Dependency Tree

Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms

LanguageAfrikaans
ProjectAfriBooms
Corpus Parttest

Select a sentence

Showing 101 - 200 of 425 • previousnext

s-101 Kom ons hou op om gesteelde goedere te koop.
s-102 Laat ons altyd gereed wees om die polisie van inligting oor misdaadaktiwiteite te voorsien.
s-103 Deur saam te werk sal ons misdaad verslaan.
s-104 Die plaaslike regering moet werk.
s-105 Munisipaliteite moet die voorsiening van behuising, water, sanitasie, elektrisiteit, afvalbestuur en paaie verbeter.
s-106 Ons het verlede jaar met burgemeesters en munisipale bestuurders vergader.
s-107 Dit het waardevolle insig in die uitdagings op die terrein van plaaslike regering gebied.
s-108 Ons het ook verskeie gemeenskappe en munisipaliteite besoek, insluitende Balfour in Mpumalanga en Thembisa in Gauteng.
s-109 Na afloop van die Balfour-besoek het ons 'n ministeriële span, bestaande uit nege lede, gestuur om die gebied te besoek en aandag te skenk aan die kwessies wat deur die gemeenskap geopper is.
s-110 'n Hele aantal sake het reeds aandag geniet.
s-111 Ek het die ministers beveel om die uitstaande aangeleenthede ook op te los.
s-112 Ons wil herbeklemtoon dat geen griewe ooit geweld en die vernietiging van eiendom kan regverdig nie.
s-113 Ons het wetstoepassingsagentskappe beveel om strenger op te tree teen wetteloosheid in Balfour en ander gebiede.
s-114 In Desember 2009 het die Kabinet 'n omkeerstrategie vir die plaaslike regering goedgekeur.
s-115 Dit sal verseker dat die plaaslike regering oor die korrekte bestuurs-, administratiewe en tegniese vaardighede beskik.
s-116 Laat ons gedurende hierdie jaar van aksie saamwerk om plaaslike regering almal se besigheid te maak.
s-117 Ons werk daaraan om goed geleë informele nedersettings op te gradeer en om teen 2014 aan minstens 500 000 huishoudings behoorlike dienste en grondbesit te verskaf.
s-118 Ons beplan om meer as 6 000 hektaar goed geleë openbare grond vir lae-inkomste en bekostigbare behuising opsy te sit.
s-119 'n Nuwe sleutelinisiatief sal wees om mense te akkommodeer wie se salarisse te hoog is om regeringsubsisies te ontvang, maar wat te min verdien om vir 'n normale bankverbandlening te kwalifiseer.
s-120 Ons sal 'n waarborgfonds van R1 biljoen opsy sit as aansporingsmaatreël om die private bank en behuisingsektor aan te moedig om nuwe produkte te ontwikkel om in hierdie vraag na behuising te voorsien.
s-121 Verlede jaar het ons gesê dat mense op die platteland ook die reg het om elektrisiteit, water, spoeltoilette en paaie te .
s-122 Ons het gesê hulle moet sportsentrums en beter inkopiesentrums soos dié in die stede.
s-123 In hierdie verband het ons in Augustus verlede jaar die eerste loodsterrein van die Omvattende Landelike-ontwikkelingsprogram in Giyani, Limpopo, geloods.
s-124 Sedertdien is 231 huise gebou.
s-125 Vordering is ook gemaak met die voorsiening van infrastruktuur om landbou-ontwikkeling en opleiding vir gemeenskapsleiers te ondersteun.
s-126 Toegang tot gesondheids- en onderwysgeriewe het verbeter.
s-127 Ons implementeer tans soortgelyke programme in sewe terreine regoor die land, tot voordeel van 21 wyke.
s-128 Ons beoog om teen 2014 terreine in 160 wyke te .
s-129 Ons mikpunt is dat 60% van huishoudings in hierdie terreine teen 2014 uit eie produksie in hul voedselbehoeftes sal voorsien.
s-130 Tree vir tree sal ons dit maak, soos die spreekwoord lui, landsgenote, groot dinge begin met klein treetjies.
s-131 Ons wil ook grondhervornming en landbou-ondersteuningsprogramme beter integreer.
s-132 Ons sukses op hierdie terrein sal gemeet word deur die toename in die aantal kleinskaalse boere wat ekonomies lewensvatbaar word.
s-133 Ons is nie 'n waterryke land nie.
s-134 Maar steeds verloor ons baie water deur lekkende pype en onvoldoende infrastruktuur.
s-135 Ons sal maatreëls instel om ons waterverlies teen 2014 met die helfte te verminder.
s-136 As deel van ons pogings om groter ekonomiese groei aan te moedig, doen ons stappe om die koste verbonde aan kommunikasie te besnoei.
