Dependency Tree

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Parttrain

Select a sentence

Showing 101 - 200 of 1315 • previousnext

s-101 Indien die hof bevind dat 'n persoon aanspreeklik is vir die betaling van onderhoud, sal hy 'n bevel maak waarin hy bepaal hoeveel onderhoud betaal moet word.
s-102 Die hof sal ook bepaal wanneer en hoe onderhoudsbetalings gemaak moet word.
s-103 Die aansoekvorm moet deur die applikant (aansoeker) self ingevul word en nie deur 'n derde party nie, anders sal die aansoek nie oorweeg word nie.
s-104 Raadpleeg die aansoekgids om jou deur die registrasieproses te help.
s-105 Die afdeling, Magtiging om aansoek te doen, moet ingevul word deur die persoon (alleeneienaar, direkteur, vennote, lid, trustee of persoon wat die besigheid bestuur) wat aansoek doen om registrasie as 'n invoerder.
s-106 Die naam van die applikant of die geregistreerde naam van die besigheid en nie die handelsnaam nie, moet hier ingevul word.
s-107 Waar 'n asterisk (*) voorkom, moet jy dit wat nie van toepassing is nie, skrap.
s-108 Vul die aansoekvorm in en handig dit in by die naaste SAID-doeane-en-aksynskantoor in.
s-109 Die aansoekvorm (DA 185) moet deur die applikant self ingevul word en nie deur 'n derde party nie, anders sal die aansoek nie oorweeg word nie.
s-110 Gaan na die Korting-blokkie in die deel Kliënttipes (A) van die Registrasie-gedeelte.
s-111 Die Magtiging om aansoek te doen-gedeelte moet deur die applikant (alleeneienaar, direkteur, vennote, lid, trustee of persoon wat enige ander maatskappy bestuur) voltooi word wanneer daar om registrasie as 'n kortinggebruiker aansoek gedoen word.
s-112 Die naam van die applikant of die geregistreerde naam van die entiteit, en nie die handelsnaam nie, moet hier ingevul word.
s-113 Op al die plekke waar die asterisk (*) voorkom, moet jy skrap wat nie van toepassing is nie.
s-114 'n Beskrywing van die ingevoerde produkte / grondstowwe.
s-115 Die applikant moet die aansoekvorm teken.
s-116 Dien die ingevulde vorm by die naaste doeane- en aksynskantoor van die SAID in.
s-117 Alle misstowwe wat in Suid-Afrika ingevoer, vervaardig, geproduseer of verkoop word, moet geregistreer wees by die Registrateur van Wet 36 van 1947.
s-118 Die aansoeker moet 'n regspersoon wees, byvoorbeeld Johan Pieters Citizen wat sake doen as Diepsloot Stud.
s-119 'n Oorsese maatskappy mag nie aansoek doen om registrasie in Suid-Afrika nie.
s-120 Slegs 'n plaaslik geregistreerde maatskappy, 'n Suid-Afrikaanse burger of 'n liggaam met regspersoonlikheid wat in Suid-Afrika geregistreer is, mag aansoek doen om die registrasie van misstowwe.
s-121 Groep 1-misstowwe is dié wat stikstof, fosfor of kalium as hoofbestanddeel bevat.
s-122 Hulle is ook bekend as anorganiese misstowwe.
s-123 Die aansoek om registrasie van dierevoer en misstowwe bestaan uit 'n Dekbrief van die registrasiehouer of dié se aangewese verteenwoordiger.
s-124 Dien 'n aansoekvorm in vir nuwe aansoeke en wysigings aan 'n bestaande registrasie, insluitende verandering van formulering.
s-125 Dien aansoekvorms in duplikaat in en vul die vorms volledig in, sonder om te verwys na vorige aansoeke, bladsynommers of ander produkte (ten minste een afskrif van die aansoekvorms moet 'n oorspronklike handtekening .
s-126 Die ander afskrif kan 'n fotostaat wees).
s-127 Die wetlik aangewese persoon, wat verkieslik die registrateur se kontakpersoon by die maatskappy moet wees, moet die aansoekvorms teken.
s-128 Die naam en registrasienommer van die produk moet gebruik word soos wat dit op die registrasiesertifikaat aangedui word.
s-129 Enige naamsverandering, hoe klein ookal, sal as 'n wysiging beskou word.
s-130 Dien die aansoekvorms by die administrasiekantoor in.
s-131 Om aansoeke aan die tegniese raadgewers te oorhandig sal die proses vertraag.
s-132 Alle misstowwe wat in Suid-Afrika ingevoer, vervaardig, geproduseer of verkoop word, moet geregistreer wees met die registrateur van Wet 36 van 1947.
s-133 Die aansoeker moet 'n regspersoon wees, byvoorbeeld Johan Pieters Citizen wat sake doen as Diepsloot Stud.
