af-afribooms-dev
Universal Dependencies - Afrikaans - AfriBooms
Language | Afrikaans |
---|
Project | AfriBooms |
---|
Corpus Part | dev |
---|
Annotation | Dirix, Peter; Augustinus, Liesbeth; van Niekerk, Daniel |
---|
View options
Tags:
Javascript seems to be turned off, or there was a communication error. Turn on Javascript for more display options.
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
-
En ons hoop hierdie keer dat hernude pogings deur die internasionale gemeenskap om blywende oplossings vir hierdie konflik te vind, vrugte sal afwerp sodat die Israeliete en die Palestyne as bure vrede en sekuriteit kan geniet binne hul soewereine gebiede. Ons spesiale gelukwensing gaan aan die Regering en mense van Kuba met die 50ste herdenking van hul soewereiniteit en, daarmee saam, die vryheid om hul eie ontwikkelingspad te kies. Ons was gedurende die afgelope jaar in staat om verdere onderhandelinge met die Europese Unie te voer oor ons strategiese vennootskap; en ons hoop dat die goeie gees waarin die gebeure plaasgevind het, sal voortduur soos ons die multilaterale onderhandelinge oor die ekonomiese vennootskapooreenkomste met lande in ons streek finaliseer. Ons sien ook uit daarna om hierdie vennootskap te versterk wanneer ons later hierdie jaar die Suid-Afrika-EU-beraad aanbied. Saam met ander suidelike lande sal ons aanhou om die saak van die herstrukturering van die Verenigde Nasies, die Internasionale Monitêre Fonds en ander multilaterale instansies na te streef, sodat hulle die veranderde en veranderende globale werklikheid weerspieël en op 'n demokratiese, gelyke en openlike wyse bedryf word. Ons verbind onsself ook daartoe om te voldoen aan die oogmerke van internasionale ooreenkomste, insluitend die Kyoto Protokol en die opvolgers daarvan, tot voordeel van toekomstige generasies van ons eie mense en mense regoor die wêreld.
Download XML • Download text
• Sentence view • Dependency trees