s-137 Die Suid-Afrikaanse publiek kan uitsien na 'n selfs verdere verlaging in breëband-, selfoon-, landlyn- en openbaretelefoon-tariewe.
s-138 Ons sal stappe doen om breëbandspoed te verhoog en 'n hoë standaard van internet-dienste te verseker wat in ooreenstemming met internasionale norme is.
s-139 Hierdie regering sal verseker dat ons omgewingsbates en natuurlike hulpbronne goed beskerm en deurentyd verbeter word.
s-140 Saam met Brasilië, Indië en China, en in samewerking met die Verenigde State, wat die ontwikkelde wêreld verteenwoordig, het ons 'n wesenlike bydrae gelewer tot die ooreenkoms wat in Desember verlede jaar by die Klimaatberaad in Kopenhagen aanvaar is.
s-141 Alhoewel dit nie ver genoeg gaan nie, is dit tog 'n belangrike stap in die regte rigting, aangesien dit alle lande daartoe verbind om op klimaatsverandering te reageer.
s-142 Ons sal harder met ons internasionale eweknieë moet saamwerk om 'n wettig bindende verdrag te beding.
s-143 As Suid-Afrika, het ons ons vrywillig verbind tot spesifieke uitlaatgas-verlagingsteikens, en ons sal aanhou werk aan ons langtermynstrategie om klimaatsverandering teen te werk.
s-144 Ons sal harder werk om Suid-Afrika se belange wêreldwyd te bevorder.
s-145 Ons sal pogings ondersteun om die politieke en ekonomiese integrasie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap- (SAOG) streek te bespoedig en intra-streekhandel en beleggings te bevorder.
s-146 Suid-Afrika gaan voort om 'n toonaangewende rol te speel in kontinentale pogings om die Afrika Unie en sy organe te versterk en na eenheid te streef.
s-147 Ons sal ons energie daarop toespits om die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (Nepad) te laat herleef, as 'n strategie vir ekonomiese ontwikkeling op die vasteland.
s-148 Die Staatsdiens moet reageer op die beroep om hierdie termyn deur vinniger optrede en beter prestasie deur die staat te laat kenmerk.
s-149 Ons vereis uitnemendheid en harde werk.
s-150 Ons benodig staatsamptenare wat toegewyd en bekwaam is en wat na landsburgers se behoeftes omsien.
s-151 Die Regering werk reeds aan die ontwikkeling en implementering van 'n staatsdiens-ontwikkelingsprogram, wat die norme en standaarde vir staatsamptenare in alle sfere sal bepaal.
s-152 Ons sit ons pogings voort om korrupsie en bedrog in verkrygings- en tenderprosesse uit te wis, asook in aansoeke om bestuurderslisensies, maatskaplike toelaes en identiteitsdokumente, om net 'n paar te noem.
s-153 Ons is tevrede met die vordering van die regering op sommige terreine.
s-154 Hierdie week het ons 32 687 onregmatige maatskapliketoelaagbetalings opgeskort, ter waarde van R180 miljoen.
s-155 Ons Inter-Ministeriële Komitee op Korrupsie ondersoek maniere om korrupsie doelgerig die nek in te slaan.
s-156 Deur saam te werk kan ons meer doen.
s-157 Soos u weet, het ons die Presidensiële Klagtelyn ingestel om die regering en die Presidensie meer toeganklik vir die publiek te maak en om te help om blokkasies in dienslewering uit die weg te ruim.
s-158 Die klagtelyn verteenwoordig ons vasberadenheid om dinge anders in die regering te doen.
s-159 Dit het 'n verskil aan baie Suid-Afrikaners se lewens gemaak.
s-160 Ons kan mev Buziwe Ngaleka van Mount Frere hier noem, wie se oproep oor haar oorlede man se pensioen die eerste oproep was wat ons op die eerste dag van die klagtelyn geneem het.
s-161 Sy is vanaand hier saam met ons.
s-162 Ons het ook mnr Nkululeko Cele hier by ons, wat bygestaan is om sy identieitsdokument te kry sodat hy by die Tshwane Universiteit van Tegnologie kon inskryf.
s-163 Dit is net twee van die talle suksesstories.
s-164 Uit hierdie en ander voorbeelde het ons swakhede geïdentifiseer wat deur die onderskeie regeringsfere reggestel moet word.
s-165 Deur die Speaker het ons 'n veelparty-afvaardiging van die Parlement uitgenooi om die oproepsentrum te besoek, sodat LP's eerstehandse ervaring kan kry van die werk wat gedoen word.
s-166 Ek het 'n uiteensetting gegee van die hoofelemente van ons planne vir 2010, ons kollektiewe verbintenis as regering teenoor die mense van Suid-Afrika.
s-167 Die Staatsrede bied 'n breë oorsig oor ons aksieplan.
s-168 Ministers sal die details in hul onderskeie begrotingsredes verskaf.