s-134 'n Oorsese maatskappy mag nie aansoek doen om registrasie in Suid-Afrika nie.
s-135 Slegs 'n plaaslik geregistreerde maatskappy, 'n Suid-Afrikaanse burger of 'n liggaam met regspersoonlikheid wat in Suid-Afrika geregistreer is mag aansoek doen om die registrasie van misstowwe.
s-136 Groep 2-misstowwe is dié wat makro- of mikroörganismes as hoofbestanddeel bevat.
s-137 Hulle is ook bekend as organiese misstowwe.
s-138 Die aansoek om registrasie van dierevoer en misstowwe bestaan uit 'n dekbrief van die registrasiehouer of dié se aangewese verteenwoordiger.
s-139 Dien 'n aansoekvorm in vir nuwe aansoeke en wysigings aan 'n bestaande registrasie, insluitende verandering van formulering.
s-140 Dien aansoekvorms in duplikaat in en vul die vorms volledig in, sonder om te verwys na vorige aansoeke, bladsynommers of ander produkte (ten minste een afskrif van die aansoekvorms moet 'n oorspronklike handtekening .
s-141 Die ander afskrif kan 'n fotostaat wees).
s-142 Die wetlik aangewese persoon, wat verkieslik die registrateur se kontakpersoon by die maatskappy moet wees, moet die aansoekvorms teken.
s-143 Die naam en registrasienommer van die produk moet gebruik word soos wat dit op die registrasiesertifikaat aangedui word.
s-144 Enige naamsverandering, hoe klein ookal, sal as 'n wysiging beskou word.
s-145 Dien die aansoekvorms by die administrasiekantoor in.
s-146 Om aansoeke aan die tegniese raadgewers te oorhandig sal die proses vertraag.
s-147 Planttelersregte word slegs toegestaan vir variëteite van dié soorte plante wat ingevolge die Wet op Planttelersregte, 1976 verklaar is.
s-148 Daar is sowat 290 soorte plante op die lys van plante (Tabel 1) waarvoor planttelersregte toegestaan mag word.
s-149 Voortplantingsmateriaal van daardie variëteit nog nie vir langer as een jaar in Suid-Afrika verkoop word nie.
s-150 Voortplantingsmateriaal vir 'n variëteit van 'n boom of wingerdstok nog nie vir langer as ses jaar in die handel of aan die publiek van 'n ander land beskikbaar is nie; en vir enige ander plant nog nie vir langer as vier jaar nie.
s-151 Raadpleeg Tabel 1 van die Wet op Planttelersregte, 1976 om vas te stel of die soort plant van die variëteit waarvoor beskerming aangevra word, reeds verklaar is.
s-152 As die soort plant nie in die tabel verskyn nie, moet jy 'n skriftelike aansoek om verklaring, met 'n motivering daarby, by die Registrateur: Planttelersregte indien.
s-153 Dui duidelik op die tegniese vraelys aan met watter bekende variëteite die nuwe variëteit vergelyk moet word om sy onderskeidende eienskappe vas te stel.
s-154 Jy mag om voorlopige beskerming van 'n variëteit aansoek doen.
s-155 Dit beteken dat die variëteit vir die duur van die evalueringstydperk beskerm word.
s-156 Jy moet skriftelik onderneem om geen voortplantingsmateriaal van die betrokke variëteit te verkoop (behalwe vir vermenigvuldigings- of toetsdoeleindes) voordat alle toetse uitgevoer en planttelersregte toegestaan is nie.
s-157 Jy word aangeraai om voorlopige beskerming aan te vra vir gewasse waarvoor toetsing langer as 'n jaar neem om af te handel.
s-158 Dokumente en voortplantingsmateriaal moet op voorgeskrewe datums by die Registrateur ingedien word.
s-159 Jy kan hierdie datums, asook inligting oor die hoeveelheid van die voortplantingsmateriaal wat ingedien moet word en die plek van indiening, kan by die Registrateur aanvra.
s-160 As daar reeds 'n variëteitslys bestaan vir die soort plant waarvoor jy planttelersregte aanvra, kan jy die aansoeke gelyktydig indien om geld en tyd te bespaar.
s-161 Alle veevoedsel of troeteldierkos wat in Suid-Afrika ingevoer, vervaardig, geproduseer of verkoop word, moet geregistreer wees by die Registrateur van Wet 36 van 1947.
s-162 Die aansoeker moet 'n regspersoon wees, byvoorbeeld Johan Pieters Burger wat handel dryf as Diepsloot-stoetery.
s-163 'n Oorsese maatskappy mag nie om registrasie in Suid-Afrika aansoek doen nie.
s-164 Slegs 'n plaaslik geregistreerde maatskappy, 'n Suid-Afrikaanse burger of 'n regsliggaam wat in Suid-Afrika geregistreer is, mag om die registrasie van veevoedsel en troeteldierkos aansoek doen.
