontak die Direktoraat Dieregesondheid as jy nie seker is watter vorm om in te vul nie.
s-547 Belangrik: Gebruik die invoerder se naam en van as verwysing.
s-548 Let wel: Die invoerder moet sowel die binnelandse as die buitelandse bankkoste betaal die departement sal nie 'n permit uitreik voor die volle bedrag ontvang is nie.
s-549 Jy kan 'n tjek wat aan die Direkteur-generaal: Landbou uitgemaak is aan die aansoekvorm vasgeheg en dit na die adres by kontakbesonderhede toe pos.
s-550 Jy kan ook betaal by een van die kantore van die Departement van Landbou wat onder kontakbesonderhede gelys is.
s-551 As jy namens iemand anders aansoek doen, moet jy seker maak dat jy die inbetaling onder daardie persoon of maatskappy se naam doen.
s-552 Geen aansoek sal geprosesseer word sonder bewys van betaling nie.
s-553 Bewys van betaling moet na 0123298292 gefaks word.
s-554 Merk dit asseblief Vir aandag: Ina Labuschagne.
s-555 Meld asseblief op die aansoekvorm of die permit afgehaal sal word en of dit aan jou gepos moet word.
s-556 Die kwarantynstasie in Durban is tans nie in bedryf nie, maar jy kan inligting verkry deur die kantoor te skakel by Tel: 0313686011 of 'n Faks: 0313377469 te stuur.
s-557 Die kwarantynbeampte sal die bespreking van akkommodasie by die kwarantynstasie reël en die toepaslike deel van die aansoekvorm invul.
s-558 Dit sal dan teruggefaks word na die permitkantoor, wat die betrokke invoerpermit sal uitreik.
s-559 'n Vrywaringsverklaring (vir ingevoerde diere of voëls wat onder kwarantyn is) moet ingevul en aan die aansoekvorm geheg word.
s-560 Hierdie vrywaringsverklaringvorm is ook by die permitkantoor te kry.
s-561 By ontvangs van die ingevulde aansoekvorm sal 'n veterinêre invoerpermit en 'n veeartsenygesondheidsertifikaat uitgereik en regstreeks aan jou gepos word.
s-562 Die veeartsenygesondheidsertifikaat moet binne 10 dae voor vertrek in Engels ingevul word deur 'n veearts wat deur die veeartsenybestuur van die land van uitvoer daartoe gemagtig is.
s-563 As jy enige inligting oor die presiese vereistes vir 'n spesifieke dier of diereproduk nodig het, kan jy voorbeelde van die veeartsenyinvoerpermit en die veeartseny gesondheidsertifikaat by die permitkantoor kry.
s-564 Wanneer nat of droë huide en velle en trofeë ingevoer word, moet die aansoekvorm bevestig word deur die staatsveearts in die gebied waar die goedgekeurde fasiliteit geleë is.
s-565 Die betrokke staatsveearts moet die aansoekvorm met 'n handtekening bekragtig en dan stempel, voordat dit aan die permitkantoor teruggefaks word.
s-566 Die permitkantoor sal eers by ontvangs van hierdie vorm 'n invoerpermit uitreik.
s-567 Wannneer lewende plaasdiere soos beeste, skape, bokke en perde (nie katte of honde nie) ingevoer word, moet jy 'n diereverbeteringspermit kry voor 'n veeartsenyinvoerpermit uitgereik kan word.
s-568 Albei hierdie oorspronklike permitte moet by die plek van binnekoms aan die veeartsenybeampte voorgelê word, saam met die oorspronklike veeartsenygesondheidsertifikaat wat deur die land van uitvoer uitgereik is.
s-569 Entstowwe vir dieregebruik mag slegs na Suid-Afrika ingevoer en versprei of verkoop word as hulle ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947) geregistreer is.
s-570 Om 'n entstof in te voer wat vir diere gebruik word, moet jy 'n invoerpermit van die Direktoraat Dieregesondheid bekom.
s-571 Hierdie permit is vir 'n beperkte tydperk en vir slegs een besending geldig.
s-572 As jy 'n ongeregistreerde entstof vir proewe na Suid-Afrika wil invoer, moet jy twee permitte .
s-573 Een permit is van die Registrateur van Wet 36 van 1947, en die ander van die Direktoraat Dieregesondheid.
s-574 Die aansoek om die permit van die Registrateur van Wet 36 van 1947 moet vergesel word van die volledige voorgestelde proefprotokol.