s-169 In November vanjaar vier ons die 150ste herdenking van die aankoms van die Indiërs in Suid-Afrika.
s-170 Dit bied 'n geleentheid om erkenning te gee aan die belangrike bydrae van die Indiese gemeenskap op die gebied van arbeid, die sakesektor, wetenskap, sport, godsdiens, kuns en die bereiking en konsolidasie van ons demokrasie.
s-171 Ek wil weer van hierdie geleentheid gebruik maak om ons almal se diepe meegevoel te betuig teenoor die Regering en die mense van Haiti met die enorme tragedie wat hulle getref het.
s-172 Ons is bly dat ons reddingspanne hulle kon gaan bystaan.
s-173 Ek wil graag besondere erkenning verleen aan een Suid-Afrikaner wat nooit huiwer om in tye van nood en rampe te help nie, en ons help om die visie van 'n sorgsame gemeenskap te bevorder.
s-174 Ons verwelkom vandag dr Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers in hierdie huis.
s-175 Om as gasheerland vir die FIFA Wêreldbeker op te tree, maak van 2010 voorwaar 'n jaar van aksie.
s-176 Ons beplan reeds jare lank aan hierdie Wêreldbeker.
s-177 Daar is nog net drie maande oor voor hierdie geskiedkundige gebeurtenis plaasvind.
s-178 En ons is vasberade om 'n sukses daarvan te maak.
s-179 Die nodige infrastruktuur, sekuriteit en logistieke reëlings is alles gereed om 'n suksesvolle toernooi te verseker.
s-180 As 'n nasie is ons groot dankbaarheid verskuldig teenoor die 2010 Plaaslike Reëlingskomitee vir hul uitstekende poging.
s-181 Ons wens die voorsitter van die komitee, Irvin Khoza, die Hoof Uitvoerende Beampte, Danny Jordaan, en die afrigter van Bafana Bafana, Carlos Alberto Parreira, alles van die beste toe vir die volgende paar maande.
s-182 President Mandela het 'n sentrale rol gespeel om die land te help om die gasheerregte vir hierdie groot geleentheid te wen.
s-183 Ons moet dus tot sy eer 'n sukses van die Wêreldbeker maak.
s-184 Landsgenote, kom ons skaar ons ook agter ons nasionale span, die Bafana Bafana.
s-185 Die belangrikste is, wees in besit van julle kaartjies, landsgenote!
s-186 Kom ons koop almal betyds kaartjies sodat ons die wedstryde kan bywoon.
s-187 Wanneer ons vandag Madiba se vrylating gedenk, herverbind ons onsself tot versoening, nasionale eenheid, nie-rassigheid en om 'n beter toekoms vir ons as Suid-Afrikaners, swart en wit, te bou.
s-188 Gedurende my lewe het ek myself toegewy aan hierdie vryheidstryd van die mense van Afrika.
s-189 Ek het gestry teen blanke oorheersing en ek het gestry teen swart oorheersing.
s-190 Ek het die ideaal gekoester van 'n demokratiese en vrye samelewing, waarin almal in harmonie saamleef met gelyke geleenthede.
s-191 Dit is 'n ideaal waarvoor ek hoop om te lewe en te bereik.
s-192 Maar, as dit nodig sou wees, is dit 'n ideaal waarvoor ek bereid is om te sterf.
s-193 Besiel deur ons ikoon Madiba, is dit nou vir my 'n eer om hierdie 2010-Staatsrede aan al ons helde en heldinne, besonge en onbesonge, bekend en onbekend, op te dra.
s-194 Kom ons werk saam om hierdie jaar van aksie 'n suksesvolle jaar vir ons land te maak.
s-195 Ons is ons status as demokrasie te danke aan die mense van Suid-Afrika wat op 27 April 1994 vir die eerste keer gesamentlik hul toekoms in hul eie hande geneem het.
s-196 Met daardie eenvoudige dog verreikende aksie om 'n kruisie te trek vir 'n regering vir al die mense van ons land, het ons die rug gekeer op 'n verlede wat almal ontmens het.
s-197 Daarom is dit gepas om by hierdie geleentheid die 20ste herdenking te vier van die Verklaring van die OAE se ad hoc-komitee vir Suidelike Afrika ten opsigte van die vraag oor Suid-Afrika- algemeen bekend as die Harare Deklarasie.
s-198 Daardie inisiatief het die grondslag gelê vir wêreldwye konsensus deur die Verenigde Nasies oor die benadering tot onderhandelinge in Suid-Afrika.
s-199 In Suid-Afrika het dit ook die inhoud van die 1989 Konferensie vir 'n Demokratiese Toekoms bepaal- wat patriotte vanuit byna alle vlakke van die samelewing verenig het.
s-200 Al hierdie dinge het gelei tot die onderhandelingsproses wat uitgeloop het op ons eerste demokratiese verkiesing in 1994.

Text viewDownload CoNNL-U