s-165 'n Veevoedsel sluit nie strooi, kaf, ongemaalde hooi, kuilvoer, graankorrels of enige voedsel wat 'n boer vir eie gebruik voorberei, in nie.
s-166 Kry die riglyne oor algemene vereistes vir veevoedsel by die Registrateur van Wet 36 van 1947.
s-167 'n Dekbrief van die registrasiehouer of dié se aangewese verteenwoordiger.
s-168 Tjeks en posorders moet aan die Direkteur-generaal: Landbou uitgemaak word.
s-169 Dien 'n aansoekvorm (dien aansoekvorms in tweevoud) in vir nuwe aansoeke en wysigings aan 'n bestaande registrasie, insluitende verandering van formulering.
s-170 Vul die vorms volledig in, sonder om te verwys na vorige aansoeke, bladsynommers of ander produkte (ten minste een afskrif van die aansoekvorms moet 'n oorspronklike handtekening .
s-171 Die ander afskrif kan 'n fotostaat wees).
s-172 Die wetlik aangewese persoon, wat verkieslik die registrateur se kontakpersoon by die maatskappy moet wees, moet die aansoekvorms onderteken.
s-173 Die naam en registrasienommer van die produk moet gebruik word soos wat dit op die registrasiesertifikaat aangedui word.
s-174 Enige naamsverandering, hoe klein ook al, sal as 'n wysiging beskou word.
s-175 Dien die aansoekvorms by die administrasiekantoor in.
s-176 As jy aansoeke aan die tegniese raadgewers oorhandig, sal dit die proses vertraag.
s-177 Rekreasievisvangs sluit betrokkenheid by 'n visverwante aktiwiteit soos die invoer van seewatervis vir rekreasiedoeleindes in.
s-178 Om seewatervis op rekreasiegrondslag in te voer, moet jy aansoek doen om 'n rekreasie-invoerpermit wat deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme (DEA&T), of gedelegeerde instansie, uitgereik sal word.
s-179 Hierdie ingevoerde vis mag nie te koop aangebied word nie; dit is slegs vir persoonlike gebruik.
s-180 Geen persoon mag seewatervis invoer sonder 'n rekreasie-invoerpermit nie.
s-181 Wanneer 'n bestaande rekreasie-invoerpermit verval, moet jy om 'n nuwe rekreasie-invoerpermit aansoek doen.
s-182 Versuim om aan die permitvoorwaardes gehoor te gee, kan tot opheffing of kansellasie van jou permit lei.
s-183 LW: Hierdie invoerpermit sluit varswatervis uit, want dit word deur die Departement van Landbou geadministreer.
s-184 Aansoek om 'n invoerpermit vir lewende varswatervis of tropiese vis moet by die Departement van Landbou ingedien word.
s-185 Geen spesie wat deur die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora (CITES) gelys is, mag ingevoer word nie.
s-186 Invoerpermitte wat vir die invoer van vis op rekreasiegrondslag vir persoonlike gebruik of verbruik uitgereik is, sal geldig bly vir die duur van die reis na en van die land van bestemming.
s-187 Geen lewende seewatervis mag ingevoer word nie.
s-188 Vorms kan per hand afgelewer of per pos gestuur word.
s-189 Doen minstens twee weke voor jou vertrekdatum aansoek om genoeg tyd vir die verwerking van jou aansoek toe te laat.
s-190 Jy het nie 'n permit vir aas nodig nie.
s-191 Sorg egter dat jy óf 'n rekreasiepermit vir aas (slegs die saklimiet mag vervoer word) óf 'n kontantstrokie vir gekoopte aas by jou het.
s-192 Vorms kan per hand afgelewer of per pos gestuur word.
s-193 Kommersiële visvangs behels dat jy 'n aktiwiteit onderneem wat met visvangs verband hou, soos om seewatervis vir handelsdoeleindes uit te voer.
s-194 Om seewatervis na die buiteland of buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika uit te voer, moet jy aansoek doen om 'n uitvoerpermit, wat deur die Minister van Departement van Omgewingsake en Toerisme of sy gedelegeerde gesag uitgereik word.
s-195 Niemand mag seewatervis sonder 'n permit uitvoer nie.
s-196 Wanneer jou bestaande permit na drie maande verval, moet jy om 'n nuwe een aansoek doen.
s-197 As jy versuim om aan die permitvoorwaardes te voldoen, kan jou permit gekanselleer of opgehef word.
s-198 LW: Die uitvoerpermit waarna verwys word, sluit varswatervis uit.
s-199 Varswatervis word deur die Departement van Landbou geadministreer.
s-200 Aansoeke om 'n uitvoerpermit vir lewende, gematigde varswatervis of tropiese vis moet by die Departement van Landbou ingedien word.

Text viewDownload CoNNL-U