s-575 Die Direktoraat Dieregesondheid reik eers 'n permit uit wanneer hulle 'n afskrif ontvang van die permit wat deur die Registrateur van Wet 36 van 1947 uitgereik is.
s-576 'n Entstof wat vir proewe ingevoer word, mag nie verkoop word nie.
s-577 In 'n noodsituasie waar 'n siekte uitbreek en geen geregistreerde entstof in die land beskikbaar is nie, kan dit nodig wees om 'n ongeregistreerde entstof te gebruik.
s-578 Dan moet jy, as 'n voornemende invoerder, by die Medisynebeheerraad aansoek doen om 'n Artikel 21-vrystelling ingevolge die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe, 1997 (Wet 101 van 1965, soos gewysig deur Wet 90 van 1997).
s-579 Jy moet ook van die Direktoraat Dieregesondheid 'n invoerpermit kry om die entstof in die land in te bring.
s-580 Hulle reik slegs hierdie permit uit sodra jy toestemming by die Medisynebeheerraad verkry het en bewys van daardie toestemming aan hulle voorgelê het.
s-581 In hierdie geval mag die ongeregistreerde entstof vir 'n beperkte tydperk verkoop word totdat registrasie verkry is.
s-582 As die entstof nie geregistreer is nie en in 'n proef gebruik gaan word, moet jy 'n dekbrief op die briefhoofpapier van jou maatskappy aan die Registrateur van Wet 36 van 1947 stuur om 'n invoerpermit aan te vra.
s-583 'n Gedetailleerde proefprotokol (volgens die VICH GCP-vereistes) met inligting oor verwagte begindatum(s) spesiale aandag aan die uiteinde van voedsel wat van voedselproduserende diere bekom word (byvoorbeeld 'daar sal daarmee weggedoen word') en aanspreeklikheid oor medisyne.
s-584 'n Veeartseny-invoerpermit is nodig om suiwelprodukte na Suid-Afrika in te voer of hulle deur die land te vervoer.
s-585 Invoerpermitte is vir 'n beperkte tyd en slegs vir een besending geldig.
s-586 Doen minstens ses weke, maar hoogstens agt weke voor jou beoogde handeling aansoek om 'n permit.
s-587 Vul die aansoekvorm in.
s-588 As die produkte in transito deur Suid-Afrika vervoer word, moet jy 'n afskrif van die veeartseny-invoerpermit van die land van eindbestemming saam met die aansoek om 'n Suid-Afrikaanse veeartseny-transitopermit indien.
s-589 Let wel: Die invoerder is vir sowel binnelandse as buitelandse bankkoste aanspreeklik die Departement sal nie 'n permit uitreik voor die volle bedrag betaal is nie.
s-590 Jy kan 'n tjek wat aan die Direkteur-Generaal: Landbou uitgemaak is aan die aansoekvorm vasheg en dit na die adres pos wat hieronder verskyn.
s-591 Jy kan ook by die kantoor van die Departement van Landbou betaal (kyk' Plek en kontakbesonderhede 'hieronder).
s-592 As jy namens iemand anders aansoek doen, moet jy sorg die betaling onder daardie persoon se naam of maatskappynaam geskied.
s-593 Geen aansoek sal sonder bewys van betaling verwerk word nie.
s-594 Bewys van deposito kan na 0123298292 gefaks word.
s-595 Merk dit vir aandag: Ina Labuschagne.
s-596 Meld op die aansoekvorm of jy die permit sal kom haal en of dit aan jou gepos moet word.
s-597 Bel die permitkantoor om uit te vind of die permit gereed is voordat jy dit gaan haal.
s-598 By ontvangs van die ingevulde aansoekvorm sal ons 'n veeartseny-invoerpermit en 'n eksemplaar van 'n veeartsenykundige gesondheidsertifikaat uitreik en dit regstreeks aan jou stuur.
s-599 Hierdie veeartsenykundige gesondheidsertifikaat moet in Engels ingevul word deur 'n veearts wat deur die veeartsenybestuur van die land van uitvoer daartoe gemagtig is.
s-600 Die uitreikingsdatum moet nie ouer wees as hoogstens tien dae voor die produkte vervoer gaan word nie, en dit moet op amptelike briefhoofpapier gedruk wees.
s-601 As jy inligting oor die presiese vereistes vir 'n spesifieke produk wil , kan jy voorbeeldkopieë van die veeartseny-invoerpermit en die veeartsenykundige gesondheidsertifikaat by die permitkantoor kry.

Text viewDownload CoNNL-U